Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 6

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

alt="123565.png"/>

      Strooibiljet

      Die doel van ’n strooibiljet is om iemand te oorreed om iets te doen, byvoorbeeld om die kankervereniging te ondersteun.

      Onthou die volgende:

       Die opskrif/leuse/logo moet aandag trek.

       Beskryf die produk kortliks. Die teks moet maklik lees.

       Maak ’n lys van die voordele wat aangebied word.

       Gee kontakbesonderhede soos ’n telefoonnommer, webwerf en ’n e-pos.

       Gebruik verskillende lettertipes, kleure, illustrasies, ens.

       Praat direk met die leser.

      Gesels met ’n maat

       Gebruik die wenke in Pitkos en gesels oor die volgende strooibiljet:

C:\Users\hendrikviljoen\AppData\Local\Microsoft\Windows\Temporary Internet Files\Content.Word\Strooibiljet.jpg

      1.Wat is die doel van hierdie strooibiljet?

      2.Die opskrif moet die leser se aandag kan trek.

      a. Hoe verskil die lettertipe van die opskrif van die lettertipes van die res van die strooibiljet?

      b. Hou julle van die manier waarop die ander letters en kleure gebruik is? Hoekom?/Hoekom nie?

      3.Prente kan ook die leser se aandag trek.

      a. Watter ooreenkoms is daar tussen die opskrif en die tekeninge?

      b. Hoekom dink julle is die persone se bolywe aan die bokant van die strooibiljet afgesny?

      4. Hoe voel julle as julle die woord “slegs” in die sin “Toegang slegs R10” lees? Hoekom voel julle so?

      Leesbegrip

       Beantwoord die volgende vrae op jou eie in jou werkboek.

      5. By watter skool is die atletiekbyeenkoms? (1)

      6. Noem twee maniere hoe jy meer inligting kan kry. (2)

      7. Hoeveel verskillende items vind op hierdie dag plaas? Skryf net die getal neer. (1)

      8.Skryf ’n woord uit die strooibiljet wat dieselfde as elke jaar beteken. (1)

      9. Die atletiekbyeenkoms maak die aand agtuur klaar.

      a.Is hierdie stelling waar of onwaar ? (1)

      b. Skryf ’n gedeelte uit die strooibiljet om jou antwoord te bewys. (1)

      10. Kies die korrekte antwoord. (1)

      Die woorde “Almal welkom!” in die groot oranje voetafdruk wil vir die leser sê dat . . .

      a. slegs atlete die byeenkoms kan bywoon.

      b. slegs die persone in die illustrasie by die byeenkoms is.

      c. enige persoon die byeenkoms kan bywoon.

      11. Wie dink jy is Estelle de Bruyn? (1)

      12. Sal jy die atletiekbyeenkoms bywoon? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

      Totaal: 10 punte

      Formele assessering: Jou onderwyser kan jou antwoorde formeel vir Taak 3 in kwartaal 1 assesseer.

      Skryf ’n verhalende paragraaf

      Jy het die atletiekbyeenkoms bygewoon en daar het ’n paar interessante dinge gebeur. Skryf ’n verhalende paragraaf waarin jy in storievorm vertel wat met jou gebeur het. Jou paragraaf moet . . .

       ongeveer 100 tot 110 woorde wees.

       ongeveer 7 tot 9 sinne wees.

       ’n goeie opskrif hê.

       voegwoorde hê.

       in die verlede tyd geskryf word.

      Prosesskryf se verskillende stappe kan jou met jou beplanning help:

PreskryfBesluit op die doel, teikengroep en inhoud.Dink na oor die onderwerp. Skryf jou idees oor in die vorm van ’n kopkaart.Wat is die kenmerke van die teks wat jy moet skryf?Doen navorsing oor die onderwerp as dit nodig is.
BeplanWat is die hoofgedagtes wat jy wil skryf en wat is inligting wat saam met die hoofgedagtes hoort?Rangskik jou hoofgedagtes in volgorde.
Eerste probeerslagKies gepaste woorde wat by jou onderwerp pas.Organiseer jou idees.Lees jou skryfwerk deur.Gee dit vir jou maat om deur te gaan.
Hersien, redigeer, proeflees en bied aanBesluit watter van jou maats se idees jy wil gebruik.Verbeter jou woordkeuse en maak seker dat jou spelling reg is.Sorg dat jou sinne kort is en maklik lees. Let op dat jy kommas en punte reg gebruik.Lees dit weer ’n keer deur.Skryf dit finaal oor.

      Formele assessering: Jou onderwyser kan jou verhalende paragraaf formeel vir Taak 2 in kwartaal 1 assesseer.

123981.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       taalkennis toepas.

      Taal in konteks

      1. Lees die teks in die eerste kolom en voer dan die opdrag in die tweede kolom uit.

Mbulani Mulaudzi, Suid-Afrika se a) iemand wat die beste in die wêreld is oor b) 800 m, het hom c) as gevolg van ’n klein d) ongeluk e) uit/aan die SA-span na die Statebondspele in Indië f) onttrek/vertrek/getrek.a.Skryf een woord vir die omskrywing.b.Skryf volledig in woorde uit.c.Skryf die regte afkorting .d.Skryf in die verkleining .e.Kies die regte voorsetsel .f.Gebruik die woordeboekuittreksel en kies die regte woord : (6)getrek: Trek van een plek na die volgendeonttrek: Wil nie meer deel wees nievertrek: Kamer, lokaal. Om pad te gee/te ry

      2.Kies die regte spelling tussen hakies. (4)

      a. Die (veld/velt) se gras is netjies gesny.

      b. Die aflosatleet het die (stokie/stokkie) laat val.

      c. ’n Lastige (flieg/vlieg) draai om die atleet.

      d. Die (atleete/atlete) moet goed opwarm voor die resies.

      3.Verdeel die skuinsgedrukte woorde in lettergrepe . Skryf of die lettergrepe oop of geslote is. (2)

      a.Die laerskool is die naaste.

      b.Mbulani geniet wedlope .

      4.Skryf die regte vorm van die skuinsgedrukte woorde neer. (5)

      a.Nie al die atleet is fiks nie, hulle is onfiks deelnemers.

      b.Hoe

Скачать книгу