Kies die lewe. Solly Ozrovech

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Kies die lewe - Solly Ozrovech

Скачать книгу

medemens ignoreer nie. Wees hoflik en sien die bedagsaamheid van ander raak. Moenie die skoonheid van die skepping as vanselfsprekend aanvaar nie. Waardeer elke gebaar van vriendskap, want dit kan tot lewenslange kameraadskap lei.

      As jy die lewe kleurloos en eentonig vind, kan jy alleen jouself blameer. Moe­nie onbetrokke en onsensitief wees vir die opwinding en die wonder van die lewe rondom jou nie.

      Glo onwrikbaar dat deur die inwonende teenwoordigheid van die lewende Christus, jy wel die vermoë het om nie in ’n groef te verval nie en dat jy die eentonigheid van elke dag in ’n opwindende ervaring kan omskep. As ’n mens met Christus verenig is, raak jy nooit afgesluit van wat in die wêreld gebeur nie.

      Laat sy Gees jou lei, en jy sal ontdek dat die eentonigheid uit die lewe ver­dwyn – Hy vernuwe alles elke dag en lig jou uit jou groef voor dit jou graf word.

      Dankie, Here, vir ’n vol en opwindende lewe wat ek deur U leer ken het.

      21 Februarie

      Titus 2:1–15

      Die krag van die Heilige Gees

      Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. – Tit 2:14

      ~

      Jy is baiekeer bekommerd oor jou gebrek aan geestelike groei, maar dit is vir jou baie moeilik om dit aan jouself te erken. Vra jy eerlik en opreg: “Hoe kan ek my geestelike aktiwiteit bevorder en my geestelike groei stimuleer?” dan antwoord niemand minder nie as Jesus Christus: “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie” (Joh 6:63). Dit is die geheim van groei en ontwikkeling.

      Terwyl jou kennis en ervaring van die inwonende Christus verdiep, begin sy beeld al meer in jou lewe tot openbaring kom. Dit gebeur egter in direkte verhouding tot jou ywer en toewyding aan die Heilige Gees. Wanneer ’n nie­tige saadjie ontkiem, het dit soos dit groei die krag om rotse uitmekaar te skeur en ongelooflike struikelblokke te oorkom om uiteindelik vrugte te dra. So werk suurdeeg ook in stilte, maar met krag en doeltreffendheid.

      Die bron van hierdie krag is die Heilige Gees. Die Gees is die mees praktiese en dinamiese krag in die heelal. Daarom durf jy nie in onmag van een kleurlose dag na die volgende voort te strompel nie. Die Gees is die energie wat die mens geestelik laat groei. Daar is geen bonatuurlike ervaring nodig om die waarheid hiervan te bewys nie – dit is ’n gawe van Christus aan ál sy kinders.

      Gees van krag en groei, kom leef in my en ondersteun my in my groei na Christus toe.

      22 Februarie

      Matteus 6:5–15

      Ons Vader …

      Ons Vader […] – Matt 6:9

      ~

      Wanneer ons God “Vader” noem, bely ons daarmee die aard van ons geloof; bely ons daarmee dat daar één God is wat sorg.

      Die grootste bevryding wat die evangelie vir die heiden gebring het, is die sekerheid dat daar net één God en Vader is. Voorheen was hulle slawe van vyandige en vreesaanjaende gode en geeste. Hulle het natuurverskynsels soos weerlig, donder, reën, vuur en talle ander as gode aanbid. Die kind van God hoef egter nie in vrees te lewe dat hy dalk onwetend teen een van ’n skare vernietigende gode sondig nie. Hy vind gemoedsrus in die wete dat daar maar een ware God is – die God van liefde wat hy “Vader” kan noem.

      Wanneer dinge soos gevaar, smart, lyding en dood hom daagliks konfronteer, weet die gelowige dat sy tye in die hand van ’n liefdevolle Vader is. Helmuth Thielicke sê dat die mens se lewe vergelyk kan word met dié van ’n kindjie wat deur ’n vreesaanjaende woud wandel; daar is vreesaanjaende gelui­de, duistere gevare en donker skaduwees. Die mens voel klein en nietig in sy angs en vrees. Hy besef hy het Iemand nodig om saam met hom te stap en vir wie hy “Vader” kan noem.

      Maar ons word nie net geleer om te sê “my Vader” nie, maar “óns Vader”. Nêrens in hierdie gebed kom “ek” of “my” voor nie. Om hierdie gebed te bid, is ook om ons verwantskap met alle mense te erken. Jesus het die selfsugtige “ek” met die liefdevolle en gemeensame “ons” vervang.

      Wanneer ons “Ons Vader” bid, weet ons ook dat ons onsself na waarde kan skat, want as God ons goed genoeg geag het om ons sy kinders te noem, durf ons onsself nie minag nie – al het ons soveel swakhede.

      In verwondering kniel ons voor U, ons Vader, deur Jesus Christus.

      23 Februarie

      Matteus 6:5–15

      Wat in die hemel is

      Ons Vader wat in die hemel is […] – Matt 6:9

      ~

      Die woorde “wat in die hemel is” herinner ons eerstens aan die heiligheid van God. Die Griekse woord “hagios” en ons woord “heilig” beteken “anders” of “afgesonder”. Ons moet derhalwe God se Naam anders behandel as alle ander name. Sy Naam moet ’n plek kry wat absoluut uniek is.

      In Hebreeus beteken ’n persoon se naam nie alleen die woord waarmee hy genoem word nie; dit dui ook sy natuur, karakter en persoonlikheid aan. Al is Hy ons Vader, moet ons onthou dat Hy in die hemel woon en hoog bo ons verhewe is. Ons mag Hom as Vader benader met liefde en blydskap, maar altyd met eerbied en aanbidding, verwondering en ootmoed.

      Dit herinner ons tweedens aan die almag van God. As ons dink aan ons Vader “wat in die hemel is”, dink ons aan God as almagtige, regverdige en heilige God. Menslike liefde kan intens wees – en tog magteloos. Met hierdie gebed koppel ons die liefde van God met sy almag. Ons mag iemand liefhê en tog nie in staat wees om hom te help nie. God se liefde word gedra deur sy almag om te alle tye te doen wat Hy wil.

      As ons dus dink aan God “wat in die Hemel” is, moet ons buig voor sy heiligheid, en juig oor sy almag wat sy liefde in staat stel om enigiets te doen.

      Heilige Vader, maak my diep bewus van u liefde wat deur u almag ondersteun word. Dit gee my moed in my stryd.

      24 Februarie

      Matteus 6:5–15

      Laat u naam geheilig word

      […] laat u Naam geheilig word […] – Matt 6:9

      ~

      Hier word ons geroep om God se Naam anders as alle ander name te behandel. “Heilig” beteken immers “anders” of “afgesonder”. Ons sê hier eintlik: “Gee ons die genade om aan U daardie unieke plek te gee wat u Persoon en u karakter vereis en verdien!”

      Dit beteken dat ons God in eerbied moet nader. Die geloof dat God my Skepper en Onderhouer is, dryf my uit na Hom toe en laat my opkyk na Hom as die Heilige, die gans Anderse. Dan weet ons saam met Augustinus dat ons vir Hom geskep is, en dat ons nêrens rus vind, voordat ons dit in Hom gevind het nie.

      Ons moet weet watter soort God ons aanbid. Ons moet bewus wees van sy heiligheid, regverdigheid en

Скачать книгу