Danda op Oudeur. Chris Barnard

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Danda op Oudeur - Chris Barnard страница 4

Danda op Oudeur - Chris Barnard

Скачать книгу

kan hy vóél hoe klop sy hart hier bo in sy keel.

      “Kalkoen het vir jou gesê jy bring niemand saam nie, of hoe?”

      Danda knik.

      “Nou wat maak Tiens dan hier bo in die straat? Toe, moenie staan en stry nie – ek het gesien hoe praat julle daar bo!”

      “Maar ek het hom … Hy’t my –”

      Die man los sy pols en stoot hom vooruit. “Kom,” sê hy. “Jy kan jou storie vir Kalkoen vertel. En om jou onthalwe hoop ek jy’t ’n ordentlike storie, my maatjie. Anders weet ek nie.”

      Danda weet nie watter kant toe nie, want voor hom is vier of vyf verskillende deure. Die man stamp hom nog ’n slag vo­rentoe en stuur hom met die hand na die regterkantste deur. Die deur gaan oop en Kalkoen Viljoen staan voor hulle.

      Danda steek in sy spore vas. Want nou, in die daglig, sien hy vir die eerste keer hoe lyk Kalkoen Viljoen régtig. Hy het nie net ’n gebreklike voet en ’n krom hand en ’n haakneus en klein ogies nie – hy het ook ’n eienaardige rooi lel onder sy ken, kompleet nes ’n kalkoen s’n. Vandaar seker sy bynaam.

      Kalkoen sê niks, staan net eenkant toe sodat Danda kan binnekom, en die ander man stoot hom oor die drumpel die skemer vertrek binne. “Tiens is weg,” sê die baardman, “maar ek vertrou nie die vrede nie.”

      “Wat se stories het jy aan die konstabel staan en verkoop?” vra Kalkoen.

      “Hy’t maar net verbygeloop en toe begin hy met my gesels,” sê Danda. “Hy praat altyd met my as hy my in die straat kry.”

      “Waaroor het julle gepraat?” wil die baardman weet.

      “Stil, Luis, ek sal die vrae vra!”

      “Hy’t gevra wat soek ek, toe sê ek ek soek my kraai.”

      “Wat se kraai?”

      Luis, die baardman, gee ’n snorklaggie. “Hy’s mos die knaap wat die dieretuin aanhou.”

      Kalkoen knik.

      “Sit daar,” sê hy. “En, Luis, loop hou jy die agterwerf dop.”

      Luis gaan uit en Danda kyk in die vertrek rond. Teen een muur is daar kratte opgestapel; die mure is baie lank laas ge­verf; die vensterruite is so souterig en vol stof dat ’n mens nie buitekant toe kan sien nie; aan ’n spyker teen die binnedeur hang ’n klomp ou klere en ’n karwats, en naby die een hoek hang ’n afdruk van Hans-die-Skipper wat plek-plek deur vismotte bygekom is. Origens is daar net ’n tafeltjie en drie stoele.

      Danda gaan sit.

      “Ek is bly jy’t gekom,” sê Kalkoen. Sy groot rooi lel bewe effens as hy praat. “Is jy nou seker jy’t vir niemand hiervan gesê nie?”

      Danda knik.

      “Want as jy het, gaan jy spyt wees, gehoor!”

      “Ek het vir niemand gesê nie. Maar as ek nie vanaand by die huis is nie, gaan my pa my begin soek.”

      Kalkoen lag sy eienaardige laggie. En asof iemand hom koggel, hom probeer na-aap, kom ’n ander gelag skielik van vlak anderkant die buitedeur. Kalkoen skrik en draai om deur toe, kyk na Danda, kyk weer na die deur.

      “Toe maar,” sê Danda, “dis maar net my kraai.”

      Netnou nog was hy vies toe die kraai so ongevraag by hom opdaag, maar nou is hy ineens bly om te weet Kiki is naby. Dis ’n soort troos.

      Kalkoen loer by die buitedeur uit, maak die deur weer toe en kom nader geskuifel. Hy kom sit op ’n stoel langs Danda.

      “Jou pa het by Pontak-hulle ’n boot gekoop voorlaaste jaar, en hy’t ’n jaar gekry om die boot klaar te betaal. Is dit reg?”

      Danda knik.

      “En toe die jaar verby is, toe’s die boot nog nie klaar betaal nie.” Danda kan sy oë nie wegkry van die bewende rooi lel onder Kalkoen se ken nie. “Toe gee hulle hom nog drie maande om te betaal. Reg?”

      Danda knik.

      “En toe die drie maande verby is, toe skuld jou pa nóg. En toe vat hulle die boot by hom weg. Reg?”

      “Nee,” sê Danda. “Hulle het gesê hulle sal die boot ses maande by hom huur vir die geld wat hy nog skuld. Dan kan hy weer die boot kry.”

      Kalkoen lag, en buitekant aap Kiki hom weer na. “Wie sê vir jou so?”

      “My pa sê so. Dis hoekom hy nou in die dokke werk. Tot die ses maande verby is. Dan gaan hy weer terug see toe.”

      “Met sy boot?”

      Danda knik.

      Kalkoen sit hom ’n hele rukkie doodstil en bekyk. “Het jou pa ’n kontrak laat opstel vir hierdie huurstorie?” vra hy.

      “Hy’t my nie gesê nie.”

      Kalkoen sukkel orent en skuifel buitedeur toe. Hy maak die deur oop en loer om die kosyn. “Luis!” roep hy. “Alles nog reg?”

      Danda hoor iemand antwoord.

      “Gaan haal daardie vent en bring hom hiernatoe,” beveel Kalkoen en maak weer die deur toe. Hy kom terug na sy stoel en neurie skielik weer die vals deuntjie van die vorige aand.

      Danda sê maar niks, want dit lyk asof KalkoenViljoen voorlopig van hom vergeet het.

      Toe is daar voetstappe buite, en ná ’n rukkie gaan die deur oop. Luis loer in en staan opsy, en agter hom verskyn ’n tamaai maag. Danda kan sy oë byna nie glo nie. Hy kom vinnig orent, maar Kalkoen druk hom weer plat op sy stoel.

      “My diep vriend Danda,” sê Sarel Vetvoet en glimlag van oor tot oor. “Ek dág mos ek hoor jou kraai hier buite!”

      2

      Vetvoet kom met twee, drie lang treë nader, gryp Danda aan die bo-arms en tel hom in die lug op. Kalkoen Viljoen wil nog tussenbeide kom, maar Sarel draai net sy rug op hom, lag ’n slag diep uit sy maag en sit Danda weer netjies op sy voete neer. Hy sê niks, hou net aan lag, en ’n oomblik lank wil Danda hom verbeel die ou grote se oë blink darem vreeslik eienaardig.

      “Ek het drie Dinsdae verniet vir jou op die strand gewag,” sê Danda. “Waar was jy?”

      Vetvoet kyk na Kalkoen en Kalkoen draai om na Luis. “Toe, Visagie,” sê hy, “wat staan jy hier? Loop pas die werf op!” Die baardman knik eerbiedig en verdwyn oor die drumpel.

      “Kan ek maar praat, kameraad,” vra Sarel na Kalkoen se kant toe. Kalkoen trek sy skouers op, half traak-my-nie, en gaan sit.

      “Ek het vir hulle gesê,” sê Sarel. “Ek het gesê laat kom vir Danda. En hulle het almal gesê jy sal g’n kom nie, jy gaan kop uittrek, jy gaan nie die moed hê om alleen hier in hierdie hool te kom inkruip nie. Toe sê ek vir hulle: julle ken nog nie vir Danda nie. Ek en Danda het saam honderde kilometers deur oerwoude

Скачать книгу