Onder die radar. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onder die radar - Dana Snyman страница 11

Onder die radar - Dana Snyman

Скачать книгу

kommentaar onderaan berigte. Ek sê die president sleg en dink verskonings namens moor­denaars uit. Ek verwerp die Kerk, sonder om in myself te verwerp dit wat deur die Kerk gevorm is.

      Met ’n iPad en ’n iPhone en ’n BlackBerry sien ek nie deur ’n spieël in ’n raaisel nie. Ek ken nou ten volle en weet ten volle.

      Al wat nou vir my oorbly, is nog nuwe inligting, en hoop, en liefde – hierdie drie. En die grootste hiervan is die hoop.

      Fanie

      Sy ma weet, sê Fanie. Hy het dit vir haar gesê, al wou hy nie eintlik nie. Shame.

      Hy het die oggend by haar in die ouetehuis gaan kuier, sê Fanie, en toe sit sy weer daar in haar stoel voor die venster, met haar brei­werk en haar blokraaisel en goed.

      Ek ken vir tannie Kittie, Fanie se ma. Sy en my oorlede ma was beste vriendinne. Saam het hulle die wêreld se pyn probeer weg­bak en -brei. Hulle het aan die ACVV behoort. Hulle het in die kerk­koor gesing en Santa-seëls verkoop ten behoewe van teringlyers. Hulle het op kerkbasaars gewoel, en op ’n Saterdagoggend op die sypaadjie voor Spar by ’n môremarktafel pannekoek gebak om geld in te samel vir die Bettie Greeff Tehuis vir Ongehude Moe­ders.

      Hulle het met reghoekige houtbussies muntstukke gekollekteer vir sendingwerk in Malawi, in Japan en in Zoeloeland. Hulle het komberse en blikkieskos ingesamel vir vloedslagoffers. Hulle het vir die padkampkinders koekies gebak en een keer per jaar, net voor Kersfees, geskenke vir die kinders in die kinderhuis gaan gee.

      En hulle kon bid, o, hulle kon bid: O, Heer, U is die pottebakker en ek is die klei, maak my en vorm my na U wil.

      Hul kinders – ek en Fanie en die ander – was voorop in hul ge­bede en gedagtes en dade. Hulle het eerder daardie paar spykerskoene vir die atletiek gekoop as die nuwe kerkrok. In ’n blikkie in ’n laai het hulle spaargeld gebêre wat later moes help betaal vir ’n skooltoer of ’n universiteitshandboek.

      Hulle het ook gebid vir die straatveërs, die polisiemanne, die dokters en die staatspresident. Hulle het gebid vir die ellendige, siek kind in die onderdorp. Vir drie dae het hulle vir die kind gebid en glase vol mengsels van boegoe en Lennon se medisyne aan­gedra. Op die vierde dag toe breek daardie kind se koors. ’n Week later toe speel die kind weer saam met sy maatjies in die son.

      Ook vir die kankerkrom oom in die siersteenhuis op die hoek het hulle gebid. Daagliks het hulle hom in hul gebede aan die Here opgedra. Toe sterf die oom een middag agter ’n toegetrekte Venesiese blinding in daardie huis. En toe bid hulle vir die weduwee en dié wat agtergebly het, en hulle begin maak frikkadelletjies en reën­boogbroodjies vir die begrafnis.

      Dit alles het hulle gedoen omdat hulle hul lewe volgens die Bybel probeer rig het: Bid sonder ophou. Hê jou naaste lief soos jouself. In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien. Nou ken jy slegs ten dele, eendag sal jy ten volle ken.

      Hy weet nie of sy ma nog aan die ACVV behoort nie, sê Fanie. Hy vermoed so. Sy gaan nog elke Sondag kerk toe. Sy lees knaend die Bybel en onderstreep teksverse en bid vir al wat leef en beef.

      Alles het juis begin, sê Fanie, toe sy ma vir hom gesê het sy sal bid dat hy ’n ander werk kry.

      Hy moes seker maar stilgebly het, sê Fanie. Hy het mooi vir haar probeer verduidelik hoekom hy nou ’n ateïs is, dat die Bybel nie meer oral vir hom sin maak nie.

      Hy kry sy ma jammer, sê Fanie. Sy is ’n goeie mens.

      Kom, laat ons boekevat

      Ons het altyd saans in die kombuis geëet wanneer ons by Oupa en Ouma gekuier het.

      Ek sien ons nog daar sit, in die goue skynsel van ’n paraffienlamp in die middel van die tafel: Oupa aan die kop, met Ouma en Pa en Ma en ek weerskante van hom.

      Ná die ete het Ouma en Ma afgedek, en dikwels, terwyl hulle af­gedek het, het Oupa ’n vuurhoutjie se punt met sy knipmes skerp gesny en die stukkies sening met daardie skerp punt tussen sy tande uitgekrap. Soms, in die winter, sou Pa opstaan en ka-klang, ka-klang met die vuuryster in die koolstoof se maag gaan krap, totdat jy die vuur daarbinne kon hoor dreun.

      Dan sou Ouma die Bybel en die psalmboek voor Oupa neersit. Daarna het sy die agterdeur oopgemaak en in die rigting van Maria se kamer in die agterplaas geroep: “Maria! Marrr-i-hooeee!”

      Maria het dan uit die donker gekom. Dit was vreemd, maar Maria, wat die hele dag in die huis doenig was, sou ons altyd op sulke aande daar in die kombuis groet asof sy ons glad nie in die dag gesien het nie. “Naand, baas. Naand, noi.” Dan het sy voor die stoof op die vloer gaan sit, met haar rug reguit en haar bene voor haar uitgestrek.

      Oupa het nooit die Bybel sommer net oopgeslaan en gou ’n gedeelte gesoek om te lees nie. Dit was asof hy alles in stadige aksie gedoen het. Hy het eers vir ’n paar oomblikke net so stil gesit, met sy skaduwee stil agter hom teen die muur. Dan het hy gesê: “Kom, laat ons boekevat” en die Bybel stadig nader getrek, en stadig daardeur geblaai op soek na ’n gedeelte om te lees.

      Op sulke aande het dit vir my gevoel asof oorle oupagrootjie en oorle oumagrootjie, wie se portrette in ovaal rame in die gang gehang het, ook teenwoordig was daar by die tafel.

      Oupa was lief om uit Spreuke voor te lees – uit Spreuke of uit Job.

      Dit was asof oorle Oupa self soos die moedelose, beproefde Job probeer klink het wanneer hy uit Job gelees het: “Daar was ’n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend . . .” het Oupa met ’n moeë stem gelees. “En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore.”

      En wanneer Oupa klaar gelees het, het hy altyd formeel gesê: “Ek lees vir ons tot so ver. Kom, laat ons bid . . .”

      Oupa het sy gebed altyd op dieselfde manier begin: “Dierbare, al­magtige Hemelse Vader, ons kom vanaand na U toe . . .” En wanneer hy “amen” gesê het, het ons ander ook gesê “amen”. Daar­na het Ouma ’n psalm ingesit. Dikwels was dit Psalm 146.

      Nie een van ons het juis ’n sangstem gehad nie, maar ons het die noot agter Ouma aan gevat en gesing asof ons die donker rondom die huis weg wou sing: “Prys die Heer met blye galme, o my siel daar’s ryke stof . . .”

      Ek skryf al hierdie dinge maar neer, want ek is bang ek vergeet dit. Oupa en Ouma en Pa en Ma is almal al dood.

      Ek weet nie eens of daar nog mense is wat só huisgodsdiens hou nie.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной,

Скачать книгу