Deur ruite van die reis. Melanie Grobler

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Deur ruite van die reis - Melanie Grobler страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Deur ruite van die reis - Melanie Grobler

Скачать книгу

bloeisels is die dodemis van sneeu

      maar die politikus skil die lemoen en sê dis die son.

      * * *

      Asof daar uit gewelddadige linies getree word

      val die grys gefluister op die grond

      die vonnis staan op die magistraat se bef geskryf

      en alles verander in ’n grommende gerug

      hierdie niks, hierdie vormlose angs wat ons

      snags bedreig. god hurk oor die huis van my kinderdae

      en ek bid ’n falsetto gebed, bewe soos ’n hond

      in die duisternis van ’n laat naggedig.

      * * *

      Koringbrood van moord en mielies van geweld

      roglande van die dood. dwarsoor die dorsland

      van transformasie loop mans na fabrieke en mynskagte

      tussen geweerskote en sonsondergang buk werkers

      agterdogtig. die land is hoog en die land is laag

      nou is die vers die pad van rewolusie wat lei

      na beddings gevul met blomme

      en versteende plakkershuisies.

      * * *

      Waar Christus se varkblom blom

      hang die verwonde maan oor die plakkerstad

      by die kruispad van verbeelding is my hande

      twee duiwe wat spartel. brand weer saam met my

      my lief, as jy Afrika aanvaar kan jy hier sterwe.

      * * *

      Dwalend van Genesis tot die apokalips, langs lyne

      en sirkels na die diepte van die labirint

      die ou vrou, beskerm deur die waansinnige skadu

      van ’n sambreel, struikel in die straat. as die wit duif

      sy oë knip sien sy die mars van die werkers

      o gebalde vuiste wat glimmer in die gewelddadige

      middagson. kyk, twee duiwe wat spartel in my hande.

      * * *

      [reeds met die afsluiting van hierdie gedig begin die volgende siklus

      hoekom is geweld so maklik om te verbeel maar liefde bly opgesluit in woorde?]

      Medea se rok van vuur

      My hare hang laag oor die uitgedroogte lyf

      skerp dryf die siel die lyf op die skaapvel rond

      bang? vra hy. nee, antwoord ek as hy die nagrok lig

      die bedsere, die gekneusde boude

      deur swere

      leer ons die etter van drome verstaan

      weet jy, sê hy, hulle het vir jou ’n rok van vuur gemaak

      onthou jy hoe Jason se vrou haar rok verbrand het?

      jy moet versigtig wees, hulle het vir jou ’n rok gemaak

      van gloeiende kole, jy moet sterk wees.

      dit was Medea, antwoord ek. Medea het Jason daartoe gedryf.

      Renoster tirannosourus

      Vanuit die arena van planete trek oorlogskrete

      van swaardvegters reeds eeue lank deur die hemel

      maar hier op aarde tussen die heuwels rondom

      die koninkryk sing krygers deur die nag

      hier draai Medea haar rug vir hul liedere

      sy volg die eenhoring oortrek met luise

      en insekte en skubbe van eensaamheid

      en als is helder en rusteloos in die dal

      van die chemiese son. toe die dier haar geroep

      na Jason hoor, klim hy uit die droom

      van sy vel en lig sy stomp nek om sy dowe blik

      vol begeerte op Medea se bos hare te werp

      boeregeneraals sterf in hul slaap

      hul vrouens se asems word kleiner en kleiner

      sonder blyplek of rusplek

      hurk ek hier in my kothuis op die vlakte

      in die duisternis van my drome met ’n keel

      deurtrek van swere sien ek die renoster

      en Medea met die rok van vuur

      na die brandstapel van die son aanstap.

vuur

      die wond van die gedig

      Aarselend loop sy verby die hoop sneeu

      en is skielik in ’n rustelose droom

      in die bitter lig en die dreunsang van ’n sandstorm

      in ’n boomlose land

      in ’n stoppelland van sand wag ek op Akhmatowa

      toe sy my regterhand neem om my vingers

      terug te snoei, lei sy my van put na put

      na die as van ’n vuurwerk van lank gelede

      in die nanag betas ons lomerige oë

      die Bedoeïenemaan, maar naglopers waarsku ons

      om nie die bloedmaan te vertrou nie

      om in sy vlamme te staan smoor die verbeelding

      eensaam maar vol poësie hoor ek die donker wind

      wat deur die tamarind se takke tuimel

      laat my tog net een keer weer in die helder wond

      van die gedig op die vuur van Akhmatowa wag.

      vir

Скачать книгу