Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe). Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht страница 4

Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht

Скачать книгу

praat nie.” Krynauw vee met sy hand deur sy rooi pennetjieshare. “Dalk kan jou ma ons help met die mon­deling. Skrywers het mos baie idees,” stel hy voor.

      “Al waaraan my ma nou kan dink, is die nuwe moordstorie waarmee sy besig is.”

      “Vra haar nogtans, toe?”

      Ek sug.

      Krynauw kan tog so aanhou met iets. “Ek sal haar vra of ons deur haar ideeboek kan blaai. Dalk kry ons iets daarin.”

      Ek stap studeerkamer toe. My ma sit soos gewoonlik voor die rekenaar.

      “Ma, kan ons Ma se ideeboek leen?”

      My ma beduie met haar kop na die ingeboude kas, terwyl haar vin­gers sonder ophou oor die sleutelbord voor haar beweeg. “Op die twee­de boonste rak,” sê sy.

      “As my ma skryf, weet sy skaars ek is hier,” brom ek toe ons terug is in my kamer. “Sy kan net sowel ook in ’n Boeing klim en oorsee vlieg.”

      Krynauw val weer op my bed neer. “Ek dink dis awesome om ’n ma te hê wat moordstories skryf en ’n pa wat Boeings vlieg,” sê hy.

      “Ja, maar jy kan weer bly wees jy het twee sussies. As ’n mens die enigste kind is, zoom jou ma en pa die hele tyd in op jou.”

      Ek maak my ma se ideeboek oop. Die meeste van die koerantberigte wat daarin is, gaan oor moorde wat gepleeg is. Tussen die laaste bladsye is ’n fotostaat van ’n berig wat lyk of dit uit ’n ou koerant kom. My ma het ’n rooi kring om die opskrif getrek.

      “Beroemde Hongaar vestig hom in Pretoria,” lees ek hardop. “Die Hon­gaarse skilder, Zoltan Bartok, het pas vir hom ’n huis op die hoek van Wilge- en Bloekomlaan gebou.”

      Wilge- en Bloekomlaan? Ek kyk na Krynauw. “Dis waar ons skool is. Hierdie Zoltan-ou het daar gebly.”

      “Wow! Jy’t mos gesê ’n deel van die skool was eers ’n ou huis,” sê Krynauw.

      Op die volgende bladsy is nog ’n ou koerantberig. “Zoltan Bartok verdwyn spoorloos,” lees ek die opskrif.

      Krynauw se oë blink. “Jis, dis cool!”

      “Dit lyk my die man het net op ’n dag verdwyn. Sy vrou het nie ’n clue gehad waar hy is nie. En twee van sy beste skilderye het saam met hom verdwyn.”

      Ek maak die ideeboek toe.

      “Mense verdwyn nie sommer net nie,” sê Krynauw. “Ek dink iemand het die ou vermoor en sy skilderye gesteel. Ek wonder of hulle ooit sy lyk gekry het.”

      “Vergeet nou van lyke en goed. Het jy al ’n idee vir jou mondeling?”

      Krynauw staan op. “Ja, ek gaan oor Zoltan Watsenaam praat. Ek gaan in die skool se biblioteek kyk of daar nie nog goed oor hom is nie. Dalk figure ek nog uit wat van hom en sy skilderye geword het.”

      Ek sit die ideeboek op my lessenaar neer. “Oukei, maar ons moenie van die skoolskelm vergeet nie. Onthou, hy’t ons rugbybeker gesteel.”

      “Moenie worry nie, ons sal hom kry,” sê Krynauw en staan op.

      Toe hy weg is, stap ek na my pa se studeerkamer toe. Ek haal een van sy boeke van die boekrak af. Die Sigeuners van Oos-Europa. Daar is ’n klomp foto’s van donkerkop sigeuners in die boek.

      Ek het op die plakkaat by die supermark gesien Madame Zenobia het ook sulke donker hare wat by haar rooi kopdoek uitsteek. Op die foto was daar so ’n snaakse, geheimsinnige glimlag om haar rooi lippe.

      So asof sy iets weet wat ander nie weet nie.

      Die volgende oggend is dit nog skemer toe ek en Krynauw by die skool aankom. Nadat ons ons fietse gebêre het, loop ons kantoorblok toe. In die voorportaal haal ek ’n stuk papier en ’n potlood uit my broeksak.

      “Wat van hierdie skilderye?” vra Krynauw.

      Jig, dit lyk of ’n graadeentjie die goed geteken het.

      Twee lelike skilderye – voorportaal, skryf ek op die papier. Daarna gaan ons na die hoof se kantoor toe. Sy deur is gelukkig nie gesluit nie. Ons loop vinnig oor die dik mat tot by die lessenaar. Ek begin skryf:

      Een papiergewig, twee goue penne …

      ’n Rukkie later kyk ek op my horlosie. “Ons beter waai. As die hoof ons hier vang, het ons moeilikheid.”

      Dan hoor ek dit. Voetstappe.

      En hulle kom reguit hierheen.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RzqRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzowOTowNiAxMjoz NDoxOQAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGQKADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABu0AAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABkAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY3M08SUGFqKygwcmNcLSRJNUoxdkRVU2dGXi8rOEw9N14/NGlKSFtJXE1OT0 pbXF1eX1VmZ2hpamtsbW5vYnN0dXZ3eHl6e3x//aAAwDAQACEQMRAD8Ao+kWuBGvmibdonj490ep sM9/0gNEduJ05nT/ANo9U6iOnUOvOM2aXW7nhou+lW727mb/APB/mIsepa+OdxkNLgUSyktMn6Ma hGpzfqdX9D6wMj/wrb/ejWdR+p1zIHXWCNZGNakgg3t+KDEraBP5vcIW

Скачать книгу