Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 8

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

Skryf ’n dialoog en rolspeel dit.

      Die gedig vertel van die gesprek tussen die erdwurms. Werk saam met jou maat en skryf julle weergawe van die gesprek wat tussen die erdwurms plaasvind in dialoogvorm oor. Rolspeel dit daarna aan die klas.

module_header2.jpg

      Het jy geweet dat tekste soos boekomslae, ballades en kortverhale elk ’n besondere boodskap en tema het?

      Jou soeklees- en vlugleesvaardighede gaan jou help om deur die vrae te draf. By sommige vrae sal jy afleidings uit die tekste moet maak. Jy maak kennis met ’n ballade wat ’n legende in digvorm vertel, asook kenmerke van letterkunde wat jou gaan help om gedigte en verhale beter te verstaan. Lees ook ’n verhaal van ’n ma se haarstyl wat haar “jare jonger” laat lyk en die reaksie van die gesin daarop.

      Op taalgebied leer jy meer van woordvorming, die lidwoord en waar om woorde af te kap.

21929.jpg 20546.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n voorblad saam met jou maat prelees

       vrae oor ’n voorblad en agterblad beantwoord.

      Prelees die voorblad van die boekomslag saam met ’n maat.

       Wat kan julle uit die titel van die boek aflei?

       Noem al die dinge op wat julle in die illustrasie sien. Hoe sluit dit aan by die titel van die boek?

       Dink julle die atmosfeer in hierdie boek gaan ernstig/dramaties of lig/grapperig wees? Hoekom sê julle so?

14266.jpg

      Bestudeer die boekomslag en beantwoord die vrae in julle groepe.

      1. Die titel . . .

      a. Watter inligting gee die titel oor die inhoud van die boek?

      b. Wat suggereer die lettertipe (letterstyl) van die titel?

      2. Die name van die samestellers . . .

      a. Waarom verskyn die name op die buiteblad?

      b. Vergelyk die verhouding tussen die lettergrootte van die titel en die name van die samestellers. Watter een is die belangrikste? Gee ’n rede daarvoor.

      3. Die kunswerk (bandontwerp) . . .

      a. Wat voorspel die kunswerk van die boek se inhoud?

      b. Is dit ’n goeie voorstelling van die inhoud? Verduidelik.

      c. Hoekom, dink jy, is illustrasies vir die buiteblad gekies?

      d. Lewer kommentaar op die kleure in die kunswerk. Watter effek het dit?

      e. Wie is die teikengroep van die boek? Verduidelik jou antwoord.

      f. Watter soort genre kan die leser na aanleiding van die bandontwerp verwag?

14500.jpg

      Bestudeer die boek se agterblad.

      4. Die strepieskode en die ISBN . . .

      a. Watter inligting is vervat in die strepieskode?

      b. Waarom word die strepieskode teen ’n wit agtergrond gedruk?

      c. Waar word strepieskodes gebruik?

      d. Hoekom het boeke ’n ISBN-kode?

      5. Die agterbladteks (blurb) . . .

      a. Wat is die doel van die agterbladteks?

      b. Kan jy die geslag en ouderdom van die teikengroep volgens hierdie inligting bepaal?

      c. Watter verwagtinge skep hierdie teks by die leser?

      d. Wie se opinie/mening word hier weerspieël?

      e. Sal die agterbladteks die boek effektief bemark?

      f. Watter tegnieke sal jy gebruik om hierdie boek te bemark vir byvoorbeeld ’n ouer/jonger teikengroep?

      6. Gebruik nou hierdie vrae en inligting en kyk of die illustreerder en uitgewer in hul doel geslaag het met Piekfyn Afrikaans Graad 7 se omslag, rugkant en agterbladteks.

20807.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       kenmerke van ’n ballade bespreek

       ’n eie ballade skryf

       basisvorme, afleidings en samestellings korrek gebruik

       voornaamwoorde en lidwoorde gebruik

       woorde korrek afbreek.

      Lees ’n gedig.

      Poësie sluit verskillende soorte gedigte in. Die ballade is een van hulle. Kom ons lees eers in In ’n neutedop wat ’n ballade presies is.

15519.png

      Kenmerke van ’n ballade

       Dit is ’n digsoort wat vroeër met musiek en mimiek begelei is.

       Dit vertel gewoonlik ’n verhaal in eenvoudige taal en handel oor sake wat die emosies raak, soos liefde, haat, hartseer en ontsteltenis.

       Daar is baie beskrywing en herhaling van woorde, versreëls, selfs strofes, wat ons ’n refrein noem. Dit is ook klankryk met baie voorbeelde van alliterasie en assonansie en het ’n liriese (musikale) inslag.

       Rym en ritme dra by tot die liriese aard.

C:\Users\henk.viljoen\Desktop\Legende van die gat in die muur 2.jpg

      Prelees die gedig: Bespreek die volgende vrae saam met ’n maat

       Wat kan julle uit die titel van die gedig op die volgende bladsy aflei?

       Hoe

Скачать книгу