Wanneer God jou vashou. Johan Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit страница 11

Автор:
Серия:
Издательство:
Wanneer God jou vashou - Johan Smit

Скачать книгу

is vir seker daar vir ons, soos die herder daar is vir sy kudde. Maar ons is in die eerste plek daar vir God wat ons geskep het om Hom te verheerlik.

      Die paar verse uit Psalm 143 vat dit so treffend saam. In hierdie gebed pleit die digter vir dié dinge wat die herder vir sy skape wil gee: liefde en trou, be­skerming en voorsiening. Maar luister net waar is sy fokuspunt: sy hoop is op God gevestig; die goeie Gees van God moet hom lei; hy soek na God se wil vir sy lewe; hy wil graag lewe ter wille van God se Naam.

      Ons God is nie ’n goedige ou Kersvader nie. Hy is nie ’n wensgod nie. Hy is die Skeppergod wat jaloers oor sy skepping en skepsels waak, ter wille van sy Naam. En Hy roep ons op om ter wille van sy Naam te lewe. Sy Gees wil ons lei om sy wil te doen. Ons moet net op Hom gefokus bly, om sy Naam deur ons doen en late te verheerlik.

      God roep ons om ter wille van sy Naam te lewe.

      12 Februarie

      Wanneer dit donker word om my

      Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie … Psalm 23:4a

      ~

      Donker dieptes. Dis wat ’n mens daardie lewenservarings noem wat jou laat wanhoop, die lewe uit jou pers, vreesaanjaend en lewensbe­dreigend, hartseer en pyn en verlies en eensaamheid. Die gevoel dat alles tog maar tevergeefs is. Donker dieptes van emosionele uitputting en fi­sie­ke afgematheid.

      Ek reken dis hoe Jeremia gevoel het toe hy met sy Klaagliedere begin het; trouens, ek meen die Klaagliedere is nie met een sitting geskryf nie; dis jare­lange ervarings wat met trane in ’n volk se tradisie ingebrand is. Waarom, Here? Waarom kry ons die indruk dat U u rug op ons gedraai het? Vir hoe lank nog, Here?

      Die psalmdigter praat oor ’n herder wat sy kudde begelei. Hy bring hulle by die heerlike waters van vrede en rus. Hy sorg vir hulle lewensonderhoud. Maar dan kom hulle by die donker dieptes. Die swaarkry en pyn en gevare word die kudde nie gespaar nie. Kindersterftes, plaasmoorde, verkragtings, werk­loosheid, gewapende roof en noem maar op, dis alles donker dieptes waaraan God se kinders, sy kudde, blootgestel word. En saam met Jeremia vra ons: Waarom, Here, hoe lank nog, het U ons vergeet?

      Ek sal nie bang wees nie. Makliker gesê as gedoen! ’n Mens is geneig om die onbekende, dit waaroor jy nie beheer het nie, te vrees. Maar die digter sê hy sal nie bang wees nie, want … sy Herder is daar. Dink gerus daaroor na. Maak die wete dat jou Herder daar is, ook in jou lewe so ’n groot verskil?

      Dink gerus daaroor na. Maak die wete dat jou Herder daar is, ook in jou lewe so ’n groot verskil?

      13 Februarie

      U is by my

      Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. Psalm 23:4

      ~

      Jou God is hier! Wat beteken dié woorde vir jou? Ja, sal jy dalk skouerop­halend sê, ek weet God is oral … Maar nee, dis nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor die wete dat jou God nou hier is ter wille van jou! Hy het jou lief en Hy wil vir jou sorg en bewaar. Hy gee om. En Hy is God, die Almagtige. Ja, ek weet dat jy jou haglike omstandighede in jou gedagtes begin opweeg teen die wete dat God by jou is. Waarom dóén God dan niks? wil jy vra. Maar God doen. Hy steek sy hande na jou uit. Hy omvou jou met sy liefde.

      Jeremia het ervaar wat dit beteken om in die donker dieptes te verkeer. Sy volk was in ballingskap en moes die pynlike ellende verduur. God se volk. God se volk? Waarom dan die ellende? Luister na Jeremia se vertolking van sy omstandighede: “Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. Maar dit sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut …” (Klaagl 3:19–23).

      Enkele jare tevore het Jesaja vir dieselfde moedverlore volk gesê: “Sê vir dié wat moed verloor het: ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf; God kom julle red!’” (Jes 35:4).

      Jou God is by jou! Wat jou omstandighede ook al is – jou God is by jou. Ervaar sy magtige teenwoordigheid. Ervaar sy liefde. Jou God is groter as jou omstandighede.

      Jou God is by jou!

      14 Februarie

      Feestyd!

      U laat my by ’n feesmaal aansit … Psalm 23:5

      ~

      Die gordyn sak vir eers oor die herder en sy kudde. En ons weet: selfs wanneer dit donker word, is ons God daar. Hy hou ons in sy veilige hande. Vir tyd en ewigheid.

      Wanneer die gordyn oopgaan vir die volgende toneel bevind ons ons in ’n feesvertrek. Alles is so feestelik en vrolik en oordadig. Daar moet tog ’n rede wees vir ’n fees. Ten diepste is daar ’n grondliggende rede vir elke fees, naamlik die lewe. Ons vier fees oor die lewe. God wil graag hê dat ons oor die lewe sal feesvier. Eet en drink en wees vrolik, want jy lewe! Lag en sing, want jy lewe!

      Die Here wat Homself aan ons bekend gestel het as ’n sorgsame troue herder, is hierdie keer ’n oordadige gasheer. Hy nooi ons na ’n fees waar die tafels kreun onder die feesgeregte. By ’n feestafel sit ’n mens nie met ’n lang gesig aan nie. Terwyl jou mond water kan jy nie help om te glimlag nie. Daar heers ’n feesstemming. Dít is hoe God sy kinders wil sien: vrolik en bly en versadig.

      Ek kry die indruk dat ons as kinders van die Here heeltemal te min fees­vier. Ons beoefen ons godsdiens te somber. Ja, natuurlik mag ons nie ons eerbied vir die Here inboet nie. Ons mag nie minder toegewyd wees en uitspattig raak nie. Maar ons moet ons verhouding met die Here veel meer feestelik ervaar. Die Here wil hê dat die lewe vir ons ’n fees moet wees.

      Die Here wil hê dat die lewe vir jou ’n fees moet wees. Weg met die kommer­plooie! Glimlag!

      15 Februarie

      Droëbek teenstanders

      U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk … Psalm 23:5a

      ~

      Ons moet onthou dat Psalm 23 ’n psalm van Dawid is. Alhoewel hy ’n uitmuntende digter en liriekskrywer was, was hy in die eerste plek ’n krygsman wat male sonder tal die vyandelike magte moes aandurf. Met spies en swaard in die hand het hy keer op keer sy pad oopgeveg. As koning was hy telkens op die voorpunt van die gevegslinies. Vyande het hy geken. Baie kere was hy benoud, in ’n hoek gedryf. Sy teenstanders het die lewe vir hom moeilik gemaak.

      En nou skryf hy ’n lied oor sy God, dié God wat na sy kinders omsien soos ’n herder na sy skape omsien. Dié God wat vir sy kinders ’n fees berei. En waar is die teenstanders? Dawid sê die teenstanders kyk droëbek toe. Hulle deel nie in die fees nie. Maar is dit regtig altyd waar? Gebeur dit nie tog so dikwels dat die teenstanders die oorhand kry nie? En dan wonder God se kinders, sy skaaptroppie, wat dan van hulle Herder geword het. Sommige mens reken dat Psalm 23 niks anders as ’n vrome wensdenkery is nie. Is dit?

      Hierdie psalm is ’n pakstuk in ’n veel groter legkaart. Die laaste pakstuk vind ons in Openbaring waar die Herder sy skape

Скачать книгу