Ryker as Dawid. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as Dawid - Maretha Maartens страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as Dawid - Maretha Maartens

Скачать книгу

lof, die heerlikheid, die wysheid, die danksegging

      die eer, die krag en die sterkte behoort aan ons God

      tot in alle ewigheid!” Dit is so, ook vandag, ook vir my.

      Sela, sela. Word stil, my siel. Kom tot rus by God.

      Drie-enige God, my heil vind ek net in U.

      En, Jesus, ek maak u boodskap aan Johannes die Doper – en aan ons almal – my eie.

      Ongeag die uitkoms waarop ek hoop,

      ten spyte van alles wat ek nie verstaan nie,

      sal ek nie aan U begin twyfel nie.

      Besprekingsvrae

      1. Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2. Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3. Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4. Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom sê jy so?

      5. Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      6. Wat wil jy vir die Here sê?

      Psalm 4

      ’n Aandlied

      1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.

      2. As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!

      3. O Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.

      4. Weet tog dat die HERE vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.

      5. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

      6. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.

      7. Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!

      8. Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

      9. Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.

      Ryker as Dawid

      • Langs Dawid, wat homself met al sy probleme vir die nag in geloof oorgee aan die beskerming van die God wat hy nog nooit gesien het nie, sing ook óns ons aandlied voor die hoë God wat ons sy kinders gemaak het.

      Aandlied van die verlostes

      1. Vir die leiers van die kore van die Kerk,

      met musiekinstrumente wat aan God gewy is.

      Gewer van die Gesalfde wat Homself vir ons sondes gegee het

      om ons uit hierdie goddelose wêreld te verlos

      Ons het deur die bloed van die Seun vrye toegang tot die heiligdom,

      Weer daal die nag om aardse dag van aardse dag te skei

      en ons is in die wydte en ruimte, in die hoogte en diepte

      van ’n liefde wat ons verstand te bowe gaan.29

      3. Vader, ek ken die sinlose bestaan van haat en verset.

      Voorheen was ook ek onverstandig, ongehoorsaam, dwalend,

      vasgevang in die begeertes van die vlees.

      Ek was daar: In my haatlikheid het ek gehaat.

      Kwaadwilligheid en jaloesie was my bestaan.

      Sela. Word stil, my siel, en onthou waarvandaan jy uitgeval het.

      4–6. Ek het u genade in my onverdienstelikheid ontvang,

      Die profesie van Abraham is ook vir my vervul:

      Sela. Word stil, my siel, en onthou waarvandaan jy uitgeval het.

      En nou sal hierdie nag lig wees soos dag.

      Niemand wat in Jesus Christus glo,

      God van ontferming, maak my ’n getuie daarvan.

      7. Daar is niks om voor te leef nie, sê tienduisende:

      geen vreugde, hoop of toekoms nie.

      8. My God, in die diep donker van die nag fluister ek u Woord:

      Wat die oog nie gesien, die oor nie gehoor

      en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie,

      9.

Скачать книгу