Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe). Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht страница 3

Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) - Nelia Engelbrecht

Скачать книгу

Ella stoot haar brilletjie hoër op teen haar neus. “Weet wat, Sefus?”

      “Dis weer daardie voorbarige dief. Die rugbybeker het vanoggend uit die glaskas in die voorportaal verdwyn.” Hy swaai ’n vuis deur die lug. “As ek hom in die hande kry, gaan hy spyt wees. Bitter spyt, sê ek jou, Ella.”

      Ek en Krynauw duik agter die potplant in toe die hoof uit tannie Ella se kantoor kom. Toe hy om die draai verdwyn, sluip ons vinnig sieke­kamer toe.

      In die siekekamer loop Krynauw op en af. “Ek kan dit nie glo nie! Dat die dief sowaar ons rugbybeker …” Hy steek vas en frons woes. “Hy gaan boet hiervoor!”

      Ek knik. Ek was eers nie lus vir hierdie diefvangery nie, maar wat te erg is, is darem te erg! “Ons gaan hom vang én ons rugbybeker terugkry,” sê ek vasbeslote.

      3

      Toe die volgende klok lui, oortuig ons tannie Ella dat ons baie beter voel en kan teruggaan klas toe.

      Ons drafstap na meneer Lourens se Afrikaansklas.

      “Hy gaan seker vandag vir ons die onderwerpe vir ons mondeling gee,” sê ek toe ons by die klas kom.

      “Ag, nee, dit suck,” sê Krynauw en trek ’n suur gesig.

      Ek weet presies hoe hy voel. Ek háát mondeling. Laas keer was my mond so droog dat my tong aan my verhemelte vasgesit het.

      “Ons weet natuurlik al iets wat Zaanli nie weet nie,” sê Krynauw toe ons in die klas kom.

      Ek kyk na hom. “Die rugbybeker. Sy weet nog nie daarvan nie!”

      “Raait. Dis tyd dat sy agterkom ons is slimmer as hulle,” sê Krynauw.

      Meneer Lourens is nie in die klas toe ons binnestap nie. Krynauw skryf vir Zaanli ’n briefie. Voor hy dit vir haar aanstuur, gee hy dit vir my om te lees.

      Die dief was weer besig. Dié keer het hy die rekebybgur gesteel.

      Krynauw stuur die briefie vir Zaanli aan. Sy vou dit oop en lees. Dan frons sy.

      “Sy kom nie eens agter ek het ‘rugbybeker’ van agter af gespel nie,” sê Krynauw en ons begin lag.

      “Krynauw en Dieter! Staan op en vertel vir die klas wat julle so snaaks vind.”

      Ag tog, ek het nie gesien meneer Lourens staan in die deur nie. Ek staan op. “Dis … eh … ons het net vir mekaar gesê dis vreeslik dat daar ’n dief in ons skool is,” sê ek.

      “Dit gaan my verstand te bowe dat julle so ’n ongelukkige situasie hoe­genaamd lagwekkend vind,” sê meneer Lourens. “Sit!”

      Ek sak verlig op my stoel neer. Meneer Lourens gee sommer maklik strafwerk. Gewoonlik opstelle met die goorste titels waaraan jy kan dink.

      “… enige onderwerp kies, solank dit van opvoedkundige waarde is,” hoor ek meneer Lourens sê.

      Ek sug moedeloos. “Opvoedkundige waarde” klink erg boring.

      Aan die einde van die dag stoot ek en Krynauw ons fietse saam hek toe.

      “Kom vanmiddag na my toe, sodat ons planne kan maak,” sê ek.

      “Oukei, sien jou later,” groet Krynauw en klim op sy fiets.

      “Baai.”

      By die huis gaan bêre ek my fiets in die buitekamer en stap agterdeur toe. Daar is ’n vreemde bruin hopie in die middel van die sementpaadjie. Dis sowaar ’n skilpad.

      Ek gaan sit op my hurke en tik met my vinger teen die geelbruin dop. Vier pote en ’n oumenskoppie verskyn. Die skilpad kyk my met verlepte ogies aan. Hy trek sy kop weer vinnig in toe ek hom optel.

      “En dit?” vra my ma toe ek in die kombuis kom.

      “Ek het hom hier buite gekry. Ek dink hy’s honger.” Ek haal ’n paar slaaiblare uit die yskas. “Ek gaan hom agter in die ou hoenderhok sit.”

      “Ek dink nie ’n mens mag ’n skilpad sonder spesiale toestemming aanhou nie,” waarsku my ma.

      “Ek sal die hoenderhok se hekkie oophou. Dan hou ek hom mos nie aan nie. As hy wil wegloop, moet hy maar.”

      Buite maak ek die hekkie van die hoenderhok oop en stoot die skilpad binnetoe. Hy steek sy kop dadelik uit toe ek die slaaiblare voor hom neersit. Shame, die arme ding was regtig honger.

      Daardie middag toe Krynauw kom, gaan wys ek vir hom die skilpad.

      “Ons moet vir hom ’n naam gee. Iets soos Skillie,” sê Krynauw.

      “Skillie? No way. Dis boring verby.”

      Ek kyk stip na die plooigesiggie voor my. Sydney. Dit voel vir my hy’s ’n Sydney.

      “Wat van Pootjies?”

      Ek kyk moedeloos na Krynauw. Vir iemand wat ’n sielkundige vir ’n ma en ’n tandarts vir ’n pa het, is hy partykeer maar lekker dof.

      Ek staan op. “Sy naam is Sydney.”

      ’n Rukkie later sit ons elkeen met ’n glas koeldrank op my bed en praat oor hoe ons die skooldief gaan vang.

      “Miskien moet ons ’n lys maak van die goed wat die skelm sal wil steel,” sê ek.

      “Klink oukei,” sê Krynauw. “Ons kan môre ekstra vroeg skool toe gaan en ’n bietjie gaan rondkyk.” Hy leun vooroor en tel ’n rekenaaruitdruk van die bedkassie af op. “Wat is dit?”

      “My pa het vir my ’n e-mail van Hongarye af gestuur. Dis ’n foto wat hy daar geneem het.”

      “Vlieëniers is vrek gelukkig. Hulle vlieg oral rond en word nog daarvoor betaal ook.” Krynauw kyk na die foto. “Watse weird mense is dit daai?”

      “Dis sigeuners. My pa sê daar’s nog baie in Hongarye. In Joego-Slawië en Bulgarye ook.”

      Krynauw lê agteroor op die bed. Vir ’n oomblik is hy stil. Dan sit hy regop. “Ek het nou net onthou. Daar’s ’n prent van ’n sigeunervrou teen die muur van die supermark naby die skool. Madame iets …”

      Ek knik. “Madame Zenobia. Ek het dit ook gesien. My ma sê sy bly in die torinkiehuis agter die skool. Sy voorspel kastig mense se toekoms. Ek dink dis ’n groot bol tjol.”

      Krynauw kry ’n veraf uitdrukking in sy oë. “Miskien. Miskien nie.”

      “Jy glo tog nie sulke nonsens nie?”

      Krynauw haal sy skouers op. “In die flieks help hulle die polisie om moor­denaars te vang. Dalk kan dié Madame-vroumens ons help om die skool­skelm in die hande te kry.”

      Ek drink die laaste bietjie koeldrank en sit die leë glas op die bedkassie neer. “Ek sê jou, dis bollie.”

      Krynauw staan op. “Wel,

Скачать книгу