Amber maan, oker son en ander verhale. Elize Parker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker страница

Amber maan, oker son en ander verhale - Elize Parker

Скачать книгу

ection>

      

      Elize Parker

      Amber maan, oker son en ander verhale

      Human & Rousseau

Amber maan, oker son

      1

      “Die plek gaan in ’n hel verander – ’n hel sonder deure,” sê Lee Baldwin. “Almal is tot die tande toe bewapen en sal enige prys vir mag betaal. Dit is ’n slordige en wrede oorlog. Ek kan jou nie stuur sonder om nagmerries te kry nie.”

      “Dit is my laaste kans om in Angola te kom. Asseblief, ek moet gaan,” smeek Esperanza.

      Die burgeroorlog in Angola het in die lente van 1975 begin. Sy moes nou reeds tot die begin van die somer wag om plek te kry op een van die laaste militêre vliegtuie uit Lissabon na Angola.

      “Amper niemand kan in Luanda inkom nie. Ek praat vlot Portugees en ek het verblyf by ’n tante van my.”

      Lee staan op en draai sy rug op haar. Johannesburg se mistige horisonlyn draal soos ’n vuil lugspieël in die verte. As hoof van die internasionale nuusagentskap United News Agency beheer hy tien Afrika-korrespondente. Min haal gereeld internasionale voorblaaie.

      Esperanza Santana is sy ster. Sy verstaan Afrika en hoe om dit in Westerse terme weer te gee. Maar sy is nie net ’n joernalis wat jy moet lees nie. Jy kyk nie maklik hierdie vrou mis nie. Hiervoor sorg haar werkklere van nou denims, stywe T-hemde en leerstewels.

      Taai, koppig en aggressief – dit is haar stempel. Sy vind en spoor artikels op waaraan niemand anders sou dink nie. Vele meer ervare nuushonde kyk gereeld op hul neus as sy in die rondte is. Sy wedywer met een en almal, altyd daarop uit om te bewys sy is in haar middel twintigerjare nie te jonk vir die pos nie en het nie die aanstelling gekry oor haar dik bos swart krulle en ander meer opsigtelike bates nie.

      Haar wulpse liggaam, oë die kleur van tien jaar oue bran­­dewyn en breë, intense mond maak haar die soort son­derlinge skoonheid waaroor fotograwe droom en wat filmregisseurs hoop hulle sal ontdek. Sy is nie poppragtig of modeboekmooi nie, maar eerder ’n vrou wat jy net een keer hoef te sien om vir ewig te onthou.

      Haar honger om in die nuusagentskap opgang te maak is so verbete, so vurig, Lee kon nie anders as om haar van meet af aan diep in die nuuskant in te gooi nie. Hy het stilweg haar mentor geword. Nooit meer nie, nooit minder nie. Hul verhouding was streng profes­sioneel. Sy het hom soms laat dink aan sy tuisstad, New York, se skerp en hef­tige vroulike verslaggewers, maar sy is nooit straatastrant of voorbarig nie. Hy weet haar loopbaan is ’n ontsnaproete. Sy het nie familie in Suid-Afrika nie; net ’n paar verlore tantes in Portugal en een in Angola. Sy en haar Afrikaanssprekende ma het uit Angola na Suid-Afrika gevlug. Oor haar Portugese pa praat sy nie. ’n Klein en intieme vriendekring bied uitkoms oor naweke, maar sy het nie ’n vaste kêrel of iemand spesiaals van wie hy weet nie. Vir haar is dit werk, werk en nogmaals werk.

      “Drie dae. En ek soek ’n eksklusiewe storie, ’n grote. Jy gebruik die teleks by die grootste hotel en stuur elke aand agtuur vir ons ’n berig.” Hy tik-tik op sy notaboek met ’n pen en skryf iets neer. “Hierdie man kan jou help as jy enige moeilikheid kry. Los ’n boodskap in my naam. Gebruik hom.”

      Sy bestudeer Lee se gesig. Hy het die gemartelde voorkoms van ’n langafstandatleet. Hy is lank, net oor die outydse ses voet, en gee soos sy voorkeur aan T-hemde en denims op kantoor. Sy nougetrekte ligblou oë, te hoë wangbene en dun mond laat hom onnodig befoeterd lyk. Hy het meer warm hoekies in sy hart as wat sy siniese gesig wys. “Jy sal regop sit met elke berig,” belowe sy en stap uit.

      Lee steek ’n sigaret aan en blaas langsaam ’n teug rook uit. Hy hoop hy doen die regte ding. Sy maagseer begin pyn en brand onder sy ribbes in. “Lig loop, liefling,” fluister hy.

      2

      “Selfmoord,” meen tante Helena toe Esperanza haar by haar aankoms vertel sy is hier om oor die oorlog verslag te doen. “Luanda gaan eersdaags ’n spookstad wees,” sê sy en trek haar kopdoek styf oor haar gladde swart hare. Om haar afgetakelde krom skouers gooi sy ’n tjalie. Sy lyk soos iemand wat in ’n vorige eeu vasgesteek het. Haar klein kothuisie tussen roosbome versterk die beeld met swaar horingou houtmeubels uit ’n vergange era, tafeltjies met kleedjies, die gesellige gemoedelikheid van hope ornamente en ’n opwengrammofoon. Hierop speel sy gereeld haar fado’s – treurliedjies oor die noodlot se wreedheid – en drink port in klein teugies.

      “Jy moet teruggaan en trou. Wat maak ’n mooi meisie soos jy hier in die gemors? Dit is ’n begraafplaas,” raas die eensame ou matriarg. Al haar kinders het reeds vertrek. Vriende kom groet ook nog elke dag. ’n Hele nasie staan op reis.

      Luanda is ’n stad aan die vlug. Die inwoners leef op die randjie van histerie oor ’n oorlog wat daagliks nader kruip.

      Esperanza se drie dae word ’n week en dan twee. Sy oor­tuig Lee per teleks die groot nuus breek een van die dae. Elke aand beveel hy haar om terug te kom, maar sy ignoreer dit en stuur haar berigte deur.

      Sy leer ken vir Elvira, die hotelbestuurder. Die eens beeldskone vrou trek in die styl van vervloë dae se dansmodes aan en stap met die uitdagende grasie van ’n eertydse danseres. Haar oë weerspieël vergete drome oor kort seisoene van glorie toe sy ’n aktrise was.

      Sy het ’n uitgebreide kring vriende en kontakte. Esperanza besef gou sy kan haar help en maak vriende met haar. Die hotel word haar tweede tuiste.

      Portugese van oraloor kom na Luanda as veilige poort na Portugal, Suid-Afrika of Suid-Amerika. Sy voer onder­houde met drie of vier generasie oue Angolese. Hulle drome is aan skerwe. Elke vliegtuig word toegeswerm deur moedelose reisigers wat betyds wil uitkom. Hulle is kwaad, wanhopig en hartseer.

      “Ons sal nie November sien nie,” sê Helena. Sy sit nog ’n fado-plaat op, skink ’n port en sak neer in haar leunstoel om na die liedjies vol verlange en weemoed te luister. Sy maak nie aanstaltes om uit Luanda te kom nie. Esperanza verstaan dit nie, maar neul nie om die ou dame se ore om die land te verlaat nie.

      Op ’n dag kom sy tuis en vind haar tante in die bed, haar liggaam krullend van pyn. Sy verdwyn klein en oud tussen ’n hoop vereduvets. Esperanza probeer om haar in ’n hospitaal te laat opneem en medisyne te kry, maar rig nie veel uit nie.

      “Dit sal nie help nie. Ek het kanker. Ek wou jou nie vertel nie. Ek was bang jy bly net om my ontwil.”

      Hierna is Esperanza nog meer vasberade om haar uit Luanda te kry, maar tante Helena is te swak om te reis. Al wat Esperanza kan doen, is om haar so goed moontlik te versorg.

      Intussen maak haar berigte wêreldwyd opslae. Sy skryf oor hoe die Angolese die uittog ervaar, hoe vlugtelinge stadig maar seker die land verlaat en oor veldslae waarvan sy nuus kry. Sy laat haar foto’s by die plaaslike koerant se laboratorium ontwikkel en smokkel dit via Elvira se netwerk uit.

      Lee was reg – die somer begin en dit voel of sy in ’n tropiese hel rondswem. Smiddae bly sy tuis, want die son dwing elke asemteug uit haar lyf. Daar is al hoe minder om te eet. Gou is daar te min water. Tante Helena kreun en steun al hoe meer van pyn. Esperanza kan haar nie meer so gereeld afspons nie. Daar is geen dokters oor nie, geen enkele hospitaal of apteek oop nie. Soms sien sy hoe tant Helena uit ’n pynkoma kom en beduie sy moet ’n fado speel.

      Esperanza hou die vensters toe. Die vullisverwyderingsdiens is gestaak. Smiddae ruik die lug na vrot vleis. Die smeu­lende hitte laat die stad na ’n groot komposhoop voel. Saans staan die huise sonder ligte, hul gebreekte vensters soos lewelose oogholtes

Скачать книгу