Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 15

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

’n tweede keer aan jou voorgelees word.

       Wanneer die onderwyser die teks ’n tweede maal aan die klas voorlees, mag jy aantekeninge op ’n aparte stuk papier maak.

       Hierna moet jy die vrae skriftelik beantwoord. Jou onderwyser of ’n maat sal dit vir jou assesseer.

Dokter_se_onderhoud.psd

      Beantwoord die volgende vrae oor die onderhoud in jou werkboek.

      1. Skryf die name van die twee joernaliste neer. (2)

      2. Dr. Edward het eers onlangs na Suid-Afrika teruggekeer. Waar het hy eers gebly? (1)

      3. Wat is die naam van die woonbuurt waar hy nou ingetrek het? (1)

      4. Waar was die briewe weggesteek? (1)

      5. Dr. Edward wou graag meer oor die huis en eiendom uitvind. Skryf twee vrae neer wat hy moontlik vir homself gevra het. (2)

      6. Watter afleiding kan jy maak uit die woorde “Dankie vir die tyd wat u afstaan om met ons te gesels”? (1)

      7. Dr. Edward verwys na “geraamtes”. Bedoel hy letterlik dat daar baie dooie mense weggesteek word of bedoel hy dit figuurlik? Verduidelik jou antwoord. (2)

      8. Waarom gaan dit moeilik wees om inligting uit die versteekte briewe te kry? (3)

      9. Wat, dink jy, het lank gelede hier gebeur? (2)

      Totaal: 15 punte

Bespreking_min_vampier.psd

      Groepbespreking

      Dit is duidelik dat dr. Edward gefassineerd is deur die huis se geskiedenis. Daar is baie aangetekende gevalle van mense wat sekere ontdekkings gemaak het.

      Hou ’n groepbespreking oor ’n vervalle en geheimsinnige huis in julle omgewing. Gaan doen navorsing oor die geskiedenis van die huis. Deel dan jou navorsing met jou groep.

      Onthou die volgende wanneer julle ’n groepbespreking hou.

       Gee erkenning en respekteer jou maats se menings as jy kritiek op hulle menings lewer.

       Verduidelik jou standpunt en lig dit toe met voorbeelde.

       Stel vrae en toon belangstelling in dit wat jou maat sê.

       Waak daarteen om onsensitiewe taal te gebruik.

star.png

      Groepassessering

      Jou onderwyser sal ’n rubriek uitdeel waarvolgens julle mekaar se groepdeelname kan assesseer.

      Skryf ’n onderhoud in dialoogvorm.

      Jy het nou heelwat navorsing oor geheimsinnige en vervalle huise gedoen. Jy het die kans gekry om met een van hierdie huise se vorige inwoners ’n onderhoud te voer.

      Stel vyf tot agt vrae op wat jy aan die inwoner wil vra. Laat jou maat dié vrae beantwoord. Skryf dan die vrae en die antwoorde in dialoogvorm oor. Kyk na die volgende voorbeeld van ’n dialoog:

      Onderhoudvoerder: Dorothy, wanneer het jy in die huis ingetrek?

      Dorothy: Ongeveer twintig jaar terug. Ek was pas getroud.

      Hou die volgende in gedagte as jy jou dialoog neerskryf:

       Skryf ’n inleidende gedeelte sodat die leser kan weet wie die inwoner was en wat die persoon se agtergrond of verhaal is. Skryf dit net kortliks neer.

       Na die naam van die persoon kom ’n dubbelpunt. Jou vrae en antwoorde hoef nie tussen aanhalingstekens geskryf te word nie.

       Vra verskillende soorte vrae. Nie net vrae wat ’n “ja” of “nee” as antwoord vereis nie.

       Jou dialooginhoud moet 1 bladsy lank wees.

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf soos verduidelik in Module 1.

       Jou dialoog kan formeel deur jou onderwyser nagesien word.

Bespreking_seun.psd

      Rolspeel die dialoog aan die klas.

      Jy en jou maat kan julle dialoë aan die klas rolspeel. Onthou net om agtergrondinligting oor die huisbewoner te gee. Vertel ook aan die klas waarom hierdie huis jou so geïnteresseer het.

26076.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n koerantberig en inligtingsteks lees

       vrae oor taalstrukture en -konvensies beantwoord.

      Beantwoord die volgende formele opdrag in jou werkboek.

      Taal in konteks

      Lees die koerantberig noukeurig deur en beantwoord die vrae.

      Kleinboord Nuus

      Verdwene skeepsbuit glo gekry

      deur Annemie en Linda Lombard

Spookhuis.psd

      Kleinboord – Kleinboord Nuus se belangstelling in die verhale wat rondom die dood van Dorothy Hendricks vertel word, is geprikkel ná ’n onlangse besoek aan dr. Edward. Dr. Edward het nie te lank gelede nie van Brittanje teruggekeer.

      Kleinboord Nuus se verslaggewers het op die saak ingegaan nadat gerugte oor vreemde gebeure van eeue gelede weer begin kop uitsteek het.

      Dorothy Hendricks se lewelose liggaam is 250 jaar gelede teen die hange van die Kleinberg gevind. Alhoewel allerhande vreemde verhale rondom haar dood vertel word, kon niemand ooit vasstel wat daardie nag met haar gebeur het nie.

      Dr. Edward beweer hy het sekere dokumente gevind. Hierdie dokumente dui daarop dat Dorothy agtergekom het dat daar onderduimshede in die kontrei aan die gang was.

      Die polisie het vroeër dié week ’n gebied afgesper nadat mandjies vol juweliersware en muntstukke in ’n grot aan die voet van Kleinberg in ’n geheime grotkamer ontdek is. Gerugte doen die ronde dat dit die buit van ’n Spaanse skip was wat sowat 250 jaar gelede aan die Kaapse kus verdwyn het.

      Dr.

Скачать книгу