Ná aan my hart. Christine Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ná aan my hart - Christine Ferreira страница 6

Автор:
Серия:
Издательство:
Ná aan my hart - Christine Ferreira

Скачать книгу

die laaste dag van die konferensie besluit ek om vir oulaas met die veerboot, pleks van die trein, te ry. Die oggend skyn die son helder en skitter die rivier se water dieper as blou. By die bushalte waar die boot my aflaai, is dit doodstil en wys die rooster dat die volgende bus eers oor ’n uur vertrek. Ek besef dat ek maar sal moet stap as ek nie die eerste spreker van die oggend wil mis nie, maar ek weet ook hoe ver dit is tot by die arena waar die konferensie gehou word.

      Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons

      -Ps 116:5

      Dis Saterdagoggend en daar is feitlik geen motors op die pad nie. Dis warm en die son bránd. Ek hou dapper aan met stap. Sowat ’n halwe blok verder sien ek die helderpienk sambreeltjie in die stof teen die sypaadjie lê. Ek loop eers verby, maar besef dat dié weggooi-sambreel tot my redding kan kom. Ek draai om en stap terug. Toe ek die sambreel optel, wéét ek daar gaan vanoggend geen taxi verbykom nie. Vyf en veertig minute later kom ek uiteindelik by ’n groot kruising. Die sweet tap my af. Die konferensie begin oor tien minute. Dis net toe dat ek die wit taxi sien. Ek waai vervaard vir hom om stil te hou.

      ’n Entjie verder hou ons voor die groot arena stil. “Wat skuld ek?” vra ek die geamuseerde bestuurder. “Niks,” sê hy. “Ek het vandag vir jou nie my meter aangeskakel nie.” In ruil los ek die pienk sambreel op die agterste sitplek vir wie dit dalk volgende nodig het.

       Dankie, Here, vir u ontferming, veral as ek moeg en moedeloos voel.

      Twee en twintig

6260.jpg

      Die dag begin op ’n slegte noot. Ek sukkel met my hare en in die spieël lyk die plooitjies om my oë vandag skielik heelwat meer. Om alles te kroon sê my man, toe ek al amper by die deur uit is, dat my nuwe stewels snaaks lyk onder my langbroek. Vervaard soek ek na ’n nuwe uitrusting in my kas.

      … maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp

      -Ps 107:6

      Teen hierdie tyd is dit al amper sewe-uur. Ek hardloop motor toe waar die seuns ewe gedwee op die agterste sitplek wag. “Moenie eers daaraan dink om nou met Mamma te praat nie. Ons sál betyds wees vir skool!” sê ek voordat een van die twee iets kan sê oor ons so laat is. Eers halfpad skool toe begin ek rustiger raak.

      Op pad werk toe piep ’n SMS op my selfoon. “Bid asb. vir Kobus, ’n gr. 12-leerling. Verlam ná ’n rugby­besering. Moet asseblief nie die ketting breek nie.”

      Ek vra summier om vergifnis vir vanoggend se ontsteltenis oor wat nou na onbenullighede lyk en stuur die SMS na ’n vriendin met die grootste vriendenetwerk.

      Die dag is meteens vol betekenis. Ek dink aan die storms wat die laaste paar weke in die mense om my se lewe gewoed het. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense. Dit weet ons.

      Die Sondag in die kerk hou ek my hartseer vriendin se hand styf vas, terwyl ons saam na die boodskap van hoop luister en ek stilweg elkeen se seer veilig aan sy voete neerlê.

       Here, vergewe my ongeduld en ontsteltenis oor nietighede. Ek verkies om vandag opnuut in dankbaarheid te leef.

christine05.tif

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4AAQSkZJRgABAQEBLAEsAAD/4gxYSUNDX1BST0ZJTEUAAQEAAAxITGlubwIQAABtbnRyUkdC IFhZWiAHzgACAAkABgAxAABhY3NwTVNGVAAAAABJRUMgc1JHQgAAAAAAAAAAAAAAAAAA9tYAAQAA AADTLUhQICAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAABFj cHJ0AAABUAAAADNkZXNjAAABhAAAAGx3dHB0AAAB8AAAABRia3B0AAACBAAAABRyWFlaAAACGAAA ABRnWFlaAAACLAAAABRiWFlaAAACQAAAABRkbW5kAAACVAAAAHBkbWRkAAACxAAAAIh2dWVkAAAD TAAAAIZ2aWV3AAAD1AAAACRsdW1pAAAD+AAAABRtZWFzAAAEDAAAACR0ZWNoAAAEMAAAAAxyVFJD AAAEPAAACAxnVFJDAAAEPAAACAxiVFJDAAAEPAAACAx0ZXh0AAAAAENvcHlyaWdodCAoYykgMTk5 OCBIZXdsZXR0LVBhY2thcmQgQ29tcGFueQAAZGVzYwAAAAAAAAASc1JHQiBJRUM2MTk2Ni0yLjEA AAAAAAAAAAAAABJzUkdCIElFQzYxOTY2LTIuMQAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAWFlaIAAAAAAAAPNRAAEAAAABFsxYWVogAAAAAAAAAAAAAAAA AAAAAFhZWiAAAAAAAABvogAAOPUAAAOQWFlaIAAAAAAAAGKZAAC3hQAAGNpYWVogAAAAAAAAJKAA AA+EAAC2z2Rlc2MAAAAAAAAAFklFQyBodHRwOi8vd3d3LmllYy5jaAAAAAAAAAAAAAAAFklFQyBo dHRwOi8vd3d3LmllYy5jaAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA

Скачать книгу