Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 16

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

polisie wou geen verdere kommentaar lewer op die inligting wat bekend gemaak is nie, aangesien dit die ondersoek in die wiele kan ry.

      Beantwoord die vrae.

      1. In die naam van die koerant is ’n woord wat dalk ontrond kan word as ’n mens dit verkeerd uitspreek.

      a. Skryf die woord en sy ontronde vorm neer. Is daar ’n verskil in betekenis tussen die twee woorde? (1)

      b. Maak ’n sin met die ontronde woord om die verskil in betekenis uit te wys. (1)

      2. Verdeel die woord “vroeër” in grepe soos jy dit aan die einde van ’n sin sal opbreek. (1)

      3. Verdeel die woord “belangstelling” in grepe soos jy dit sal uitspreek. (1)

      4. In die opskrif van die koerantberig is twee woorde wat elk ’n diftong het. Skryf die woorde neer en onderstreep die diftonge. (2)

      5. Die woord “belangstelling” het twee basisvorme. Skryf hulle neer. (1)

      6. Kies die regte antwoord. Die woord “moordsaak” is ’n voorbeeld van ’n . . .

      a. afleiding

      b. samestelling (1)

      7. Skryf voorbeelde van die volgende selfstandige naamwoorde uit die koerantartikel neer.

      a. Een eienaam (par. 1)

      b. Een soortnaam (par. 2) (2)

      8. Skryf die korrekte vorm van die skuinsgedrukte woorde neer. (12)

      Dit is a) baie bekend dat Dorothy Hendricks ’n klein b) vrou was. Haar skraal en klein c) liggaam is teen die heel d) verder (oortreffende trap) en e) klein (oortreffende trap) berghang gevind.

      Jy f) moet/moed eers oor ’n klein g) heining klim en dan in die skadu van die rotse loop om by haar uit te kom.

      ’n h) Swerm/Skare bye het naby nes gemaak.

      Die i) goud eetgerei is glo met klein j) diamant versier en was k) groot + deel met stof bedek. Hulle is van l) kan nie skat nie waarde.

      9. Vorm nuwe woorde van die volgende woorde sodat hulle in die sin pas:

      a. As jy ’n lid van ons sportklub wil bly, moet jy jou lidmaatskap (nuut). (1)

      b. Dorothy was ’n (kop) persoon wat nie na goeie raad wou luister nie. (1)

      c. Deesdae kry Kleinboord baie (besoek). (1)

      d. Daar het ’n (navors) gekom wat die briewe wil lees. (1)

      e. Dorothy het (sy) vervies vir al die gekonkel wat rondom haar plaasgevind het. (1)

      f. Dit was ’n vreemde (gebeur). (1)

      g. Die pad na die grot is vol sand en daarom baie (stof). (1)

      10. Verduidelik wat met die uitdrukking in die slotsin bedoel word. (1)

      Totaal: 30 punte

26471.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n volksverhaal lees

       leesbegripstrategieë toepas

       vrae oor taalstrukture en -konvensies beantwoord.

      Jy het al in graad 6 volksverhale gelees. In hierdie aktiwiteit gaan jy ’n interessante volksverhaal lees van ’n keiser wat gedink het dat hy die slimste mens in die hele wêreld is . . . totdat Uilspieël gekom het . . .

      Lees: Maak voorspellings.

      Voordat ons die verhaal lees, moet jy jou mening oor ’n paar sake in die verhaal gee. Bespreek dit met ’n maat of in groepe.

       In die onderstaande tabel is daar vyf stellings gelys. Besluit of jy daarmee saamstem of nie en omkring jou keuse in die linkerkantste kolom.

       Nadat die stellings in die klas bespreek is, gaan julle die verhaal lees.

       Wanneer julle die verhaal klaar gelees het, moet jy teruggaan na die tabel en besluit of jy met die nuwe inligting wat jy het, nog saamstem met jou keuse by elke stelling. Merk jou nuwe keuse in die regterkantste kolom.

Voordat jy begin leesStellingNadat jy gelees het
Stem saam. Stem nie saam nie.Die keiser is altyd die slimste.Stem saam. Stem nie saam nie.
Stem saam. Stem nie saam nie.’n Grapmaker kan ook ’n goeie keiser wees.Stem saam. Stem nie saam nie.
Stem saam. Stem nie saam nie.Net slim mense kan raaisels ontsyfer.Stem saam. Stem nie saam nie.
Stem saam. Stem nie saam nie.Net selfversekerde mense behaal sukses in die lewe.Stem saam. Stem nie saam nie.
Stem saam. Stem nie saam nie.’n Mens leer baie deur na ander mense te luister.Stem saam. Stem nie saam nie.

      Prelees in groepe.

       Het julle al van Tyl Uilspieël gehoor? Vertel vir die groep.

       Weet julle in watter land die verhale van Uilspieël ontstaan het?

       Kyk na die eerste illustrasie in die verhaal. Wie dink julle is die karakters in hierdie verhaal?

       Kyk ook na die ander illustrasies. Wat dink julle gaan in die storie gebeur?

       Wat is ’n laksman? Vertel vir mekaar. As julle nie weet nie, moet julle dit in ’n woordeboek naslaan.

      Nou het ons ’n goeie idee waaroor hierdie volksverhaal gaan. Kom ons lees . . .

      Die uil in die toring

Uilspieel.psd

      1 Daar is ’n nuwe storie in omloop wat al die mense aan die praat het.

      2 “Dit staan elke man glo vry om met die Keiser se dogter te trou en in sy plek keiser te word,” sê die mense.

      3 “Hy moet net drie vrae beantwoord.”

      4 “Maar wie probeer en dit nie regkry nie, is sy nek kwyt.”

      5 Dadelik stap Uilspieël na die paleis toe om te verneem wat presies aan die gang is. Ja, dis nes die mense vertel. Die Keiser soek ’n skoonseun en opvolger. Aan elke aansoeker stel hy drie vrae, en die man kry drie weke tyd om die antwoorde te bring, anders moet hy met sy lewe boet. Baie het al probeer, want die beloning is groot, maar niemand kon dit nog regkry nie, en die laksman bly besig.

      6 “Skryf my naam ook op,” sê Uilspieël,

Скачать книгу