Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 23

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

die woorde lang of kort klanke? Gee voorbeelde.

       Watter atmosfeer/stemming word deur die klanke geskep, m.a.w. hoe voel jy terwyl jy na hierdie gedig luister?

       “Genaak” beteken nader kom. Wie dink jy kom nader as die dogtertjie sê: “Nag, Pappie”?

      Lees nou die gedig saam met jou onderwyser en beantwoord die vrae wat daarna gestel is.

      Slaap

      D.F. Malherbe

Pa_en_dogter.psd

      1 Wat is die slaap ’n wondersoete ding!

      2 Sag op haar bloue oë daal die vaak

      3 soos maneskyn diep waterkuile raak

      4 om daar te droom in silwer skemering.

      5 Vir laas beef oor haar lippe ’n fluistering:

      6 “Nag, Pappie.” Ek merk hoe langsaam hy genaak,

      7 wat drome soet tot werklikhede maak:

      8 in vaderarms rus my lieweling.

      9 Sluit so my oë, God, wanneer vir my

      10 u Engel wenk ter laaste, lange rus

      11 en ek van wilde woeling hier moet skei;

      12 dat my dan stille drome huis toe sus

      13 en sterke Hand deur duisternisse lei.

      14 Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.

      (Uit: Groot Verseboek. Tafelberg. 2000)

15147.jpg

      Woordverklarings

      duisternis: donkerheid

      genaak: nader kom

      lieweling: liefling

      sus: om iemand aan die slaap te wieg

      ter laaste lange rus: vir die laaste lang rus (dood)

      wenk: wink, nader roep

      Beantwoord die vrae.

      1. Wie is die twee karakters in die gedig?

      2. Wie is aan die woord in die gedig (is die spreker in die gedig)?

      3. In versreël 1 klink dit asof die spreker opgewonde is.

      a. Watter leesteken gebruik die digter om hierdie opgewondenheid te beklemtoon?

      b. Waaroor is die spreker opgewonde?

      c. Watter woord in versreël 1 beklemtoon die opgewondenheid?

      4. In versreël 2 tot 4 word ’n vergelyking gebruik.

      a. Skryf die vergelyking neer.

      b. Watter twee sake word met mekaar vergelyk?

      c. Hoe help hierdie vergelyking om die stemming (atmosfeer) van die gedig uit te beeld?

      5. Uit watter woorde kan ons aflei dat die dogtertjie nou op haar pappa se skoot aan die slaap raak?

      6. Vanaf versreël 9 praat die spreker met God. Wat vra die spreker van God?

      7. Die woorde “wilde woeling” (r. 11) vorm ’n kontras met twee ander woorde wat in die laaste vier versreëls staan. Skryf hulle neer.

      8. Wat, dink jy, is die boodskap (tema) van hierdie gedig?

      9. Dit is duidelik dat die twee gedigte van mekaar verskil. Vergelyk die twee gedigte met mekaar en voltooi die volgende tabel.

Aspekte“Slaap”“Die gewigopteller”
Aantal reëls in die gedig
Aantal strofes in gedig
Rympatroon in gedig
Naam van die rympatroon
Voorbeelde van alliterasie
Klanke (lang en kort klanke)
Stemming wat in gedig uitgebeeld word

      Hardoplees

      Pitkos

      Hardoplees

      Wanneer jy voor mense hardoplees, moet jy die volgende onthou. (Blaai ook terug na Module 1 vir wenke oor hardoplees.)

       Berei deeglik voor sodat jy die gedig vlot kan lees.

       Omdat jy reeds hierdie twee gedigte verstaan, is dit belangrik dat jy die stemming met jou stem en leestempo oordra.

       Staan gemaklik en hou die boek op so ’n hoogte dat jou stem en gesig nie deur die boek weggesteek word nie.

leeskring.psd

      Voorbereide hardoplees

       Berei die twee gedigte wat bespreek is deeglik by die huis voor sodat jy dit vir formele assessering vertolkend aan die klas kan voorlees.

       Jy kan ook ’n ander gedig kies waarvan jy hou en dit voorlees. Dit is baie belangrik dat die stemming wat in die gedig heers met jou voorlesing oorgedra word.

       Bring ’n afskrif van die gedig wat jy voorlees saam sodat jou onderwyser kan volg terwyl jy lees.

star.png

      Formele assessering

      Jou onderwyser gaan jou hardoplees formeel assesseer.

19263.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       die doel, teikengroep en inhoud van die teks ondersoek

       hoofgedagtes identifiseer en verduidelik hoe besonderhede dit ondersteun

       hoofwerkwoorde, hulpwerkwoorde, koppelwerkwoorde, voegwoorde en deelwoorde herken en gebruik

       oplet na woordorde

       tydsvorme gebruik.

      In

Скачать книгу