Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 5

Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

vinnig

      oudergewoonte – soos jou gewoonte altyd was

      poel – vlak plas water

      snorke – wanneer die asem skielik deur die neus geforseer word, en veroorsaak gewoonlik ’n geluid – wys dat ’n mens vies/kwaad is

      stomend – warm en hy hyg na sy asem

      stralend – straal soos ’n lig/is baie vriendelik

      strompel – hardloop op bene wat bewe en moeg is

      uitdaging (challenge) – ’n toets om te sien wat jy kan doen

      5. Kies die korrekte antwoord.

      Die woord “hortend” in paragraaf 2 beteken dat die seuns . . .

      a. nie ’n stem het nie.

      b. baie honger is.

      c. uitasem is van die baie oefening.

      6. Die onderwyser se bynaam is Dik Daan. Wat kan ons daaruit aflei?

      7. Wat word met die vergelyking in paragraaf 7 bedoel?

      8. Voltooi die volgende sin. Die metafoor in paragraaf 10, “. . . bene van staal”, beteken . . .

      9. Skryf beskrywende woorde uit die verhaal vir die volgende neer.

      Matthews het nie ’n idee waarvan die onderwyser praat nie. (paragraaf 16)

      Gebruik die volgende wenke oor soeklees om vrae 10-15 te beantwoord.

123558.png

      Hoe om te soeklees

       As jy soeklees, beweeg jou oë vinnig oor ’n bladsy of lys op soek na spesifieke inligting.

       Soeklees help jou om feite, datums, name of woorde in ’n teks vinnig op te spoor sonder om die teks te probeer lees of die res van die teks te verstaan.

      10. In watter graad 7-klas is Ruan?

      11. Skryf die vergelyking neer wat die seun se gesig in paragraaf 3 beskryf.

      12. Wat is die onderwyser se van?

      13.“Klanknabootsing” is wanneer ’n geluid deur woorde nagemaak word, byvoorbeeld: ’n Kat miaau . Skryf die twee woorde neer wat die fluitjie se geluid beskryf.

      14. Wanneer is die SA-skole se landloopkampioenskappe?

      15. In watter stad vind hierdie kampioenskappe plaas?

      Lees saam met ’n maat.

      Lees die verhaal hardop saam met jou maat deur. As julle die eerste keer sukkel om dit vlot te lees, probeer weer totdat julle dit foutloos en vloeiend kan lees.

123668.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       die kenmerke van ’n kortverhaal ondersoek

       vrae oor ’n kortverhaal beantwoord.

      Jy het nou al die verhaal “Voorloper” gelees. Lees eers In ’n neutedop om meer uit te vind van karakters.

123208.png

      Karakters

      Karakters is die persone in ’n verhaal. Party is belangriker as ander. Die hoofkarakters is die belangrikste mense in die storie.

      Karakterisering

      Wanneer jy iemand leer ken, besluit jy of jy van die persoon hou of nie. Dit werk dieselfde in ’n storie. Hoe leer jy ’n karakter ken in ’n storie? Deur wat hy sê, wat hy doen, wat ander van hom sê en hoe die verteller hom beskryf. Ons noem dit karakterisering.

      Lees die storie weer aandagtig op jou eie deur.

      Beantwoord die volgende vrae.

Afrigter.jpg

      1.Karakters is die mense wat in ’n verhaal optree.

      a.Skryf die name neer van die belangrikste karakters (most important characters ) in “Voorloper”.

      b. Watter karakter is die hoofkarakter (die belangrikste)? Hoekom sê jy so?

      c. Die titel “Voorloper” beskryf eintlik een van die karakters. Watter karakter is dit?

      2.Karakterisering is die maniere (the ways ) wat ’n skrywer gebruik sodat die leser die karakters in ’n storie kan leer ken. Teken die volgende tabel in jou boek oor en gee voorbeelde uit die storie van hoe jy die karakters leer ken het. Sekere antwoorde is vir jou ingevul.

RuanMnr. Daan Retief
Karakter se optrede (handeling)Is moeg gehardloop. (par 1.)
Dink nie veel van die afrigter nie. (par. 6)
Wat kan ons aflei uit wat die karakter sê?Hy is baasspelerig. (par. 1)
Wat sê die verteller van hom?Hy hou nie van hardloop nie: “Hy haat dit om . . . om die atletiekbaan te hardloop.”

      3.’n Skrywer kan ook beeldspraak soos metafore, vergelykings en personifikasie gebruik om karakters te beskryf. Kies die voorbeeld in kolom B wat by die tipe beeldspraak in kolom A pas.

Kolom ABeeldspraakKolom BVoorbeeld
a. vergelykingb. metafoorpar. 18: “Die vraagtekens blom stralend.”par 3: “Rooi soos ’n tamatie”

      4.Lees weer die vorige vrae en antwoorde. Gebruik hierdie inligting om die storie op te som. Maak gebruik van die volgende raam. Jou opsomming moet ongeveer 40 tot 50 woorde lank wees.

       Die verhaal speel af . . .

       Die gebeure wat plaasvind, is die volgende: . . .

       Die belangrikste karakters is . . . omdat . . .

       Die een karakter is . . . en hy . . . (bespreek al die belangrikste karakters op hierdie manier).

      5. Kies een van die karakters en vertel vir jou maat hoe jy dink die persoon lyk. Teken hom in jou boek of soek ’n prent van ’n persoon wat soos hy lyk en plak dit in jou boek.

123833.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       na ’n strooibiljet kyk en daaroor gesels

       vrae oor die strooibiljet beantwoord

       ’n beskrywende paragraaf skryf.

      Atletiekbyeenkomste moet geadverteer word. Lees meer oor ’n strooibiljet in Pitkos.

Скачать книгу