Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 4

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

verkeerd: Dit was die mees snaaksste grap wat ek al gehoor het.

       Die byvoeglike naamwoord het dikwels ’n letterlike en figuurlike betekenis. Wanneer ons sê: “Die arme speler het vergeet dat hy ’n wedstryd speel”, beteken die woord “arme” nie dat hy sonder geld sit nie. Dit het hier figuurlike betekenis. Somtyds word ’n byvoeglike naamwoord só gebruik dat die letterlike én figuurlike betekenis van toepassing is.

       Die byvoeglike naamwoord word ook verbuig. Ons sê die busbestuurder is roekeloos, maar ons praat van ’n roekelose busbestuurder. Die Springbokspeler is jonk en die span het ’n jong spanbestuurder.

      Beantwoord die volgende taalvrae.

      1. Skryf die meervoud van die skuinsgedrukte woorde:

      a. Daar was twee verskillende boodskap.

      b. Luis het na verskillende takkraal gery.

      c. Daar was baie moeilikheid by die kraal.

      2. Skryf die verkleining van die skuinsgedrukte woorde neer:

      a. Stuur vir my ’n boodskap.

      b. Luis het maar dun bene.

      c. Hulle het fyn sand oor hom gegooi.

      3. Skryf drie eiename neer wat in die verhaal gebruik word.

      4. Skryf die regte vorm van die skuinsgedrukte woorde neer:

      a) Die/’n diere was b) intensiewe vorm van kwaad vir Haas omdat hy die c) verkeerd boodskap gebring het. Dit was d) baie donker buite en die e) ongelukkig mense het vir f) goed nuus gewag.

      Hulle het al baie lank gewag, maar kon nie g) lank wag nie. Dit was die h) lank wat hulle nog gewag het. Hy moes i) intensiewe vorm van vinnig die boodskap vir die mense bring, want ’n man was j) intensiewe vorm van siek.

      Uiteindelik het net ’n k) leeg takkraal oorgebly. Haas het ’n l) duur les geleer, want die m) pragtig maan was n) intensiewe vorm van seker dat hy ’n o) moedswillig haas was.

star.png

      Daaglikse assessering

      Sien julle antwoorde na volgens die onderwyser se memorandum.

14069.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       kamerategnieke bespreek

       die verloop van ’n verhaal neerskryf

       die teenoorgestelde geslag deur middel van morfeme vorm

       klankgrepe, lettergrepe, spraakklanke en klankverskynsels identifiseer

       afkortings, verkortings en akronieme reg gebruik.

      Groepbespreking

      Ons is nie altyd bewus dat die kamera as ’n verteller gebruik kan word nie. Dink aan ’n rolprent wat julle onlangs gesien het. Bespreek die vrae wat volg – een van die groeplede kan notas maak.

       Hoe kan ’n kamera die rol van verteller speel?

       Wat kan ’n kamera wys of nie wys nie?

       Watter klanke beïnvloed die manier waarop jy na ’n rolprent kyk? (Onthou, rolprente is ’n kombinasie van beeld en klank en in hierdie kombinasie lê die betekenis.)

       Wat is die verskil tussen ’n regisseur en ’n vervaardiger?

       Gebruik ’n etimologiewoordeboek. Slaan die herkoms van die woord “fliek” na.

       Elke groep moet terugvoering aan die klas gee.

      Meer oor rolprente

      Waarom ontleed ons rolprente? Dikwels probeer ’n regisseur om iets te sê en hy gebruik sy rolprent om ’n stelling te maak. Dis ons werk om dit raak te sien en te identifiseer.

      ’n Regisseur gee die kyker sekere visuele leidrade wat jou oë moet volg. Om die waarheid te sê, dit word dikwels ’n avontuur om hierdie leidrade raak te sien. Maar dan moet jy weet hoe om daardie avontuur te geniet en waarna om te kyk!

      Een kamerabeweging wat ’n regisseur gebruik is om op ’n voorwerp of persoon in te zoem. Hier skep die lens die effek asof dit op die persoon of voorwerp in-beweeg.

      Die volgende drie raampies wys hoe op ’n voorwerp “ingezoem” word. Kyk daarna en beantwoord dan die volgende paar vrae op jou eie.

9524.png

      1. Bestudeer die kameraskote wat deur middel van die foto’s hierna gedemonstreer word. Watter kameraskote is vir elke foto gebruik?

      Kameraskote:

       Hoë kamerahoek: ’n Voorwerp of persoon word van bo af gewys. Hierdie skoot dui gewoonlik op afsondering of dien as ’n soort oog wat van buite af na ’n toneel kyk.

       Lae kamerahoek: Die persoon of voorwerp word van onder af gewys. Dié skoot verduidelik dat ’n figuur/voorwerp die toneel en skoot oorheers.

       Mediumskoot: ’n Karakter se bolyf of ’n voorwerp se besonderhede word ingesluit sodat die kyker na gesigsuitdrukkings, lyftaal of detail kan kyk.

        Nabyskoot: Besonderhede word van naby afgeneem.

       Tweeskoot: Twee karakters word saam afgeneem.

       Vestigingskoot: Hierdie skoot skets die toneel vir wat volgende gaan gebeur met betrekking tot die tyd en plek.

       Vol nabyskoot: ’n Karakter of voorwerp word volledig van naby afgeneem. Die fokus is nou op gesigsuitdrukkings en besonderhede.

       Wyeskoot/langskoot: Die hele prentjie wys. Hierdie skoot wil veral afstand uitbeeld.

9585.jpg

      2. Die filmbedryf maak van spesifieke terme gebruik. Kies die omskrywing in Kolom B wat pas by die term in Kolom A.

Kameraman_en_regisseur.psd
Kolom A TermKolom B Omskrywing
Draaiboek Die persoon wat verantwoordelik is vir die opneem van die klankbaan/klankeffekte/dialoog van die rolprent.
Draaiboekskrywer ’n Teks wat visueel geskryf word – gewoonlik met kamera-aanwysings.
Regisseur Tegniese effekte soos stemme, musiek of beligting.
Vervaardiger Die skrywer van die visuele teks.
Klankeffekte/ byklankeWanneer ’n groep

Скачать книгу