Die groot gedagte. Gideon Joubert

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die groot gedagte - Gideon Joubert страница 3

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Die groot gedagte - Gideon Joubert

Скачать книгу

Hierdie dinge het geen verband met menslike ervaring nie.

      “Die heelal is nie net vréémder as wat ons dink nie, dit ís vreemder as wat ons ons kan indink,” het J.B.S. Haldane (1892-1964), die Britse bioloog, genetikus en filosoof, dit op sy eienaardige manier uitgedruk.

      Arthur Koestler (1905-1983), die Hongaars-gebore Britse skrywer, het dit só beskryf: “Die harde, tasbare voorkoms van dinge bestaan net in ons middelgrootte wêreld waarop ons sintuie ingestel is en wat in kilogramme en meters gemeet word. Op beide die kosmiese en die subatomiese skaal word hierdie intieme, tasbare verhouding ’n illusie.” Ons sal ’n vreemde en onwerklike landskap moet betree as ons die abstrakte werklikheid van God se Skepping wil verstaan. Ons sal ’n waagmoedige sprong in die onbekende moet neem.

      Fred Alan Wolf (1934—) het sy boek oor die kwantumfisika die titel Taking the Quantum Leap gegee (1981. San Francisco: Harper & Row). In die inleiding skryf hy: “Letterlik is die kwantumsprong ’n klein, maar ploffende sprong wat ’n materiedeeltjie ondergaan as dit van een plek na ’n ander beweeg. Die ‘nuwe fisika’ – kwantumfisika – dui daarop dat alle deeltjies waaruit die fisiese heelal bestaan, op hierdie manier moet beweeg, of dit moet ophou om te bestaan.

      “Aangesien jy en ek van atomiese en subatomiese stof gemaak is, moet ons ook die ‘kwantumsprong’ spring. In ’n figuurlike sin beteken die neem van ’n kwantumsprong dat ’n risiko geloop word, dat ’n ongekarteerde gebied betree word sonder ’n gids wat gevolg kan word. Op sy beste is dit ’n onsekere affêre.”

      Die kwantumsprong is ook ’n geestesprong. Dit sal moed kos en die hoogste eise aan gees en verstand stel. God gaan Hom in majesteit en heerlikheid openbaar. Die mens sal oorstelp word deur die besef van sy nietigheid, kortstondigheid, beperktheid en die wonder dat hy aan dié openbaring blootgestel word.

      In die vreemde heelal is ons eie bestaan die gróót raaisel. Ons, ’n uiters verganklike samestelling van komplekse molekule: materie wat kan dink, materie met ’n selfbewussyn!

      Die Harvardse fisikus Steven Weinberg (1933—), wat die Nobelprys ontvang het vir sy navorsing oor die vereniging van die swak en die elektromagnetiese interaksies, het op ’n keer gesê: “Die pogings om die heelal te verstaan, is een van die min dinge wat die menslike bestaan bokant die vlak van ’n klug verhef sodat dit ’n bietjie van die grasie van ’n tragedie kry.”

      In hierdie wonderlike oomblik van bewuste bestaan het ons geen keuse nie. Ons móét soek. Ons is so gemaak. Dit is ’n goddelike opdrag. In ons soektog sal ons die werklikheid ontdek wat baie anders is as wat ons dit vir onsself voorgestel het. Ons sal vind dat die Skepping, soos sir James Jeans dit reeds in 1935 beskryf het, al meer na ’n groot gedagte begin lyk, en al minder na ’n groot masjien (1935. The Mysterious Universe. Cambridge University Press, bl. 137).

      DEEL 1

      Die makrokosmos

      1

      Die ontstaan

      Ek het alles gemaak en so

       het alles ontstaan, sê die Here.

      Jesaja 66:2

      In die begin het God die hemel en die aarde geskep

      Met hierdie woorde begin die Bybel. Só word die begin van alles beskryf. Maar wat was daar vóór die begin, vóórdat selfs die “hemelgewelf” of uitspansel daar was?

      Niks nie.

      Astrofisici is dit met die Bybel eens dat daar ’n begin was. En vóór die begin, volslae niks nie.

      Daar was nie ruimte nie. Daar was nie lig of donker, koue of warmte nie. Daar was nie eens ’n lugleegte nie, want selfs ’n vakuum is ook iets.

      Daar was nie tyd nie. Daar was hoegenaamd, volkome niks nie.

      Daar was selfs nie die afwésigheid van temperatuur, koue of donkerte nie; selfs nie die afwésigheid van tyd nie. Dit was net niks, hoe onbegryplik dit ook is.

      Teoloë noem daardie heel eerste bestaansoomblik, toe alles tot stand gekom het, die skeppingsoomblik. Astrofisici praat van die Oerknal, die breukdeel van ’n sekonde waarin alles, onverklaarbaar, uit niks ontstaan het.

      Om te vra wat vóór die Oerknal was, is net so onsinnig soos om te vra wat suid van die Suidpool is.

      In sy Confessionis (Belydenisse), waarin hy sy geestelike omswerwinge beskryf wat hom na die Kerk gelei het, het sint Aurelius Augustinus (354-430 n.C.) gesê dit is verkeerd om te vra wat daar was voordat God die heelal geskep het, want God, wat buite die heelal staan, het tyd saam met die heelal geskep.

      Die Britse sterrekundige sir Bernard Lovell (1913-2012) het dit só gestel: “Hier val ons in ons eie denke vas. Ons worstel met begrippe van tyd en ruimte voordat dit . . . bestaan het. Ek voel of ek skielik in ’n digte misbank beland het waarin die bekende wêreld verdwyn het.”

      Toe het God gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig

      “ . . . die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat gesien kan word nie.” – Heb. 11:3

      En toe, skielik, onverklaarbaar, uit die groot stilte, uit die groot niks, kom ’n ontságlike, gewéldige losbarsting van energie.

      Een oomblik, niks. Die volgende oomblik, alles. Die “in die begin” het begin. Tyd het begin. Die eerste breukdeel van die heel eerste sekonde van die Skepping was daar.

      Op daardie eerste triljoenste van die heel eerste oomblik het alles uit die niet, uit niks nie, gekom – alles waaruit die heelal, soos ons dit vandag ken, ontwikkel het.

      Dit was egter in ’n ander vorm. Die heelal was nét energie: lig en hitte, straling. Die ruimte was ’n ontsettende stralingsveld van hitte, die primordiale vuurbal waaruit die heelal gebore sou word.

      Einstein was die eerste wat dit ingesien en duidelik gestel het: Energie en materie is manifestasies van dieselfde verskynsel. Massa is gekonsentreerde energie, en energie kan in materie verdig word.

      Die skeppingsproses duur voort. Die omsetting van energie in materie en van materie in energie vind sonder ophou plaas, maar dit is nie dieselfde as daardie aanvanklike loslating van energie nie. Die prosesse wat vandag aan die gang is, is die omsetting van die energie wat by die Skepping ontstaan het in materie, en andersom.

      Met die Oerknal is energie sonder ophou in materie verdig, en materie is sonder ophou in ’n siedende kookpot van bedrywigheid in energie omskep.

      In die ruimte verskyn kort-kort onbeskryflike vrystellings van energie wat ons in die vorm van uitstralings kan waarneem. Dit gebeur as materie in energie omskep word wanneer ontploffings met sóveel geweld in die hemelruim losbars, dat dit meer energie vrystel en helderder skyn as al die miljoene sterre in ons ganse Melkweg saam.

      Nuwe sterre word elke dag gebore. Dit is materie in die vorm van gasse, wat só geweldig saamgepers en verhit word dat dit kernreaksies ontketen wat energie vrystel.

      ’n Ster is ’n kookpot waarin die stryd woed tussen energie-wees en materie-wees. Ná baie miljoene jare bly dikwels net ’n koue, “uitgebrande” kluit oor – ’n stuk materie in die vorm van yster, silikon en soms koolstof en ander elemente.

      Ons eie son en aarde het so ontstaan, uit siedende energie, baie miljoene eeue ná die

Скачать книгу