Ryker as Dawid. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ryker as Dawid - Maretha Maartens страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Ryker as Dawid - Maretha Maartens

Скачать книгу

in die dieper rus van u guns.

      En voordat ek alles hier nogmaals kortstondig agterlaat

      asof in ’n skadutog van my siel se hemelvaart,

      besing ek die lof van U in Wie ek leef:

      “Heilig, heilig, heilig is die Here God,

      “die Almagtige,

      Besprekingsvrae

      1. Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?

      2. Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?

      3. Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?

      4. Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom sê jy so?

      5. Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?

      6. Wat wil jy vir die Here sê?

      Psalm 5

      Dawid roep God teen dagbreek aan en verewig sy ervaring in ’n lied wat deur die Levitiese koorsangers gesing word.

      Psalm 5: Gebed by die môre-offer

      1. VIR die musiekleier; met fluite. ’n Psalm van Dawid.

      Dawid vra dat God hom goedgesind sal wees

      2. O HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

      3. Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

      4. In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

      Hoe God is

      5. Want U is nie ’n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

      6. Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

      7. U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE ’n afsku.

      Wat God doen vir dié wat aan Hom behoort

      8. Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

      9. HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

      Die stryd van ’n Ou-Testamentiese gelowige tussen teëstanders

      10. Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is ’n oop graf; hulle maak hul tong glad.

      Versugtinge van ’n beleërde Ou-Testamentiese gelowige

      11. Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

      Dawid besef hy is ryk in God en sy blydskap is oor God en in God

      12. Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

      13. Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ’n skild.

      Môre-offer van dié wat in Christus is

      En ’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God (Op 8:3–4).

      1. Vir die koorleiers van die Kerk, met musiekinstrumente wat aan God gewy is

      Nou is ons vrye toegang tot God gegee

      3. Hoe sal ek, soos die hemelwesens, op my aangesig voor U,

      Godstaal met U, die Heilige, kan praat?

      U voorsien Hom wat my bystaan; u Gees hou my in u teenwoordigheid vas

      4. Soos Jesus Christus wat my Syne gemaak het

      het ek met ligdag opgestaan en buitentoe gekom, alleen,

      U Gees lei my in die volle waarheid aangaande u Seun

      U is God

      5. Heilig, heilig, heilig is U, Here God, die Almagtige,

Скачать книгу