Kies die lewe. Solly Ozrovech

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Kies die lewe - Solly Ozrovech

Скачать книгу

baie kinders van die Here verloop gebed en bepeinsing haastig en onproduktief. Dit word dikwels beskou as dissiplines van die gees wat alleen beoefen word as jy genoeg tyd daarvoor het – ’n soort verseke­ring teen ramp en ongeluk.

      Gebed is om God se wil vir jou lewe te ontdek en nie om die wil van God te buig om by jou begeertes aan te pas nie.

      Voordat die seën van gebed jou ryke besit kan word, moet die tegniek van gebed gekweek en getrou beoefen word.

      Dit is wáár dat jy in enige situasie kan bid. Dit is ongetwyfeld ook waar dat enige taak wat met groot sorg afgehandel word, ’n vorm van gebed is. Dit is moontlik om in die krioelende stadsverkeer deur ’n stil gebed van God se teenwoordigheid bewus te word.

      Maar tyd wat in stilte en alleen met God deurgebring word, is die fondament van gebed.

      Na so ’n tydjie in die verborge saam met God, gaan jy kalm en ewewigtig die lewe tegemoet. Die morele keuses van die lewe word duideliker omlyn en jy het ’n meer besliste bewussyn van die leiding van God in jou lewe. Jy het die vertroue om enigiets te hanteer wat die dag mag voortbring en jy wandel met blymoedigheid op jou lewenspad.

      Here, laat niks my beroof van die kosbare tyd wat ek met U alleen kan deurbring nie. Ek vra dit deur Jesus Christus, wat my Voorspraak by U is.

      23 Januarie

      Psalm 90:1–17

      Gryp die dag!

      Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. – Ps 90:12

      ~

      Vandag is ’n onbeskryflike gawe van God aan jou. Alles sal natuurlik nie voorspoedig verloop nie en jy sal nie noodwendig vry wees van versoe­kings en beproewings nie. Maar as jy met dankbaarheid die gawe van die Skepper aanvaar, sal jy ook bewus word van sy genade in jou lewe. Hy maak die ongelyke plekke glad en die krom paaie reguit.

      Jy kan jou jare tel volgens die syfer óf volgens die inhoud daarvan.

      Volgens die inhoud kan ’n lang lewe kort wees en ’n kort lewe lank. ’n Lang lewe wat leeg is aan geloof, seën vir ander, liefde, arbeid en genade, kan kort wees as God sy meetsnoer daarlangs lê. Dit is hóé ek elke oomblik van elke dag benut wat bepaal wat die kwaliteit van my lewe is.

      In sy onmeetlike genade laat God dit aan jou oor om te besluit hoe vandag sal wees. Moontlik het jy reeds met vrees en bewing gedink aan al die dinge wat verkeerd kan loop; die teenspoed wat jou kan inhaal en die rampe wat net om die draai wag. Miskien begin jy alreeds moedeloos en terneergedruk voel voordat die dag begin het. Hierdie soort gedagtepatroon is teenproduktief en laat jou saam met Job sê: “Wat ek gevrees het, het oor my gekom; waarvoor ek bang was, het my getref” (Job 3:25).

      Vertrou op die Here en dank Hom vir elke nuwe dag.

      Here, dankie vir die voorreg om hierdie nuwe dag tot u eer te gebruik en dit met ander te deel. Dankie dat my tye in u hand is.

      24 Januarie

      Ester 4:1–17

      Unieke skepping van God

      Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het. – Est 4:14

      ~

      “Wie is ek?” is ’n vraag wat jy nie kan ontwyk nie en een wat jy van jou jeug tot jou gryse ouderdom sal vra. Jy is skepping van God; na sy beeld het Hy jou geskape – al is die beeld dan deur die sonde geskend. Jy is Koningskind; prins of prinses, en jy word geroep om waardig hierdie koninklike kindskap uit te leef.

      Jy is uniek – God maak nie duplikate nie. Wetenskaplikes beweer dat geen twee blare aan ’n boom dieselfde is nie; hoeveel te meer sal God nie aan sy kinders ’n eie identiteit, aard en persoonlikheid gee nie? Geen mens op aarde kan jóú plek inneem nie. Daarom mag jy jou nooit laat verswelg deur die naamlose, gesiglose, identiteitlose massa nie.

      Die opdrag om jouself te wees is nie ’n vrypas vir hoogmoed of selfverheffing nie, maar genade van God en ’n oproep om waardig en met selfvertroue te lewe. Jy hoef nie iemand anders se lewenstyl na te boots nie. Christus is jou voorbeeld.

      ’n Praktiese geloof in Jesus Christus lei tot die ontdekking van jou ware self. Vals hoogmoed; minderwaardigheid wat jou geestelike groei vertraag; onsuiwere waardes wat jou lewensperspektief belemmer – dit alles word oorwin en gesuiwer deur die krag wat Christus jou skenk.

      Ek word in aanbidding stil voor U, Here Jesus, sodat U my deur u Heilige Gees kan leer om myself te wees.

      25 Januarie

      1 Korintiërs 12:12–31

      Evaluering van die beste

      Lê julle toe op die beste genadegawes. – 1 Kor 12:31

      ~

      Dit is net natuurlik om die beste wat die lewe bied te begeer. Dit is egter lewensbelangrik om te weet wat die “beste” is; om nie onbewus ’n plaasvervanger te aanvaar of om met die tweede beste tevrede te wees nie. Mense streef dikwels na ’n doel wat na hul mening vir hulle die beste is, terwyl God vir hulle iets beters en edel bedoel het.

      ’n Vals sin vir waardes laat jou dikwels na die tweede beste gryp. Dan maak jy die denkfout om te dink rykdom is belangriker as ’n edel karakter; dit is beter om te ontvang as om te gee; jy moet uit die lewe haal wat jy kan sonder om enigiets in te sit; die doel heilig die middele en net dwase verrig liefdesdiens.

      Om te weet wat vir jou die beste is, moet jy jouself ken. Jy moet weet wat jy kán, wie jy is en wat jou potensiaal is. Dit verg moed van ’n besondere kwali­teit om jou eie tekortkomings nugter te sien en te erken; om jou foute te verstaan en te bely; om beslis te wees en volgens God se norme doelstellings te stel: eer­likheid, liefde, reinheid en onselfsugtigheid.

      Jy sal nie altyd daaraan kan voldoen nie, maar dit sal so ’n impak op jou lewe maak dat jy sal uitvind God se beste vir jou oortref alles wat jy vir jouself kan begeer.

      Gee my die wysheid, Here Jesus, om alleen met die beste tevrede te wees, deur te streef na u waardes en beginsels.

      26 Januarie

      Prediker 12:1–8

      Die toekoms word deur die hede bepaal

      Dink aan jou Skepper in jou jong dae voor die swaar dae kom, die jare aanbreek waarvan jy sal sê: “Ek het daar niks aan nie.” – Pred 12:1

      ~

      As jy vandag onwaardige gedagtes koester en ’n lewe van bedrog ly, moet jy nie verwag om vrede en waarheid en voorspoed in die dae wat voorlê te ondervind nie.

      Die wet van oorsaak en gevolg is selfs vir die kinders van die Here onverbiddelik. Jy kan nie negatiewe gedagtes saai om positiewe dade te oes nie. Baie mense leef nie, maar bestaan slegs. Hulle koester die ydele hoop dat op die een of ander manier, iewers in die toekoms, die lewe aan hulle vervulling en vreugde sal skenk. Jou toekomstige geluk hang direk

Скачать книгу