Die groot gedagte. Gideon Joubert

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die groot gedagte - Gideon Joubert страница 4

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
Die groot gedagte - Gideon Joubert

Скачать книгу

gestruktureerde energie.

      Die skeppingsoomblik, daardie geweldige loslating van energie, was anders. Fisici noem dit die Oerknal.

      Hier het alles begin, hieruit het alles ontstaan. Wetenskaplikes het bereken dat alles in die grote heelal uit ’n plekkie gekom het wat duisende miljoene kere kleiner was as ’n enkele proton, een van die submikroskopiese deeltjies van ’n atoomkern. Baie fisici glo dit was net ’n denkbeeldige puntjie. ’n Enkelheid – ’n niksheid.

      In hierdie matematiese puntjie was álles saamgepers: al die biljoene galaksies met hul biljoene en biljoene sterre, planete, mane, newels, komete, stofslierte en meteoriete. Alle ruimte, alle tyd. Nie in die vorm van materie nie, net energie.

      En op ’n gegewe oomblik, die Oeroomblik toe álles begin het, het dit met onbeskryflike geweld ontplof. Losgebars. Uitgeskiet.

      Waarom? Hoe? Waarvandaan? Daar is teorieë wat oortuigend klink, maar wat nog groter vrae laat ontstaan. Net dít is seker: Die Oerknal was ’n ontsettende, ongelooflike ontploffing, só geweldig dat dit vandag nog voortduur. Die heelal bars steeds in alle rigtings uiteen.

      In sy boek Companion to the Cosmos (1997. Londen: Weidenfeld & Nicolson) skryf John Gribbin in die inleiding: “Die sleutelontdekking van die totale kosmologie is dat die Heelal wat ons om ons sien, aan die ontwikkel (evolving) is – dit is nou anders as wat dit voorheen was, en dit het beslis op ’n bepaalde oomblik ’n oorsprong gehad.”

      Dit sou verkeerd wees om die heelal voor te stel as ’n groot ballon of ’n borrel wat uitswel. So gesien, dink ’n mens aan ’n heelal met grense, iets met ’n buitekant en ’n binnekant.

      Hier kom ons voor nog ’n onbegryplikheid te staan. Daar ís en wás geen buitekant nie, net ’n binnekant. Om van ’n buitekant te praat, is betekenisloos. Dit is onbeskryfbaar. Dit is net so niks soos vóór die Oerknal.

      Die galaksies “ontplof” nie in ruimte soos die skerwe van ’n bom nie. Dit is ruimte self wat uitdy en die galaksies, en alles in die heelal, saamdra.

      Vandag nog is die binnekant so te sê ’n vakuum met hier en daar ’n stofnewel of ’n galaksie, of groepe daarvan.

      Verder, net leegte. Ruimtetyd. Dít is binne.

      Daar is geen buite nie.

      Wat nie ín die heelal is nie, is niks, nie eens ’n lugleegte nie.

      Daar is nie tyd, temperatuur of selfs ’n vakuum nie. Daar is net Tydlose Ewigheid.

      Tyd, ruimte, al die natuurwette en alle energie het met die Oerknal (die Skepping) begin. Dit was ’n ontploffing van ruimte wat oral gelyktydig plaasgevind en alle ruimte van die begin af gevul het, met elke materiedeeltjie wat van elke ander deeltjie wegstorm.

      Sterrekundiges weet hoe vinnig die heelal uitdy. Deur dit in trurat te bereken, kan hulle naastenby sê hoe oud die heelal is, met ander woorde, wanneer die Oerknal plaasgevind het.

      In die afgelope dekades het sterrekundiges daarin geslaag om die ouderdom van die heelal nogal akkuraat te bereken. Die algemene konsensus is dat dit nagenoeg 13,75 duisend miljoen jaar oud is, ± 170 miljoen jaar. Alle astrofisici se berekenings stem nie heeltemal hiermee saam nie. Eers met die koms van die Hubble-ruimteteleskoop is die ouderdom van die heelal met redelike sekerheid vasgestel. Maar daar wás ’n Skeppingsoomblik, op ’n presiese breukdeel van ’n sekonde.

      Fisici kan baie presies bereken hoe die heelal ’n miljoenste van ’n miljoenste van ’n sekonde ná die Skepping gelyk het, en ’n duisendste, honderdste, ’n vyftigste, ’n tiende en een sekonde daarna.

      Onmiddellik ná die Skepping was die heelal baie warm en dig. As huidige teorieë reg is, was die hittegraad van die heelal ’n tienduisendste van ’n sekonde ná die Oerknal, op die oomblik toe neutrone en protone uit die nóg fundamenteler kwarke ontstaan het, 1 000 000 000 000 grade Celsius.

      Die naaste aan die Oerknal wat fisici met hul berekenings kan kom, is ’n ongelooflike 10-43 van ’n sekonde. Toe moet die hittegraad 100 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 grade Celsius gewees het!

      As ons steeds verder terug na die oomblik van die Oerknal gaan, bereik die volume van die heelal mettertyd ’n nulpunt, en die hittegraad skiet onbeperk tot in die oneindige op.

      ’n Meer hanteerbare honderdste van ’n sekonde ná die Oerknal was die hittegraad moontlik 100 000 miljoen grade Celsius, heelwat warmer as die kern van die warmste ster. Die gemiddelde digtheid was waarskynlik 4 000 ton per kubieke sentimeter op álle plekke in die ruimte. Dit was toe só warm dat molekule, atome en selfs die kerne van atome nie kon bestaan het nie.

      ’n Sekonde ná die Oerknal het die heelal reeds só afgekoel dat die hittegraad van die vuurbal “net” sowat 10 000 miljoen grade Celsius was.

      Maar van die presiese oomblik van die Oerknal, die Skeppingsoomblik, en van vóór dit, weet fisici niks nie.

      Daar is gesaghebbende wetenskaplikes soos die astrofisikus Richard Gott (1947—) van die Universiteit van Princeton in Amerika, en voor hom Alan Guth (1947—) van MIT (Massachusetts Institute of Technology), asook Alexei Starobinski van Moskou, wat aan die hand gedoen het dat ons heelal maar een van ’n baie groot aantal heelalle is, moontlik selfs van ’n oneindige aantal heelalle wat soos borrels in ’n baie warm, digte “vloeistof” gevorm is.

      Volgens Guth sal elkeen van hierdie heelalle vir altyd uitswel en groter word. Aan die begin van die Skepping, of breukdele van ’n sekonde daarna, was die heelalle geweldig warm en ontsettend dig, ’n ondenkbare 1092 gram per kubieke sentimeter.

      [Omdat 10 x 10 = 100, en 10 x 10 x 10 = 1 000, kan 100 só geskryf word: 102. So ook is 10 000 dan 104 , en 105 is 100 000, 106 is 1 000 000, en so meer. Die eksponent (die klein syfertjie) verteenwoordig dus die getal nulle ná die een. Dit is lomp om 10 000 000 000 000 te skryf, maar 1013 is netjieser en leesbaarder, asook 1017 eerder as 100 000 000 000 000 000.]

      Guth vermoed dat miljoene heelalle aanvanklik gevorm is, soos borrels in ’n seeppot. Die heelalle het van mekaar “weggedryf”. Ons sal die ander heelalle nooit kan sien of met instrumente kan waarneem nie, omdat tussen ons en die ander heelalle ’n gebeurlikheidsgrens is.

      Geen lig kan deur ’n gebeurlikheidsgrens dring nie, omdat die gravitasiekrag anderkant die kim so geweldig is dat dit geen lig- of enige ander strale deurlaat nie. En as ligstrale nie deurkom nie, bly alles onsigbaar.

      Dit het aand geword en dit het môre geword . . .

      Die Skeppingsoomblik het dus aangebreek toe Iets die denkbeeldige wiskundige puntjie waarin álles was – alle ruimte, tyd en energie – met ontsettende geweld laat oopskiet het.

      Op daardie wonderlike oomblik het die heelal soos ’n blom oopgegaan. Kort na die Oerknal het die heelal bestaan uit ’n chaotiese maar homogene mengsel van net drie dinge:

      • straling,

      • waterstof en

      • helium.

      Daar was niks van die rykdom en verskeidenheid van dinge waaruit die heelal vandag saamgestel is nie. Nie eens die eenvoudigste chemiese reaksies was moontlik nie, wat nog te sê die ongelooflike komplekse reaksies wat noodsaaklik is om selfs die eenvoudigste lewensvorme te onderhou.

      Ons wêreld en alle lewende dinge is saamgestel

Скачать книгу