Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 4

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

jy presteer.

      7. Lees die teks in die eerste kolom en voer dan die opdrag in kolom twee uit.

Mathhews Batswadi a) was/is ’n b) SA-atleet en is in c) 1949 naby Vryburg in Noord-Kaap gebore. Hy was die d) 1ste swart atleet e) vir wie/aan wie Springbokkleure toegeken is.f) Batswadi ontvang in 1977 Springbokkleure.Batswadi het nege g) titles/tietels/titels tussen 1975 en 1980 gewen. h) Hy getree het in 1986 atletiek uit.a.Kies die regte woord .b.Skryf voluit .c.Skryf volledig in woorde uit.d.Skryf volledig uit.e.Kies die regte woord .f.Skryf in die verlede tyd .g.Kies die regte spelling .h.Skryf in die regte woordorde .
123469.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       verskillende leesstrategieë gebruik

       tekskenmerke van ’n boek verken

       ’n kortverhaal lees.

      Prelees

      Hoe goed ken jy ’n boek se kenmerke (features)? Gesels met jou maat oor die volgende:

       Kyk na die Leerderboek se buiteblad:Waar word die titel geskryf?Hoe trek die titel jou aandag?

       Gaan na die titelblad:Vertel wat alles op hierdie titelbladsy staan.

       Blaai na die indeks agter in die boek.Wat is die doel (purpose) van die indeks?

       Blaai nou na die inhoudsopgawe voor in die boek.Uit hoeveel modules bestaan die Leerderboek?Dink jy die inhoudsopgawe kan jou help om iets op te soek? Vertel vir mekaar hoe.

      Atlete moet goed vir ’n wedloop voorberei. Dit is ook belangrik dat jy weet hoe om ’n teks reg te lees. In Pitkos word verskillende maniere van lees bespreek.

123539.png

      Vluglees

       Lees die titel en besluit wat dit vir jou sê.

       Die tegniek van vluglees beteken dat jy net die eerste en die laaste paragraaf heeltemal lees.

       Lees daarna net die eerste sin van elke paragraaf.

       Kyk dan of jy kan sê oor Wie en Wat die artikel handel en of dit vir jou iets vertel van die Waar, Wanneer en Waarom.

       Lees die stuk dan van die begin tot die einde deur en jy sal baie meer daarvan verstaan en onthou.

      Aandagtige lees is wanneer die teks deeglik gelees word om die inhoud te verstaan, sodat jy dit vir iemand anders kan vertel en vrae daaroor kan beantwoord.

      Vluglees die storie “Voorloper” en beantwoord die volgende vrae.

      1. Waaroor dink jy gaan die storie as jy die titel “Voorloper” lees?

      2. Wie is die skrywer van die storie?

      3. Lees die eerste paragraaf:

      a. Wie praat in hierdie paragraaf?

      b. Waarmee is hulle besig?

      c. In watter graad is hy?

      4. Lees die laaste paragraaf:

      a. Hoe voel jy as jy hierdie sin lees? Gee ’n rede vir jou antwoord.

      b. Wat beteken die sin?

      Wanneer ʼn mens ʼn teks aandagtig lees, of na iemand luister, is daar altyd direkte inligting wat gegee word en inligting wat ʼn mens self moet aflei. Jou onderwyser gaan vertel hoe jy afleidings kan maak.

      Tydens lees

      Jou onderwyser gaan die storie “Voorloper” aan die klas voorlees. Lees aandagtig saam en beantwoord die res van die vrae.

      Voorloper

Matthews.jpg

      1“Die één wat vandag moeilikheid maak (cause trouble), kry pouse met my te doen! Ek’t nie lus om die hele periode om die veld te draf nie,” waarsku Ruan stomend. Hy haat dit om, soos hy dit stel, “soos ’n gek” om die atletiekbaan te hardloop. Die graad 7C’s sukkel voort.

      2“Ek help jou!” roep Dewald hortend.

      3“Wat laat jou dink ek’t jóú hulp nodig?” kap hy. “Dit lyk in elk geval nie asof jy dit gaan oorleef nie, jou gesig is so rooi soos ’n tamatie.”

      4Die ander lag. Slegs op een gesig is daar tekens van lekkerkry.

      5“As julle manne wil gesels, kan ons nog ’n paar rondtes byvoeg?” skreeu die onderwyser, Meneer Retief, van die kantlyn af.

      6“Ek vat sommer vir ou Dik Daan ook pouse vas,” mompel Ruan en gedempte snorke en loerende oë ontsnap uit die groep.

      7Daan Retief steur hom vandag nie aan hulle nie. Sy oë is op die nuwe outjie wat ’n ent voor die groep hardloop. Hy blaas vinnig en hard op sy fluitjie. Die seuns storm soos besetenes.

      8“Prrrrt,” blaas hy weer en hulle draf weer.

      9Hy herhaal die oefening ’n paar maal. Dit lyk nie asof die nuwe seun dit eers voel nie.

      10Hy hardloop steeds met gemaklike pas en bene van staal.

      11“Tweet!”

      12Al klaend nael hulle en kyk vraend om toe hy oudergewoonte nie dadelik weer blaas nie. Slegs enkeles neem die uitdaging aan, met die nuwe seun ver vooruit.

      13“Wat is jou naam nou weer?” vra hy toe hulle van die veld af kom.

      14“Matthews, Meneer.”

      15“Is jy familie van Matthews Batswadi?”

      16“Meneer?” die oë is poele vol vraagtekens.

      17“Ek sal later verduidelik. Kom sien my na skool, ek wil jou inskryf vir die SA-skole se landloopkampioenskappe in Maart in Durban.”

      18Die vraagtekens blom stralend.

      (Jax Pretorius. 2012. Ongepubliseer)

      Die volgende woordverklarings kan jou help om die storie beter te verstaan.

121081.png

      besetenes – kranksinnige/mal mense

      enkeles – net ’n paar

      gedempte – sagte

      gemaklike pas – hardloop sonder om te sukkel

      hortend – met rukke, ongelyk, stamp-stamp

      klaend – kla die hele tyd

      loerende

Скачать книгу