Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe). Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht страница 2

Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht

Скачать книгу

stamp aan Krynauw. “Het jý iets gehoor?”

      “Wat?”

      “Dit het geklink soos ’n deur wat toegaan.”

      “Jy verbeel jou. Maar miskien moet ons die lig aansit … A, hier’s die skakelaar.”

      Klik!

      Die gloeilampie hang aan ’n lang tou van die dak af. Die lig swaai-swaai oor die rakke en ou tafels en stoele, asof iemand so pas daarteen ge­stamp het.

      Ek en Krynauw kyk na mekaar. “Dalk … dalk was dit die wind, toe ons ingekom het,” sê Krynauw.

      Om ons is ’n paar rakke met stowwerige, afgeblaasde rugbyballe en stapels ou lêers op. Agter die rakke staan afpoot-tafels en stoele sonder sitplekke.

      “Kyk daar!” roep Krynauw uit.

      In die verste hoek van die pakkamer is die snaakste klomp goed op ’n hoop geskuif.

      “Dit lyk na ou goed wat hulle in konserte gebruik het,” sê Krynauw en skuif ’n kartonwindmeul van ’n hemelbed af.

      “Dit lê seker al eeue hier,” sê ek en plof op die hemelbed neer. Skielik hoor ons dit. Girts, garts. Girts, garts. Dit klink sowaar of die geluid van onder die matras uitkom. “Voetstappe! Iewers onder die bed!”

      Krynauw frons. “Ja, sure. Dis seker ’n dwergie wat daar rondloop,” sê hy.

      Ek gly af en loer onder die bed in. Dan voel dit of die bloed in my are so dik soos jellie word.

      Aan die ander kant van die bed staar ’n onderstebo gesig uitdrukkingloos na my.

      2

      “A-argh!” gil ek en ruk my kop vinnig onder die bed uit. Dan kyk ek in twee swart skoensole voor my op die matras vas.

      Krynauw lê op sy maag op die bed, terwyl sy kop aan die ander kant van die bed afhang. Hy skud van die lag.

      “Jis, ek wens jy kon jou gesig gesien het,” kraai hy en rol om.

      “Ag, jou dinges, man!” Ek pes dit as Krynauw hom so simpel hou.

      Krynauw sit regop. “Hier gaan niks aan nie. Ek dink jy het jou net verbeel jy sien die deur toegaan.”

      “En waarom is die deur nie gesluit nie?”

      “Miskien het die opsigter net vergeet om dit te sluit,” sê Krynauw.

      Kan wees. Oom Willem laat die werkers partykeer van die ou skoolbanke regmaak om weer te gebruik.

      “Wat van die geluide onder die bed?” vra ek vir Krynauw.

      “Kakkerlakke. My pa sê party van hulle word so groot soos rotte.”

      Dis totally gross! Ek loer versigtig na die ou houtvloere. “My ma sê hier­die deel van die skool was eers ’n ou huis. Die skool het die huis gekoop met klomp van die ou meubels en goed daarin. Sy sê sy wil nog eendag ’n storie daaroor skryf.”

      “Wie’t hier gebly?” vra Krynauw.

      “Een of ander skilder.”

      “Wel, hy was seker maar ’n vuil ou. My pa sê kakkerlakke hou van vuil plekke.” Krynauw staan op. “Maar nou moet ons eers uitvind wie die dief is.”

      Gelukkig is die stoepe verlate terwyl ons terug kantoorblok toe loop. In die voorportaal gaan staan Krynauw skielik.

      “En nou?”

      “Da … da …” Krynauw beduie na die glaskas voor in die portaal.

      “Hou op da-da en kom. Ons beter terug wees in die siekekamer voor iemand agterkom ons is weg.”

      Krynauw se mond gaap oop en toe. Dan kry hy die woorde uit. “Ons rugbybeker … dis weg!”

      Ek kyk weer na die glaskas. Dan word ek yskoud. Waar die blink rugbybeker nog vanoggend gestaan het, is nou net ’n leë plek.

      “As ek daai flippen dief in die hande kry, sal ek …”

      “Kom, Krynauw,” val ek hom in die rede. “Ons moet gaan uitvind of die hoof al weet van die beker!”

      Die hoof is nie in sy kantoor nie en ons loop vinnig verby na tannie Ella se kantoor. Sy is besig om ’n kartondoos onder haar lessenaar in te stoot. Toe sy orentkom, staar sy met stokstywe oë na die muur voor haar.

      “Tannie?”

      Sy antwoord nie. Dit lyk of sy niks hoor of sien nie.

      “Dis weird,” fluister Krynauw.

      “Sy lyk nes ’n zombie.” Ek frons. “Miskien moet ons die hoof gaan soek.”

      In die gang sien ons die hoof by sy kantoor ingaan.

      “Kom,” sê ek.

      Meneer du Plessis staan langs sy lessenaar toe ons aan die oop deur klop.

      “En toe, waarom is julle nie in die klas nie?” vra hy agterdogtig.

      Grrr!

      Wimpie, sy steekbaardbrakkie, kriewel onder sy arm uit en wys sy skerp witrottandjies.

      “Dis die rugbybeker, Meneer … dis weg!”

      Die hoof se gesig word so rooi soos ’n oorryp tamatie.

      “So ’n derduiwel van ’n dief!” sê hy dan. “Hoe absoluut vermetel!”

      Dit lyk of sy gesig al hoe groter word. Sy snorretjie is naderhand net ’n dun, swart strepie onder sy neus. Ek beter iets sê om hom te kalmeer.

      Dan onthou ek van tannie Ella. “Meneer, ons dink daar’s fout met tannie Ella,” sê ek vinnig.

      “Fout? Met mevrou Bruyns?”

      “Ja, Meneer. Dit lyk of sy siek is.”

      Die hoof frons. “Dis natuurlik die skok. Sy’t seker gesien die beker is weg.” Hy stap vinnig deur toe. “Terug klas toe met julle twee!” roep hy oor sy skouer.

      “Kom ons gaan kyk wat gebeur,” sê Krynauw toe die hoof in die gang af verdwyn.

      Ons volg hom en gaan staan agter ’n groot potplant in die voorportaal. Van hier af kan ons deur die oop deur sien hoe die hoof tot voor tannie Ella se lessenaar loop. Tannie Ella staar steeds na die muur.

      “Wat maker, Ella?” Die hoof vat aan haar arm. “Toemaar, ek sal daardie astrante dief sommer een, twee, drie vastrek,” hoor ons hom sê.

      Die volgende oomblik knip-knip tannie Ella haar oë. “Wat … Waar is ek?”

      “In jou kantoor.”

      Sy

Скачать книгу