Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

/p>

      Piekfyn Afrikaans

      ’n Geïntegreerde taalteks

      Graad 7

      Eerste Addisionele Taal

      Leerderboek

      Henk Viljoen, Rina Lamprecht, Marlene Bester, Nic Conradie, Valerie Mocke, Heleen Guest, Estelle Ellis

BB-NBlogo.jpg

      Voorwoord

      Liewe graad 7-leerder

      Welkom as senior in die Senior Fase!

      Begin jou graad 7-jaar op ’n hoogtepunt met dit wat Piekfyn Afrikaans Graad 7 vir jou gaan leer.

      Interessante tekste, foto’s, illustrasies en baie aktiwiteite gaan jou help om Afrikaans vinnig aan te leer en te verbeter. Hierdie jaar gaan jou vir die hoërskool volgende jaar voorberei.

      Elke module se Pitkos, In ’n neutedop en Woordeskatuitbreiding gaan jou help om die aktiwiteite maklik en reg te doen.

      Module 18 het nuttige wenke en voorbeeldvraestelle om jou vir die Junie- en November-eksamen voor te berei.

      Ruil idees uit, gesels saam en moedig mekaar aan om Afrikaans te praat!

      Die samestellers

mod1.jpg

      Begin en gesels in groepe oor atletiek. Kyk en bespreek die foto’s. Luister na ’n storie oor ’n resies tussen twee atlete, en vertel die storie aan jou maats oor.

      Die vak Afrikaans het ook reëls soos atletiek. Oefen jou spelling, uitspraak en woordsoorte (selfstandige en byvoeglike naamwoorde) en jy is ook ’n wenner!

      Skrywers kan karakters op interessante maniere aan jou bekendstel. Lees ’n kortverhaal en kyk of jy met die kenmerke en karakters saamstem.

      Lees ’n strooibiljet en skryf ’n verhalende paragraaf oor ’n sportdag. Kyk of jy ’n wenner is en sluit die module met ’n taaloefening af.

122891.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       verskillende foto’s in jou groep bespreek

       iemand in ’n toespraak aan jou maats bekendstel

       ’n luistertoets doen.

      Die vakansie is verby. Almal oefen al vir atletiek. Kyk na die volgende foto’s en gesels daaroor.

      Groepbespreking

Image578.JPG

       Vertel wat jy in elke foto sien.

       Aan watter items kan atlete deelneem?

       Wat is ’n baanitem en wat is ’n velditem?

       Wanneer wen jy in elke item?

       Watter soort reëls is daar vir baanitems?

       Neem jy aan atletiek deel? Gee ’n rede vir jou antwoord.

       Watter item is vir jou die lekkerste om na te kyk of aan deel te neem?

atlete.jpg

      Preluister

       Kyk na die prentjie:

       Wie dink jy is die twee seuns?

       Waarmee dink jy is hulle besig? Hoekom sê jy so?

       Hoe dink jy voel die twee?

       Die titel van die storie is “Die Wedloop”. Waaroor dink jy gaan die storie?

       Maak ’n lysie van dinge in die prentjie wat jou aan die titel “Die Wedloop” laat dink.

      Luistertoets

      Jou onderwyser gaan ’n gedeelte (extract) uit ’n storie, “Die Wedloop”, voorlees. Doen die volgende:

       Luister baie mooi terwyl die teks die eerste keer voorgelees word. Jy mag nie nou skryf nie.

       Lees dan die vrae in jou boek. Dit vertel jou wat belangrik is. Jy kan nou notas maak.

       Jou onderwyser gaan die teks ’n tweede keer voorlees. Maak notas.

       Beantwoord dan die vrae in jou werkboek. Jy kan jou notas gebruik as jy die vrae beantwoord.

       Lees die volgende woordverklarings saam met jou maat deur en bespreek dit.

119294.png

      droog hardloop – weghardloop

      hoendervleis – om bang te wees

      my geld is op jou – ek glo in jou/ek weet jy gaan wen

      om jou lyf vet te smeer – hier bedoel hy: Is jy reg vir vinnig hardloop?

      op die lyn gaan sak – voor die wegspringlyn in die wegspringposisie gaan staan of kniel

      verhoed – keer dat iets gebeur

      vrees – baie bang wees

      wedloop – resies

      Postluister

       Beantwoord die volgende vrae op jou eie in jou werkboek.

      Vrae oor die inhoud

      1. Aan watter sportsoort neem Salmon deel? (1)

      2.Wie glo dat Salmon die resies (race ) sal wen? (1)

      3. Vir hoe lank is Salmon al vir hierdie resies bang? (1)

      4. Vir wie is Salmon bang? Skryf sy naam en van neer. (1)

      Maak afleidings

      5. Kies die regte antwoord. (1)

      Die woorde: “Het jy jou lyf vet gesmeer?” beteken . . .

      a. sy lyf blink van die vet.

      b. hy is reg vir vinnig hardloop.

      c. hy hardloop weg.

      d. hy is baie vet.

      6.Is die volgende waar of onwaar ? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Скачать книгу