Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 13

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

Oe, ek wou my slaplag. Ek wens julle kon dit sien, manne.”

      34 “Ek kan my net indink hoe dit moes lyk,” sê Henk met ’n skewe glimlag, want op presies daardie oomblik kom Ma uit die kamer uit. Ek weet nie of sy vir Pa gehoor het nie.

      35 Ek dink ook nie verder daaraan nie, want ek sien hoe Pa bleek word en sê: “Sjoe, vrou, is dit nou nie pragtig nie? Laat jou jare jonger lyk . . .”

      (Fanie Viljoen, ongepubliseer)

19173.jpg

      In ’n neutedop bespreek die kenmerke van verhale soos handeling en karakters.

15519.png

      Kenmerke van verhale

      Handeling of aksie is die gebeure wat in ’n verhaal plaasvind. Die een handeling kan ’n reaksie by sekere karakters veroorsaak en sodoende hulle handeling verder beïnvloed of selfs die verloop van gebeure in ’n ander rigting stuur.

      Karakters

      Enige verhaal, hetsy ’n novelle, kortverhaal of roman, het ’n hoofkarakter en ander karakters wat ’n minder belangrike rol speel, maar tog nodig is vir die verhaal. Gewoonlik word ’n hoofkarakter se innerlike en uiterlike handelinge beskryf. Ons leer karakters op die volgende maniere ken:

       Hoe hy/sy self optree; sy/haar houding en gebare.

       Wat die verteller van die karakter sê.

       Wat die ander karakters van ’n karakter sê.

       Wat die karakter van hom-/haarself sê.

      Beantwoord ook die volgende vrae:

      Letterlike vrae

      1. Wat is die ruimte waarin hierdie verhaal afspeel?

      2. Hoe het dit gebeur dat die pa “hierdie vrou met die aardigste boskasie” gesien het?

      3. Die twee broers verskil van mekaar. Maak ’n kort opsomming van die broers se karakters. (Gebruik die wenke in In ’n neutedop om jou te help.)

      4. Skryf ’n gepaste Afrikaanse woord vir “weird” in paragraaf 21 neer.

      5. Kies die korrekte antwoord: Henk het vir sy pa . . .

      a. koffie gemaak.

      b. koeldrank ingegooi.

      c. ’n blikkie koeldrank aangegee.

      6. Uit hoeveel lede bestaan hierdie gesin?

      Afleiding

      7. Watter afleiding kan jy uit die volgende sin maak?

      “Sy sit die pakkies op die kombuistoonbank neer . . .”

      8. Verduidelik kortliks wat met “ . . . in die ribbes pomp” in paragraaf 3 bedoel word.

      9. Wat suggereer die ellips in pargraaf 7 en 8?

      Evaluering en waardering

      10. Dink jy hierdie gesin is ’n hegte gesin? Gee redes vir jou antwoord.

      11. Wat sê die volgende van die karakter:

      “Ek probeer ’n taktvolle antwoord soek, . . .” (paragraaf 21)

      12. Watter paragraaf sluit aan by die titel van die verhaal?

      13. Hoe sal jy reageer as jou ma met so ’n haarstyl by die huis kom?

      14. Het jy van hierdie verhaal gehou? Gee ’n rede vir jou antwoord.

21431.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       die voorblad van ’n boek ontwerp

       hardoplees doen

       in groepsverband vir mekaar voorlees.

      Ontwerp ’n boekomslag.

      In Aktiwiteit 1 het jy met boekomslae kennis kennis gemaak en spesifiek die bundel Vonk@verse2. Ontwerp nou ’n boekomslag vir hierdie verhaal, “Jare jonger”. Hou die volgende in gedagte as jy jou boekomslag ontwerp:

       Jou tekening of prent wat die voorblad versier, moet iets voorspel van die inhoud van die storie.

       Gaan jy die karakters illustreer? Dink aan kleredrag, gesigsuitdrukking en liggaamshouding.

       Laat die kleure wat jy kies en die lettertipe wat jy gebruik, aansluit by die inhoud van die storie.

       Wie is jou teikengroep? Gaan hulle van jou voorblad hou? Gaan dit hulle aandag trek?

       Maak gebruik van die stappe van prosesskryf: beplan eers, doen dan ’n eerste proeflopie, gee dit vir jou maat om deur te gaan, skryf dit dan finaal oor.

Juffrou_lees_spookstorie_min_2_agter.psd

      Lees hardop.

      Geniet jy dit om na interessante voorlesings te luister? Die manier hoe ’n persoon van stemwisseling, intonasie en toonhoogte gebruik maak, kan ook atmosfeer skep. Soms dra nieverbale strategieë soos gesigsuitdrukkings, gebare en volume by om atmosfeer en spanning in ’n verhaal te skep.

      Gaan berei nou hierdie uittreksel van “Jare jonger” voor vir voorbereide hardoplees. Gebruik die volgende wenke wanneer jy voorberei:

      Pitkos

      Praat en lees hardop

      In enige mondelinge situasie is dit belangrik om op te let wat die persoon (spreker) sê. Dit is die inhoud van wat gesê word. Let ook op hoe die persoon iets sê. Onthou die volgende:

       ’n Spesifieke stemtoon openbaar baie van ’n spreker. As iemand bang of senuweeagtig is, is sy stemtoon hoër. As die persoon rustig en bedaard is, is sy stemtoon laer.

       Die uitspraak van woorde hou dikwels verband met ’n persoon se agtergrond, portuurgroep, status, ensovoorts.

       Praattempo moet ook in gedagte gehou word. In die meeste gevalle praat ’n persoon wat rustig is stadig, terwyl iemand wat haastig is, weer vinnig sal praat.

       Die konteks waarin iets gesê word, sal ook die praatstyl beïnvloed. Indien dit ’n formele geleentheid

Скачать книгу