Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 21

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

onderwyser kan jou rolspel en dialoog formeel assesseer.

27422.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n eenbedryf in die groep rollees

       ’n toneel skryf

       mekaar se eenbedrywe lees

       ’n toneel rolspeel

       ’n gedig lees en tersefdertyd jou leesspoed verbeter.

      Rollees ’n eenbedryf.

      Rollees die toneel “Yslik baie oeslak” deur De Waal Venter, wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn, in julle groepe. Een van die groeplede moet die toneelaanwysings (dele in skuinsdruk) lees sodat julle die toneel kan visualiseer. Beantwoord dan die vrae.

      Skryf ’n toneel en voer dit op.

      Mongmoennet kom van die planeet Skosju. Skryf nou ’n toneel oor gebeure wat op Skosju afgespeel het net vóór Mong na die aarde vertrek het of net ná Mong die oeslak gekry en na Skosju teruggeneem het. Onthou om op die volgende te let:

       Jy moet vooraf die karakters en die toneel beskryf.

       Let op hoe die toneel geskryf word: waar die karakters se name staan, en hoe die toneelaanwysings aangedui word.

       Die toneel moet ten minste 1 bladsy lank wees. Dit kan langer ook wees.

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf.

      Elke groep kom bymekaar en lees mekaar se eenbedrywe. Besluit wie se toneel die interessantste is en rolspeel dit aan die klas.

      Geniet ’n gedig.

      Lees die gedig “Die spook” deur Johan Bekker op bladsy 68 in die Piekfyn Afrikaans Leesboek en beantwoord die vrae.

      Verbeter jou leesspoed.

      Julle moet deur middel van herhaalde lees julle leesspoed probeer verbeter. Maats werk saam. Elkeen kry ’n beurt om die gedig te lees, terwyl jou maat kyk hoe lank dit jou neem. Herhaal dit en kyk of jou leesspoed verbeter het. Ruil om en laat jou maat weer lees terwyl jy sy/haar leesspoed meet.

module_header4.jpg

      Almal streef daarna om fiks te wees, veilig te voel en uiteindelik ’n vreedsame bestaan te voer. Om fiks en gesond te wees, moet jy oefen en reg eet. Deel van veilig wees is byvoorbeeld om uit die pad van aankomende verkeer te bly. Daarvoor moet jou brein flink wees en moet jy genoeg slaap kry. Maar hoe gemaak as jy vreedsaam wil wees?

      Ons begin die module met ’n luisterbegrip en twee gedigte wat baie uiteenlopend is. Jy kry ook die kans om ’n gedig vir hardoplees voor te berei.

      Jy kry heelwat kans om te praat: in groepbesprekings en ook ’n paneelbespreking. Hierdie inligting gaan jy gebruik om twee aaneenskakelende paragrawe te skryf.

      Wat taalstrukture en -konvensies betref, bekyk ons die werkwoord in al sy fasette, die deelwoord en die voegwoord.

      “Vreedsaam” is somtyds oëverblindery. Jy ontleed die karaktereienskappe van Hlaulu in die volksverhaal “Hlaulu en die bosdier” wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn. Geniet die module!

20302.jpg 18721.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       na ’n koerantberig luister en vrae daaroor beantwoord.

      Luisterbegrip

      Bestudeer die onderstaande vrae voordat jou onderwyser die teks aan julle voorlees.

      Let op na die volgende:

       Die luisterteks word een keer aan die klas voorgelees sodat jy ’n geheelbeeld van die inhoud kan kry. Jy mag geen aantekeninge maak nie.

       Daarna gaan die onderwyser die vrae saam met die klas deurlees. Die vrae gaan jou help om vas te stel wat belangrik is, sodat jy weet waarna jy moet oplet as die luisterteks vir ’n tweede maal voorgelees word. Jy mag nog steeds geen aantekeninge maak nie.

       Wanneer die onderwyser die luisterteks vir ’n tweede maal voorlees, mag jy aantekeninge op ’n aparte stuk papier maak.

       Hierna moet jy die vrae skriftelik beantwoord. Dit sal deur jou onderwyser geassesseer word.

      Vrae

      1. Watter twee lande het die grootste persentasie vet mense ter wêreld? (2)

      2. Noem drie siektes wat onaktiewe kinders later as volwassenes kan ontwikkel. (3)

      3. Watter afleidings kan ’n mens maak uit die feit dat Suid-Afrika die derde grootste persentasie oorgewig mense ter wêreld het? (1)

      4. Prof. Monyeki maak ’n stelling: “Dit is noodsaaklik om kinders van jongs af fisiek aktief te kry.” Hoekom is dit nodig? Sê dit in jou eie woorde. (2)

      5. Wat is die doel van hierdie navorsing? (2)

      6. In watter jaar behoort hierdie navorsingsprojek voltooi te wees? (1)

      7. Hoe dink jý kan ’n mens kinders inspireer om meer aktief te wees? (2)

      8. Watter raad dink jy sal prof. Monyeki aan ’n 14-jarige gee? (1)

      9. Stem jy saam met prof. Monyeki dat kinders aangemoedig moet word om meer aktief te wees? Hoekom?/Hoekom nie? (1)

      Totaal: 15 punte

18999.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       gedigte lees en vergelyk

      Net soos ’n volksverhaal en ’n onderhoud, het gedigte bepaalde kenmerke. Daar is verskillende soorte gedigte – elk met sy unieke styl. Jy het ook al geleer van rym en ritme wat ’n digter gebruik om sy boodskap of gevoel oor te dra.

      Lees In ’n neutedop en kyk wat ’n digter nog kan gebruik om sy woorde vir ons in te kleur en ’n boodskap oor te dra.

15519.png

Скачать книгу