Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 18

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

en daar begin iemand hande klap soos ’n mens mos ná ’n toespraak maak, maar toe hulle eers mooi begryp wat Uilspieël bedoel, stroom die trane. Ja, hulle het ’n wyse keiser gekry, maar hulle het hul grootste grapmaker verloor. Stil-stil gaan die skare uiteen terwyl hul vors, Tyl Uilspieël die Eerste, sy raadsmanne byeenroep om die dag se staatsake te reël.

      (Uit: Uiltjie, Uiltjie in die spieël. Human & Rousseau. 2006)

22777.jpg

      Beantwoord die volgende vrae oor Uilspieël in jou werkboek.

      1. Wie is die hoofkarakter in hierdie verhaal?

      2. Waar speel die verhaal af?

      3. Wat moes die hoofkarakter doen?

      4. Watter beloning sou die persoon kry as al drie vrae reg beantwoord is?

      5. Waarom het die mense in die slotparagraaf begin huil?

      6. Die koning het drie soorte vrae gevra. Noem hulle.

      7. Wat was die hoofkarakter se naam aan die einde van die verhaal?

      8. Lees weer paragraaf 25. Uilspieël het drie weke gebruik om die laaste vraag op te los.

      a. Hoeveel tyd is daar vir die oplos van elke vraag gegee?

      b. Hoe lank het Uilspieël vir vraag 1 en 2 gebruik?

      c. Hoekom het hy so lank geneem om die derde vraag op te los?

      9. Dit is duidelik uit paragraaf 14 dat die Keiser verbaas maar tog beïndruk is met Uilspieël se eerste antwoord.

      a. Waaroor was die Keiser verbaas?

      b. Wat, sou jy sê, was die rede vir Uilspieël se vinnige, reguit antwoord?

      10. Kies uit die onderstaande ’n eienskap wat Uilspieël die beste karakteriseer:

      Ons leer Uilspieël ken as iemand wat (sommer net slim is; iemand wat sommer die eerste beste antwoord gee; iemand wat mooi logies dink en ’n probleem so oplos).

      11. Lees die gedeelte vanaf paragraaf 26 aandagtig deur. Die Keiser was seker dat hy Uilspieël met hierdie laaste vraag uitgevang het.

      a. Gee bewyse uit die Keiser se optrede dat hy seker was dat hy vir Uilspieël uitgevang het.

      b. Watter soort mens is die Keiser? Kies een van die volgende karaktereienskappe en verduidelik wat die woord beteken:

      behulpsaam • hoogmoedig • vriendelik • neerhalend

      12. In die gesprek tussen Uilspieël en die Boodskapper in paragraaf 9 en 10 word twee verskillende vergelykings gebruik. Skryf die vergelykings neer.

      13. Wat leer jy uit Uilspieël se optrede wat jyself sal kan toepas wanneer jy ’n probleem moet oplos?

      14. In die slot van hierdie verhaal word ’n aantal idiomatiese uitdrukkings gebruik om Uilspieël se karaktereienskappe aan te dui. Voltooi die onderstaande tabel en skryf langs elke uitdrukking in kolom A neer watter karaktereienskap daardeur uitgebeeld word.

Kolom A UitdrukkingKolom B Karaktereienskap
a. Hy is nie ’n man wat lank uit die veld geslaan bly nie.
Poppe_dans.psdb. Hy laat die poppe dans.
c. Hy sê vaarwel aan elke streek.
d. Hy skommel sy gedagtes so bietjie hot en haar.
Kragte_meet.psde. Hy meet kragte met die Keiser.

      15. Wat het jy uit hierdie verhaal van die volgende karakters geleer?

      a. Uilspieël

      b. die Keiser

      Skryf twee sinne oor elke karakter.

      16. Wanneer Uilspieël sy naam by die Keiser in die begin van die verhaal laat opskryf, sê hy: “. . . miskien tref die geluk my.” Hy glo dus: Wie nie waag nie, . . . (Voltooi hierdie idioom.)

      Die Keiser en Uilspieël is lief om met woorde te speel. Die woorde het dus verskillende betekenisse. Dit staan bekend as woordspeling.

      17. “En pas op dat jy nie dalk nat pad kry as ék keiser word nie, want dan sit jou turf.” Wat beteken die uitdrukking “jou turf sit”? Gee ook die letterlike betekenis van “turf”. Gebruik ’n woordeboek indien jy nie weet nie.

      Beantwoord ook die volgende taalvrae.

      1. Lees sin 1 en 2 wat by die illustrasies hieronder geskryf is.

      a. Waarom word die woord skoonseun in sin 1 vas geskryf?

      b. Wat is die betekenis van die woord skoon in die tweede sin? (Kyk na die illustrasie om jou te help.)

      c. Waarom word die woorde skoon seun in sin 2 nie vas geskryf nie?

23227.jpg

      Lees In ’n neutedop oor die los- of vasskryf van woorde.

15519.png

      Skryfwyse – los en vas

      Wanneer ’n byvoeglike naamwoord en ’n selfstandige naamwoord een gedagte vorm, word dit vas geskryf. (Kyk voorbeelde aan die regterkant hieronder).

      Wanneer ’n byvoeglike naamwoord die funksie het om die selfstandige naamwoord te beskryf, word dit los geskryf. (Kyk voorbeelde aan die linkerkant).

Leer die volgende woorde
donker kamer (kamer met swak lig)donkerkamer (by fotografie)
geel perske (enige perske wat geel is)geelperske (soort perske)
groot mens (mens wat groot gebou is)grootmens (volwassene)
in sig (ek kan dit sien)insig (begrip/verstaan iets)
lang broek (broek wat lank is)langbroek (soort kledingstuk)
wilde bees (bees wat wild is)wildebees (soort bok)

laksman.psd

      2. Kies die regte spelling van die woord tussen hakies. Skryf net die woord in jou werkboek neer.

      a. Dit is bykans (sononder/son onder) en tyd vir die uil om te gaan jag.

      b. Hy gaan hom nie laat (koudsit/koud sit) deur die skelm nie.

      c. Hy gaan nie buite (koud sit/koudsit) nie.

      d. Uilspieël het (een dag/eendag) kans om die raaisel te ontrafel.

      e. Uilspieël wil (een dag/eendag) Keiser word.

      3. In paragraaf 5 lees ons “. . . die laksman bly besig”.

      a.

Скачать книгу