Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 14

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

die praatstyl gemaklik en informeel wees.

       Beklemtoning van woorde (stem- en sinsintonasie) kan ook betekenis oordra.

       Stiltes is veelseggend! ’n Stilte is effektief om tyd te laat vir die gehoor om na te dink oor wat gesê is of ter wille van beklemtoning. ’n Sug en stilte daarna, kan byvoorbeeld ’n aanduiding van moedeloosheid wees.

      Let veral op die volgende in jou voorbereiding vir hardoplees of ’n mondelinge aanbieding:

       Gehoorkontak: Maak kontak met jou gehoor. Gehoorkontak by lees beteken dat jy vooruit moet kan lees, dat jy kan opkyk, ’n paar woorde vir die gehoor kan sê en hulle reaksie waarneem voordat jy weer na die teks kyk. Bewerkstellig ook gehoorkontak deur hoe jy jou stem gebruik.

       Leesvermoë: Lees vloeiend, korrek, entoesiasties en vooruit.

       Lyftaal: Ontspan jou liggaam. Jy moet ’n natuurlike, ontspanne atmosfeer kan oordra. Skouers en gebare kan byvoorbeeld gebruik word om inlewing met dit wat jy lees, te toon.

       Begrip en interpretasie: Lees is die oordra van idees eerder as die blote oordrag van woorde. Het die leser die gedeelte begryp? Het hy/sy insig in die aard en stemming van die teks? Interpreteer die leser die gedeelte korrek vir die gehoor? Dra hy/sy die boodskap deeglik aan die gehoor oor?

       Vertelling en dialoog: Dra die verhalende dele vlot oor en gebruik emosie toepaslik by dialooggedeeltes.

       Stemgebruik: Lees hoorbaar en verstaanbaar. Jou aanslag moet natuurlik oorkom. Wissel jou leestempo (leesspoed) om jou gehoor se aandag te behou. Konsentreer op frasering om die korrekte insig en begrip van die teks oor te dra.

      Luister na groeplede se voorlesings.

      Voordat julle vir julle onderwyser lees, gaan julle verder voorberei deur in julle groepe vir mekaar hardop voor te lees.

21696.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n gedig saam met die groep lees

       twee gedigte met mekaar vergelyk

       ’n verhalende opstel skryf.

      Groepbegeleide lees

      Lees die gedig “Ek is oek important” van Peter Snyders wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn in die groep voor. Beantwoord die vrae.

      Vergelyk twee gedigte met mekaar.

      Verdeel in groepe. Vergelyk hierdie gedig met die ballade in Aktiwiteit 2 en gee aandag aan die volgende vrae:

       Watter ooreenkomste en verskille is daar in die bou van die twee gedigte?

       Watter ooreenkomste en verskille is daar in die inhoud van die gedigte?

       Elke groep moet terugvoering gee. Hoe verskil die groepe se antwoorde?

      Skryf ’n verhaal.

      Gebruik jou verbeelding en skryf ’n verhalende opstel waarin jy die verhaal van een van die gedigte vertel. Hier volg ’n paar wenke:

       Wanneer het die voorval plaasgevind?

       Jou opstel moet 150 tot 200 woorde lank wees en 5 tot 8 paragrawe hê.

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf.

module_header3.jpg

      In hierdie module bly ons nog vassteek by dr. Edward en die gebeure op Kleinboord.

      Ons begin met luisterbegrip wanneer jy na ’n onderhoud met dr. Edward luister – hy vertel van belangrike bewyse wat hy gekry het. Hierna hou julle ’n groepbespreking en jy voer ’n onderhoud.

      Julle groep rollees die drama “Yslik baie oeslak” van De Waal Venter wat in die Piekfyn Afrikaans Leesboek verskyn. Hierna skryf jy ’n toneel en rolspeel een van die groeplede se toneel aan die klas. Jy werk ook aan jou leesspoed wanneer jy ’n gedig uit die leesboek saam met ’n maat lees.

      Ons lees ook ’n lekker volksverhaal oor Tyl Uilspieël en vind uit waar hierdie volksverhaal oorspronklik vandaan kom. Laastens skryf jy weer ’n onderhoud in dialoogvorm en rolspeel dit vir die klas.

      Jy doen heelwat taalhersiening in hierdie module, maar ontwikkel ook jou kritiese taalbewustheid.

27665.jpg 25689.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       na ’n onderhoud luister en vrae daaroor beantwoord

       aan ’n groepbespreking deelneem

       uitgebreide en selfstandige leeswerk doen

       ’n onderhoud skryf.

      In Module 1 het jy met ’n draaiboekteks en dr. Edward kennis gemaak. Gesels in groepe daaroor.

      Groepbespreking van die draaiboekteks.

      Blaai terug na die draaiboekteks en rollees dit in julle groepe. Daar is net twee karakters, maar van die groeplede moet ook die toneelaanwysings (die tussengedeeltes en dele tussen hakies) voorlees. Probeer ook om die klanke na te boots. Elke lid van die groep moet ’n taak verrig.

      Wanneer die rollesing klaar is, moet julle oor die volgende besluit:

       Dink julle hierdie toneel/TV-verhaal kan dramaties en spannend wees? Verduidelik hoekom.

       Wat dra die meeste by tot die atmosfeer in die gedeelte: die dialooggedeeltes/die byklanke/die agtergrond van die verhaal of al drie? Verduidelik julle keuse.

      Dit was volgens die draaiboekteks duidelik dat iets geheimsinnig plaasgevind het en dat die houtkissie en die briewe die sleutel tot baie antwoorde is. Twee verslaggewers het besluit om met dr. Edward ’n onderhoud te gaan voer.

      Luisterbegrip

       Die onderhoud tussen twee verslaggewers en dr. Edward gaan een keer aan die klas voorgelees word. Luister mooi sodat jy ’n geheelbeeld van die inhoud kan kry. Jy mag geen aantekeninge maak nie.

       Hierna gaan jou onderwyser die vrae saam met die klas deurlees. Dit is belangrik dat jy mooi saamlees en probeer agterkom wat die kerngedagte van elke vraag is. Dit sal jou help om vas te

Скачать книгу