Ryker as Dawid. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as Dawid - Maretha Maartens страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as Dawid - Maretha Maartens

Скачать книгу

target="_blank" rel="nofollow" href="#ulink_a66850d9-d62e-57b3-8e77-4202adbf0a16">5. Johannes 15:5

      Psalm 2

      Die stryd en oorwinning van die Messias

      1. WAAROM woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?

      2. Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:

      3. Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

      4. Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

      5. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

      6. Ék tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.

      7. Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.

      8. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.

      9. U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot.

      10. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!

      11. Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.

      12. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

      Ryker as die Psalmskrywer

      • Langs Psalm 2 staan nou ook die magtige werklikheid van die onaantasbare koningskap van Christus en ’n oorwinnaarslewe in Hom.

      • Langs die Ou-Testamentiese werklikheid van die aanslag teen die volk van die onsienlike God en elke koning wat Hom verteenwoordig het, is daar die werklikheid van die aanslag teen Jesus Christus, die Een in Wie die volle wese van God beliggaam is, Hy Wie se menswording Goddelike misterie is: “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis” (Kol 1:15, 17, 19–20).

      • Langs die waarskuwing aan die heersers van die Antieke Wêreld om die God van Israel as die enigste God in eerbiedige vrees te dien, staan nou ook die genadeboodskap van God se Gestuurde: “Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Mark 1:15).

      Oorwinning van die Messias en die gereddes

      1–3. Drie-enige God, ons hoor uit die mond van die Seun en deur die apostels

      dat die oorlog teen die Seun en sy gesag tot sy koms sal voortduur

      en dat dié oorlog baie gestaltes het:

      vervolging van dié wat aan Christus behoort en sy wil doen,

      in al die dimensies van ons aardse bestaan

      en, in hierdie laaste uur, ook in die kerk

      waarvandaan baie antichriste uitgegaan het, nou uitgaan en sal bly uitgaan:

      Hulle is nie van ons nie.

      As hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het,

      is ook ’n oorlog wat soos vrede lyk:

      die toegeeflikheid van geloofsvermenging,

      tegemoetkomendheid tot die dood toe,

      die kontaminering van die ononderhandelbare waarheid

      dat die volle wese van God in Jesus van Nasaret beliggaam word,

      4–9. En so, HERE, was die strydbestaan van ’n klein beleërde volk

      met konings wat deur die heidennasies gehaat is,

      en die beleëring van dié wat aan Hom behoort.

      Vader, ons leef seëvierend in oorlogsrumoer en verraderlike vrede –

      seker van die almag van ons God:

      U wat Christus uit die dood opgewek het en u heerskappy met Hom deel.

      Vader, ons eer die Seun vir sy oorwinning oor elke owerheid en mag,

      10–12. Aan jou wat glo dat jy baie wysheid het,

      jy wat die mantel van mag en invloed dra:

      Verwerp nie die bloed van die Lam nie.

      Aanbid die Seun wat God met ons geword het.

      Langs Psalm 2 staan daar die finale waarheid aangaande die Messias en die gereddes: Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Joh 5:5, 1983-vertaling).

      Besprekingsvrae

      1.

Скачать книгу