Boos en Bisar. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boos en Bisar - Chris Karsten страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Boos en Bisar - Chris Karsten

Скачать книгу

en Aletta du Toit is goeie ouers, hul twee kinders, ’n seun en jonger sussie, word streng godsdienstig grootgemaak, gaan gereeld Sondagskool en kerk toe. George is ’n polisieman en Aletta werk in ’n bank.

      Hul seun, Frans Adriaan, is normaal stout soos ander kinders, nooit lelik of gewelddadig nie, en op laerskool nie ’n moeilikheidmaker nie. Maar hy meng met verkeerde maats, sien sy ma. En hy is lui om te leer. Die probleme begin op hoërskool. In st. 6 (gr. 8) word hy uit die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar op Uitenhage geskors ná ’n brand in ’n koshuis en na die Hoërskool Nico Malan op Humansdorp gestuur. Op 13 begin hy rook en drink.

      Die volgende jaar verhuis die gesin en Frans beland in die Hoërskool Piet Retief op Adelaide. Hier raak hy met Satanisme deurmekaar, ontmoet glo ’n heks.

      Nadat hy st. 7 twee keer druip, stuur George en Aletta hul seun weermag toe vir sy diensplig en om dissipline te leer. Hy bring egter maande in detensie deur.

      Ná sy diensplig kry hulle vir hom werk by ’n myn op Virginia. Hier trou hy, verwek ’n baba, en skei. Sy ouers verloor kontak met Frans, totdat hy hulle op ’n dag op Steynsburg bel waar hulle toe woon. Hy is sonder werk, en sonder ’n vrou, en sy ouers kry vir hom werk in Port Elizabeth.

      Hy steel egter geld by sy werkgewer en kry ’n opgeskorte vonnis. Hy begin om onwettig drank in sy sjebien te verkoop, trou met Natalie en verwek ’n seuntjie, Joshua.

      Theunis Johannes Kruger ken nie sy biologiese pa nie. Dié is weg kort nadat sy ma, Maxie, met Theunsie swanger geword het. Maxie trou met ene Kruger, en Theuns kry sy van. Theuns hoor eers baie jare later dat hy ’n buite-egtelike kind is.

      Sy ma en stiefpa skei egter, later vat sy weer ’n man en verhuis na Tsitsikamma, waar hy sy laerskoolopleiding voltooi. Later sê hy aan ’n sielkundige dat sy tweede stiefpa hom gemolesteer het. (Toe die stiefpa hiervan hoor, dreig hy om Theuns en sy ma vir laster te dagvaar.)

      Sy ma betuig nooit haar liefde aan hom nie, en hy soek dikwels ontvlugting in die Tsitsikamma-woud.

      Hy en ’n niggie begin in st. 1 met seks eksperimenteer, maar hy het eers in st. 8 die eerste keer “werklik seks”.

      Op 13 kry Theuns sielkundige terapie omdat hy vriende is met mense wat dagga rook en alkohol misbruik, en op 16 wil hy selfmoord pleeg deur van die Stormsrivierbrug af te spring, maar vriende by wie hy toevlug gesoek het, praat hom van die selfmoord weg.

      Skoolkinders gee hom die bynaam “Drie-tiet” weens ’n geboortemerk soos ’n derde tepel aan sy bors.

      Hy woon drie hoërskole by, op Kareedouw, Pietersburg en Oudtshoorn, voordat hy skool ná st. 8 verlaat en in 1993 sy diensplig doen. Tydens die onluste van 1993 sien hy hoe ’n vloekende vrou se kop “weggeblaas word” toe sy op ’n weermagvoertuig probeer klim.

      Daarna werk hy as veiligheidswag, misbruik gereeld alkohol en rook dagga as sy lewe moeilik raak. Hy het ’n swak selfbeeld wat vererger toe een van sy tone geamputeer word nadat hy homself per ongeluk in die voet geskiet het.

      Ná sy “intense seks met ’n heks”, begin hy fantaseer oor sekstonele uit veral die rolprent Basic Instinct, wat in 1992 wêreldwyd opslae maak weens ’n berugte toneel waarin die aktrise Sharon Stone sonder onderklere haar bene kruis.

      Theuns sê later aan ’n kliniese sielkundige, Ian Meyer, hy het gemeen hy sal sekere demoniese magte verkry deur omgang met vroue te hê.

      Hy kry later ook die byname “Damien”, as die seun van die duiwel in die fliek The Omen, en “Chucky”, die moorddadige pop in die Child’s Play-rillers.

       Hy kry later ook die byname “Damien”, as die seun van die duiwel in die fliek The Omen, en “Chucky”, die moorddadige pop in die Child’s Play-rillers.

      Sy ma, Maxie, sê: “Theuns was ’n dierbare seun. Ons het lekker saam gespeel soos ma en kind maar doen.

      “Dit was net dat sy stiefpa hom so verskree het, en Theunsie het met die verkeerde maats deurmekaar geraak, want hy was nooit só nie.”

      Sy verwys na Frans du Toit as ’n verkeerde maat en noem hom “daai oelie oetang”.

      Sedert Theuns op 17 gaan werk het, het sy nie weer van hom gehoor nie tot ná sy inhegtenisneming as die Noordhoek-verkragter. Toe het hy vir haar ’n brief geskryf.

      Sy kan nie verstaan waarom haar kinders haar so verwerp nie. Sy het nog twee ouer dogters, en kleinkinders, met wie sy kontak verloor het.

      Noordhoek

      Op Saterdagmiddag 17 Desember 1994, die dag nadat Dané de Bruyn naelskraap aan Frans en Theuns ontkom het, hou Frans en Theuns ’n vleisbraai by Frans se woonplek. Hulle drink bier. Frans en Natalie stry oor geld, dié is altyd skraps, maar daar is genoeg vir bier. Sy sit nie saam om die braaivuur nie.

      Frans en Theuns gesels. Hulle wil ’n mooi meisie in ’n mooi kar gaan soek en haar verkrag. Hulle sweep mekaar op.

      Natalie sien deur ’n venster hoe Frans en Theuns die vleis net so op die rooster los en oor die straat wegstap.

      Hulle klop die Saterdagaand aan Valerie (Bassie) Kolesky se woonsteldeur in Sentraal. Bassie ken vir Frans, ’n stil man met goeie maniere, reken sy. Hulle soek drank en sy gee vir hulle haar vriend, Willie, se “boepenskan vol skip” (sjerrie). Willie het gaan visvang. Hulle drink die kan van 2,5 liter byna leeg.

      Hulle is dronk en soek ’n vrou om te verkrag. Hulle kry niemand nie en beland laataand in die Club Tonite. Frans los Theuns in die klub en gaan voort met sy soektog na ’n slagoffer. Dit is ná middernag, Sondag 18 Desember.

      Die 27-jarige Alison het die Saterdag gesellig saam met vriende gekuier en kom die oggend omstreeks eenuur by haar woonstel aan en parkeer haar kar.

      Maar voor sy kan uitklim, doem ’n gedaante uit die donkerte langs haar deur op. Hy het ligte hare en druk ’n mes teen haar nek. Frans praat sag en beheers: “Skuif oor.”

       Maar voor sy kan uitklim, doem ’n gedaante uit die donkerte langs haar deur op. Hy het ligte hare en druk ’n mes teen haar nek. Frans praat sag en beheers: “Skuif oor.”

      Toe hulle wegry, sê hy hy sal haar nie seermaak nie, hy wil net haar kar gebruik om ’n vriend te gaan soek, en vra haar naam. “Susan,” sê sy.

      By Club Tonite klim Theuns, in swart klere, by hulle in die kar, en Frans ry langs die see in Marine-rylaan, verby Humewood, Happy Valley en Somerstrand. By Noordhoek, sowat vier kilometer van die Humewood-gholfklub, draai hy af na ’n verlate piekniekplek. Dis bemors van ou bierblikke, bottelstukke, papiere en baie as van braaivure. Hy trek die motor tussen bosse in, ’n ent van Marine-rylaan.

      Alison vra: “Wat nou?”

      Frans sê: “En nou vir bietjie seks.”

      Met die mes in sy hand dwing hy haar om orale seks met hom te hê. Daarvan word sy naar. Hy betas haar en soen haar met sy bier-sjerrie-en-rook-asem. Hy lewer kommentaar en lag, vra of sy dit geniet.

      Hy verkrag haar in die motor. Sy wil nie aan hom raak nie en druk met haar hande teen die binnekant van die dak.

      Van buite hou Theuns die dierlike aanranding op die hulpelose vrou dop.

Скачать книгу