Ingrid Jonker Versamelde Werke. Ingrid Jonker

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Ingrid Jonker Versamelde Werke - Ingrid Jonker

Скачать книгу

      INGRID JONKER

      Versamelde Werke

      DERDE, HERSIENE UITGAWE

      HUMAN & ROUSSEAU

      Die uitleg van gedigte en afbeeldings in hierdie digitale uitgawe verskil moontlik van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings op hul leestoestel vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      Wees jy die pad waarlangs ek weer

      kaalvoet oor die dubbeldorings loop

      na waar die varing en die varkblom groei

      – die gousblom kranse oor die velde knoop

Poësie

      ONTVLUGTING

      1956

      Vir Abr. H. Jonker

      Ontvlugting

      Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug

      en dink my nou in Gordonsbaai terug:

      Ek speel met paddavisse in ’n stroom

      en kerf swastikas in ’n rooikransboom

      Ek is die hond wat op die strande draf

      en dom-allenig teen die aandwind blaf

      Ek is die seevoël wat verhongerd daal

      en dooie nagte opdis as ’n maal

      Die god wat jou geskep het uit die wind

      sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

      My lyk lê uitgespoel in wier en gras

      op al die plekke waar ons eenmaal was.

      Vyf lewens

      Met die eerste wit John Collins

      is ek ’n kunstenaar uit die renaissance

      Jy is die mona lisa van my hart

      en ek bekend met ’n da vinci-smart

      Ek sien in spieëls ’n karmeliete vader

      wat draai en draai en my gedurig nader

      Teerheid en tering speel in sy oë saam

      dis ek, dis ek, wat in die spieël staan!

      Toe loop ek op my tone op ’n draad

      ’n sierlik, pagel-sirkus akrobaat

      Ek spoed die lug in om te voel

      die dood hang aan my slingerstoel!

      Die voetval wat deur ster-nat strate klink

      die maer gelaat wat in bierglase blink

      Die man wat hurk in Roelandstraat

      wat sterf van honger is my skadu-maat!

      Die vyfde Collins maak my nugter

      Die papie roer en ek word digter . . .

      Graf

      Aan Berta

      In die aand by Gordonsbaai

      het sy kinderlik geraai

      waar die lelieblom kan wees

      wat haar hart van pyn genees.

      In haar soektog raak haar hande

      aan die onkruid op die strande

      word haar oë sag en blind

      waai haar drome in die wind

      hurk sy roerloos vasgerank

      toegemaak deur wier en sand.

      Puberteit

      Die kind in my het stil gesterf

      verwaarloos, blind en onbederf

      in ’n klein poel stadig weggesink

      en iewers in die duisternis verdrink

      toe jy onwetend soos ’n dier

      nog laggend jou fiesta vier.

      Jy het nie met die ru gebaar

      die dood voorspel of die gevaar

      maar in my slaap sien ek klein hande

      en snags die wit vuur van jou tande:

      Wonder ek sidderend oor en oor

      Het jy die kind in my vermoor . . .?

      Die skildery

      Die lig brand helder in my ateljee

      en helderder is ek vanaand geklee:

      Hier waar ek nou begin om jou te haat

      verf ek ’n spotprent van jou mooi gelaat

      Verf ek jou as sirkus-harlekyn

      maar sou jou oë dromerig verskyn

      As hierdie masker netnou met die dans

      verroer en jou nie heeltemal verskans

      Sou ek jou uitwerp in die straat

      maar in die nanag hierdie ateljee verlaat

      Om jou te soek teen duistere rante

      verflenter en verwaai na alle kante

      Om jou te vind en fluist’rend te bely:

      Daar kan geen haat wees tussen jou en my.

      Offerande

      Die kamer sal verander in ’n woud

      waarin ek ronddwaal, stom en koud

      Ek sal ’n plekkie uitkies as ’n stand

      waarop ek jou as offer sal verbrand

      Uit

Скачать книгу