Boos en Bisar. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boos en Bisar - Chris Karsten страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Boos en Bisar - Chris Karsten

Скачать книгу

verkrag haar daarop ook, maar sê in ’n stadium: “Nee, ek kan dit nie doen nie. Ek kan dit nie regkry nie.”

      Sy hoor, terwyl sy haar klere aantrek, hoe die twee verkragters buite die kar praat oor wat hulle met haar moet doen. Moet hulle haar net daar kaal los en padgee? wonder hulle.

      Hulle wonder ook wat “Oom Niek” sal wil hê hulle moet doen. Alison weet “Oom Niek” is ’n verwysing na die duiwel.

       Hulle wonder ook wat “Oom Niek” sal wil hê hulle moet doen. Alison weet “Oom Niek” is ’n verwysing na die duiwel.

      Een sê “Oom Niek” sal wil hê hulle moet haar doodmaak. Die beangste Alison besef dat hulle van haar lewe praat, dat hulle dit oorweeg om haar te vermoor.

      Frans kom terug, sê sy moet weer haar klere uittrek. Sy hou net haar sandale aan en hoop hulle los haar kaal en gee pad.

      Maar dan pen Frans haar vas, klim bo-op haar en begin haar verwurg.

      Sy smeek dat hy haar nie moet doodmaak nie.

      Hy sê net: “Sorrie.” En wurg haar totdat sy haar bewussyn verloor.

      Theuns help hom om die bewustelose vrou uit die motor te kry. Toe Theuns wil weet of sy dood is, sê Frans: “Kom ons kyk,” en steek haar twee keer met die mes, eers in die een sy en toe die ander sy. Sy beweeg nie.

      Frans kry daarop ’n opdrag van die inkubus om haar liggaam te verniel en begin die weerlose vrou weer steek. Theuns sny haar oor die keel.

      Frans sien die baie bloed en stamp Theuns weg, begin soos ’n berserker met die mes aan Alison se liggaam sny en steek.

      Toe Alison haar bewussyn herwin, lê sy buite die motor. Sy kan nie goed sien nie, dis asof sy deur ’n tonnel kyk.

      Frans is besig om met ’n lem aan haar nek te sny. Sy voel niks, maar hoor iets wat klink soos ’n mes wat deur vleis sny.

      Sy tel die snyhale, weet nie hoekom nie, tel tot agt. Hulle los haar en sy rol op haar maag, steeds kaal en in haar bloed wat nou uitloop in die grond en die vure se as.

      Sy sit haar hande op haar keel om die hortende geluide van haar asemhaling te probeer stil kry.

      Sy hoor hoe een vra of sy dood is. Die ander een sê ja. Frans gryp die ringe van haar vingers af, gooi haar hemp oor haar, en hulle klim in haar motor en ry weg.

      Alison glo sy is sterwend en terwyl sy op haar maag lê, skryf sy met haar vinger in die grond hul name: Frans en (verkeerd gespel) Teuns.

      Sy weet sy moet dringend hulp kry. Sy kom op haar knieë, besef skielik daar is groot fout, haar maag is weg. Sy besef haar ingewande hang uit waar haar buik oopgesny is.

      Haar hand is nie groot genoeg om haar ingewande terug te druk en binne te hou nie. Sy kry haar ingewande in haar buik terug, druk haar hemp oor haar maag vas, en begin in die donker na Marine-rylaan kruip, tussen die glasskerwe en rommel deur.

      Sy kry dit moeisaam reg, haal hortend asem deur haar oopgesnyde keel, en kan skaars sien. Ná sowat tien meter sak sy inmekaar. Sy besef sy gaan sterf, sien die ligte van ’n motor in Marine-rylaan verbyry.

      Sy beur orent met haar laaste krag, een hand oor haar buik. Die ander hand sit sy oor haar keel, voel hoe haar vingers in die sagte weefsel van haar keel ingaan.

      Haar kop val agteroor. Die spiere in haar nek is losgesny. Sy moet haar kop met die ander hand stut. Sy strompel, val, kom weer orent, tot by die pad en gaan lê op die wit streep in die middel van Marine-rylaan.

      Min motors ry daardie tyd rond, daardie Sondagoggend vroeg. Maar dan kom een aan. Die bestuurder sien haar betyds en hou stil, die ligte op haar. Haar gesig is weggedraai van die kar, sy kan nie haar kop beweeg nie, probeer met ’n hand wuif.

      Niemand klim uit nie. Dié motor begin beweeg, ry om haar en verdwyn die nag in.

      Dit was my laaste kans, dink sy. Nou gaan ek verseker sterf.

       Niemand klim uit nie. Dié motor begin beweeg, ry om haar en verdwyn die nag in. Dit was my laaste kans, dink sy. Nou gaan ek verseker sterf.

      ’n Vrolike groepie jong vriende ry daardie oggend in Marine-rylaan op pad na hul kampeerplek, die laaste dag van hul vakansie. Dan sien hulle die liggaam in die middel van die pad. Hulle spring uit. Die eerste een by haar is Tiaan Eilerd van Pretoria. Hy is twintig jaar oud en ’n student in veeartsenykunde. Dit is drie-uur die oggend.

      Hy pluk sy hemp uit, vra nog klere van sy vriende om haar te bedek. Dan sien hy die wonde aan haar keel. Tiaan besef dat sy so vinnig moontlik in ’n hospitaal moet kom.

      Terwyl iemand ’n ambulans ontbied, vat hy Alison se hand, begin sag met haar praat, probeer haar kalm hou, al kan sy nie terugpraat nie.

      Maar hulle oë praat met mekaar. Sy kyk in sy oë en hy sê vir haar sy het mooi oë, sê hy sal nooit toelaat dat sy sterf nie. Hy vra haar vrae en sê sy moet antwoord deur sy hand te druk. Hy hou aan om met haar te praat terwyl hulle twee uur op die ambulans wag, en roep ongeduldig na sy vriende: “Bel weer! Bel weer!”

      Hy sien dat sy baie bloed verloor, plaas drukking op van die wonde, probeer haar wakker hou, want hy is bang as haar oë toeval, gaan dit nooit weer oop nie. Hy herinner haar om sag asem te haal, nie te diep nie.

      Tiaan ry saam met haar in die ambulans hospitaal toe en sê hy sal wag totdat sy klaar behandel is.

      Dr. Volodia Viktorov-Angelov, ’n spesialis-chirurg van Port Elizabeth se provinsiale hospitaal, begin dadelik met noodprosedure. In sy 16 jaar as dokter het hy nog nooit so baie beserings aan een mens gesien nie.

      Later sê hy: “Dis ’n wonderwerk dat sy geleef het. Gewoonlik kom sulke gevalle nie by my uit nie …” (Maar by die patoloog wat lykskouings doen, bedoel hy.)

      Sy is in ’n kritieke toestand. Sy is bleek met ’n lae liggaamstemperatuur weens bloedverlies en omdat sy die aand lank naak gelê het. Haar hele liggaam is bedek met sand en as en bloed. Daar is bloeding in haar oë van die verwurging, haar hare is vol sand en blare en bloed, haar knieë en voete gesny en geskraap, haar keel is van oor tot oor opgesny, een wond tot 10 cm lank, en só oopgesny dat hy haar rugstring kan sien.

      Die lem het rakelings haar nekslagare gemis, maar haar voorste nekspiere, tragea, larinks en belangrike bloedvate is afgesny. Dat sy nie in haar eie bloed verdrink het nie, is ook ’n wonder. Haar ingewande, wat uithang, is op talle plekke geskeur en geprik, en met grond, sand en blare bedek. Sy is drie uur lank op die operasietafel.

      Later word vasgestel dat sy omtrent veertig keer in die buik en bekken gesteek en sestien keer aan haar keel gesny is.

      Toe die eerste besoekers later langs haar bed in die hoësorgeenheid toegelaat word, is Tiaan daar met ’n kaktusplantjie en ’n kaartjie van beterskap waarop hy geskryf het: “Vir die dapperste mens wat ek ken.”

      Daardie Sondagoggend, terwyl Tiaan nog langs Alison in die pad sit en haar hand vashou en moed inpraat, sluip Frans halfvier by sy woonplek in waar sy vrou en seuntjie slaap.

      Hy slaap sy roes af terwyl dr. Angelov Alison se vernielde liggaam probeer red. En terwyl Alison hul gesigte in polisie-albums uitwys, maak Frans

Скачать книгу