Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 27

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

soos volg wanneer jy jou paragrawe beplan, redigeer en as finale produk aanbied.

      Stap 1

       Watter tipe paragraaf gaan jy skryf? Aaneenskakelend of teenstellend?

       Kies nou twee hoofargumente. Elke argument vorm een paragraaf. Skryf nou langs elke hoofargument ondersteunende gedagtes of voorbeelde neer wat jou hoofargument ondersteun. Hierdie ondersteunende gedagtes van elke paragraaf gaan die sinne in jou paragraaf vorm wat die kernsin ondersteun.

       As al jou gedagtes georganiseer is, kan jy jou paragrawe rofwerk begin skryf.

       Sorg dat jou eerste sin die hoofgedagte bevat en vir die leser presies sê waaroor jy skryf. Die ander sinne moet hierdie hoofgedagte ondersteun en daarop uitbrei.

       Maak seker die eerste sin van die tweede paragraaf skakel met die vorige paragraaf. Hierdie sin moet die hoofsin van die tweede paragraaf wees. Die ander sinne moet hierdie hoofgedagte ondersteun.

       Lees jou paragrawe deeglik deur en maak al jou foute reg. Skryf oor indien nodig.

      Stap 2

       Skryf jou paragrawe nou volledig oor en gee jou werk vir jou maat sodat hy/sy dit vir jou kan redigeer en assesseer.

      Stap 3

       Skryf nou die paragrawe netjies oor. Sorg dat jy die opskrif en datum boaan skryf en dat jy al die foute wat jou maat vir jou gewys het, reggemaak het. Handig dit in sodat jou onderwyser dit formeel kan assesseer.

star.png

      Daaglikse assessering

      Skep jou eie kontrolelys om jou maat se paragrawe in stap 2 deur te gaan.

19760.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n verslag en vriendskaplike brief skryf

       die stappe van prosesskryf volg.

      Pitkos verduidelik hoe ’n verslag benader en geskryf moet word. Lees dit aandagtig deur voordat jy die opdrag uitvoer.

      Pitkos

      ’n Verslag word aan die einde van ’n gebeurtenis soos ’n ondersoek of ’n bespreking, geskryf.

      Die doel van ’n verslag is dat ander mense presies kan weet wat bespreek is en wat die uiteindelike slotsom van die bespreking was. Wanneer ’n joernalis in ’n koerant skryf oor iets wat gebeur het, doen hy verslag en ons noem hom ’n verslaggewer. Jou rapport wat jy aan die einde van die kwartaal kry, is ook ’n verslag van die werk wat jy gedoen het.

      In die sakewêreld word baie verslae geskryf. Aan die einde van ’n finansiële jaar moet elke maatskappy verslag aan sy aandeelhouers doen oor die suksesse en mislukkings van die maatskappy gedurende die jaar. Dit vertel dan sonder emosie of oordeel presies wat gebeur het.

      Wanneer jy ’n verslag skryf moet dit die volgende kenmerke hê:

       Dit moet baie kort en saaklik wees en nie woorde soos “ek” of “ons” gebruik nie.

       Beantwoord die vrae: wie? wat? wanneer? waar? waarom/hoe?

       Die titel moet presies sê watter verslag dit is.

       Jou teikengroep is volwassenes/jou onderwyser en daarom moet jou taal meer formeel wees.

       Die inleidende paragraaf moet verduidelik wat gebeur het.

       Die slotparagraaf moet alles mooi opsom en ’n gevolgtrekking maak.

      Verryking: Skryf ’n verslag.

      Maak gebruik van jou aantekeninge wat jy gedurende die paneelbespreking in Aktiwiteit 4 gemaak het en skryf ’n verslag oor die bespreking. Onthou die volgende:

       Die doel van jou verslag is om inligting oor die bespreking te verskaf.

       Jou teikengroep is jou onderwyser.

       Jy kan van subopskrifte gebruik maak.

       Jou verslag moet 120-140 woorde lank wees.

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf: beplan eers, skryf jou konsep, redigeer dit self en gee dit dan aan jou maat om te redigeer, herskryf dit en bied dit vir jou onderwyser aan.

      Skryf ’n vriendskaplike brief.

      In Module 11, Aktiwiteit 2 word die vriendskaplike brief bespreek. Daar is ook ’n voorbeeld van die uitleg van so ’n brief. Bestudeer dit goed en skryf dan jou eie vriendskaplike brief oor die volgende:

      Jy en jou ouers het in julle motor of ’n taxi gery toe die motoris voor julle skielik iets doms gedoen het. Skryf ’n brief aan jou vriend/vriendin waarin jy vertel wat verder gebeur het. Maak gebruik van die stappe van prosesskryf. Jou onderwyser gaan dit formeel assesseer. Lengte van jou brief: 120-140 woorde.

      Neem die volgende in ag:

       Gebruik informele taal, maar hou dit suiwer en sonder foute.

       Maak effektief van leestekens gebruik.

       Jou beskrywings moet in eenvoudige taal wees.

       Vertel die gebeure in logiese volgorde.

       Jou brief moet ’n inleiding, ’n liggaam van 2-3 paragrawe en ’n slot hê.

star.png

      Formele assessering

      Jou onderwyser gaan ’n rubriek gebruik om jou brief te assesseer.

20047.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n volksverhaal in jou Leesboek prelees

       die verhaal aandagtig deurlees

       karaktereienskappe ontleed.

      Prelees saam met ’n maat.

       Wat beteken dit om vreedsaam te wees?

       Hoe

Скачать книгу