Onder die radar. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onder die radar - Dana Snyman страница 7

Onder die radar - Dana Snyman

Скачать книгу

neem die selfoon traag uit die ma se hand. “Hallo, Oumie,” sê sy. “Ja, Oumie. Ja. Ja. Ek sal. Ek sal. Ja. Thanks. Ja. Ek het onthou, ja. Ja. Hy is in. Genuine. Dankie, Oumie. Ek sal. Ek sal.”

      Die pa se bier is op. Die ma kyk weer op haar horlosie. Nadat hulle Kleinsus afgesien het, sal hulle moontlik in stilte terugry na hul dorp of hul woonbuurt, stil terug na ’n leë huis toe, terwyl die pa se sigaretkooltjie in die donker motor gloei.

      “Bye, Oumie. Lief vir Oumie,” sê Kleinsus, druk die foon dood en gee dit weer vir die ma.

      “Ons is amper laat,” sê die ma en kyk na die pa. “Het jy die reke­ning gevra?”

      Die pa waai met ’n lang arm vir die kelnerin.

      “Wat wou Ouma weet?” vra die ma vir Kleinsus.

      “Sommer niks nie, Ma. Ons is laat.”

      “Ek wil weet wat wou Ouma weet.”

      “Sy wou net weet of ek ’n Bybel ingepak het.”

      “Het jy?” vra die pa.

      “Ja, Pa. Ek het.”

      “Is jy seker?”

      “Chill net, julle. Jeez.” Kleinsus kyk op haar horlosie.

      Die kelnerin bring die rekening. Die pa kyk daarna en haal ’n volstruisleerbeursie uit sy sak. Kleinsus kom regop.

      Oor minder as vier-en-twintig uur sal sy in Londen wees. Sy sal Big Ben kan hoor lui en dalk sal sy ’n foto van haarself saam met Elton John in die Madame Tussaud-museum laat neem, en een nag sal ’n dronk Engelsman haar dalk in ’n nou straatjie probeer vasdruk en soen.

      Die kelnerin bring die kleingeld, twee of drie bruin note. “You can keep it all,” sê die pa vir haar en kom orent.

      “Thank you. Thank you so much,” sê die kelnerin. “Are you travelling abroad?”

      “No,” antwoord die pa. “Only my daughter.”

      “On holiday?” vra die kelnerin.

      Die pa kyk na Kleinsus wat al begin aanstap het, met haar rugsakkie oor die skouer.

      “No, she’s going to work as a waitress.”

      Roikappiki

      Eendag lnk, lnk glede wa da i meisiki. Ha naam wa Roikappiki. Sy en ha ma en ha pa bly in i hys lngs i bos.

      Ha ouma bly anni anniknt vanni bos.

      Op i dag tu sê Roikappiki se ma vi ha: “Roikappiki, di ga hektiek met Ouma, sys lonely en depro. Vat vi ha snacks en ga visit ha en chat me ha.”

      “Cool,” sê Roikappiki. “Ek luv Ouma. Ouma is gr8.”

      “Pas nt op vi perverts inni bos,” sê ha ma. “Muni vanni paiki af ganni.”

      “Relax nt, Ma. Ok?” sê Roikappiki vi ha ma. “Ek sa fine ws.”

      Tu trek Roikappiki ha cool roi jas en kappi an en grut ha ma: “Luv, Ma. Mwah! Mwah!”

      Tu vat Roikappiki di manki mt ha Ouma se snacks en stap oppi paiki inni bos in. Sy sie alli pretty blmme inni bos en plk vi ha ouma vanni blmme. Late tu ga sy vanni paiki af, agte di blmme an.

      Inni mean time cruz Wolf ok da rond. Wolf sien vi Roikappiki en prbr ha opchat. “Luv u’r flowers,” sê Wolf vi ha. “Vi wie plk jy dit?”

      Dit freak Roikappiki biki uit. “Get lost, dude,” sê s vi Wolf. “Ek ga na my ouma tu. M ouma i sk.”

      Maar Wolf los ha ni yt ni. “Jys awesome,” sê hy vi Roikappiki en stp agte ha an. “Kom ons ga chill biki iewers. Suk jy n spliv?”

      Tu freak Roikappiki totally uit en hrdlp vi Wolf weg en vdwl inni bos.

      “Cool,” dnk Wolf, en ga na Roikappiki se ouma s hys tu. Hy klp anni deur. “Ga weg!” skr Roikappiki se ouma va binne af. “Hie issi werki! Ga terug na jou land tu! Jille ko steel net ons gud!”

      “Eks vanni kerk, my anti,” antwrd Wolf. “Ek ko vi anti bid.” LOL.

      Roikappiki se ouma maki deur oop.

      “Howzit, my anti,” sê Wolf vi ha. “Welcme to the nw Sth Afrca.” LOL.

      Roikappiki se ouma freak soos in totally, totally, totally uit tu sy sie dis Wolf. Sy wi 911 bel, ma Wolf grp ha.

      “Chill net, my anti,” sê Wolf vi Roikappiki se ouma en goi ha inni kas. Tu trek hy Roikappiki se ouma se pjms an en klm i ha bed en wa vi Roikappiki.

      Roikappiki suk en suk en kry ltr wee di paiki yt di bos yt. Sy ko by ha ouma se hys an. Dis funny, dnk sy tu sy sie di deur is oop. Tu sy inni kamr ko, sie sy ha ouma is inni bd. Maar ha ouma lyk biki uitgefreak.

      “Ah-we, Ouma,” grut sy. “Is ouma fine?”

      “Eks fine,” antwrd Wolf. “Ek chill net biki hie inni bed.” LOL.

      “O, cool,” sê Roikappiki. “Maar hukom i ouma se ore so grt?”

      “Om beter te ka hr, my knd,” antwrd Wolf.

      “Awesome,” sê Roikappiki. “En hukom i ouma se o so grt?”

      “Om beter te ka 7de Ln kyk oppi TV, my knd.”

      “En hukom is ouma se mnd so grt?”

      Tu sprng Wolf uit di bed. Wolf wil vi Roikappiki vekrg, ma Roikappiki hrdlp by di hys yt en skr: “Hlp! Hlp! Hlllppp!”

      Da naby inni bos is n houtkppr besig om bome af te kp mt sy byl. Hy hr vi Roikappiki skr en storm op Wolf af. Tu kap hy vi Wolf met sy byl. Wolf val oppi grond, dood.

      “Ons mut vanni lyk ontslae rk,” sê die houtkppr vir Roikappiki. “Anrs ga ons trnk tu. Dissie mee sos innie ou dae ni.”

      Tu vat Roikappiki en die houtkppr vir Wolf en goi hom inni rivr.

      “Thanx, dude,” sê Roikappiki vi di houtkppr tu hille kla is. “Jys amazing.”

      Hulle gan tu trug na ha ouma se hys tu. Da kry hul tu ha ouma inni kas. Hulle haal ha uit.

      “Nou sal ’n koppi t dam lekkr smaak,” sê Roikappiki se ouma en stp na di kombuis tu.

      Tu’s als wee cool.☺

      Winternag

      In die winter luister Lucky Msutu smiddae oor die radio hoe koud dit in die nag gaan word. Vieruur die middag sê hulle oor Lesedi FM of dit gaan sneeu of ryp en of die water in die nag ys gaan word.

      As die radio sê die water gaan ys word, weet hy hulle moet vuur maak in die paola, die twintigliteroliedrom wat hy vol gate gekap het.

      Hy

Скачать книгу