Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 5

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

word wat op die oog af niks met mekaar te make het nie. Hierdie beelde sluit tematies by mekaar aan en vorm so ’n betekenisvolle eenheid.Klankingenieur Die persoon wat die regie van die rolprent behartig, wat die storie in beeld na die doek of skerm verplaas. Montage Die lens word verstel sodat ’n voorwerp blitsvinnig na die kameralens toe getrek word, of die kamera beweeg vinnig in op die voorwerp of persoon om aan te dui dat dit ’n belangrike rol in die toneel speel.Zoem Die persoon of instansie/maatskappy/ateljee wat vir die finansiering en die aanmekaarsit van die produksie/film verantwoordelik is.

      Voordat tonele verfilm word, beplan die regisseur elke kameraskoot noukeurig.

      Prelees drie kameraskote saam met ’n maat.

       Wat kan julle uit die drie sketse aflei?

       Watter atmosfeer word geskep? Gee ’n rede vir julle antwoord.

       Kan julle voorspel wat hier gaan gebeur?

      Toneel 1

10369.jpg

      3. Watter soort kameraskote is in raampie 1 en 2 gebruik? Probeer uit die illustrasie aflei watter skoot gebruik is.

      4. Elke skoot het ’n bepaalde funksie. Watter tipe atmosfeer of boodskap dink jy wil die regisseur met die kameraskote skep of oordra in . . .

      a. raampie 1?

      b. raampie 2?

      c. raampie 3?

      5. Kies die korrekte antwoord: In raampie 3 fokus die kamera oor die skouer van ’n persoon. Hierdie skoot is dus ’n (perspektiefskoot/skouerskoot/nabyskoot).

      6. Wat sal die funksie van die tipe skoot in vraag 5 wees?

      Bestudeer die volgende voorbeeld van ’n televisie-draaiboekteks.

      Woordverklarings

       SFX: special effects

       A/S: audio sounds

      EPISODE 33

      Datum van opname: Maandag, 15 April 2014

      Uitsaaidatum: Maandag, 6 Desember 2014

      Skrywers: Annemie en Linda Lombard

      33/2 BINNE/LAATMIDDAG

      Dr. Edward is besig om kos te maak. Die briewe wat vasgebind is, lê langs die houtkissie op die eettafel.

      SFX: Weerlig en donderweer

      A/S: DAAR IS ’n GEKLOP AAN DIE VOORDEUR.

      1. ANDREW (VAN BUITE AF DEUR DIE DEUR) Dis Andrew, Meneer.

      2. DR. EDWARD (VERBAAS) Die deur is oop, Andrew.

      A/S KLANK VAN KRAKENDE DEUR EN VOETSTAPPE WAT NADERKOM.

      Wanneer Andrew inkom en sy hoed op die tafel neersit, sien hy die houtkissie en briewe wat op die tafel lê. Dit is duidelik dat hy presies weet waaroor dit gaan.

      Dr. Edward draai na die tafel met die borde in sy hand en sien die bekommerde uitdrukking op Andrew se gesig. Hy sit die borde op die tafel neer.

      3. DR. EDWARD (BEKOMMERD) Andrew? Is alles reg? Dit lyk of jy ’n spook gesien het.

      4. ANDREW (NIKSSEGGEND) Nee, Meneer, dis niks.

      Andrew gaan sit om te eet en kyk dan op na dr. Edward.

      5. ANDREW (ONDERSOEKEND) Waar het Meneer dié gekry? (Wys na die kissie en briewe.)

      6. DR. EDWARD Ek het die kissie in die skuur gekry en die briewe onder die vloer in die gastekamer.

      Andrew bedink hom en met ’n onskuldige uitdrukking op sy gesig probeer hy sy skuldgevoel wegsteek.

       BEGINTITELS

      Vrae

      7. Sepies word gewoonlik baie lank voor die werklike uitsaaidatum opgeneem. Hoe lank voor die uitsaaidatum is hierdie teks verfilm?

      8. Wie is die draaiboekskrywers van hierdie draaiboek?

      9. Wat is die tyd en ruimte waar hierdie toneel afspeel?

      10. In hierdie toneel kom twee karakters voor.

      a. Wie is die twee karakters in hierdie toneel?

      b. Watter karakter se hand, dink jy, is in raampie 3 op bladsy 12?

      11. Dit is episode 33 van die betrokke sepie. Waarna verwys die 33/2 in die raampie?

      12. Verskillende terme word gebruik wat spesifiek tot die rolprentbedryf is.

      a. Wat word met “SFX” bedoel?

      b. Watter twee klankeffekte kom spesifiek in hierdie toneel voor?

      c. Watter bydrae lewer hierdie effekte tot die atmosfeer?

      d. Wat word met die simbool © en die term “kopiereg” bedoel? Gebruik ’n woordeboek indien jy nie seker is nie.

      e. Wat beteken die woord “rekwisiete”? Gebruik weer ’n woordeboek.

      13. Rolprente kan in verskillende genres soos komedie, drama, avontuur, riller en spanning verdeel word. In watter genre sal jy hierdie draaiboekteks indeel? Gee redes vir jou antwoord.

      Skryf ’n verhalende paragraaf.

      Jy is nou ’n week in graad 7. Hoe het jy die laaste jaar van jou laerskoolloopbaan sover beleef? Wat was die lekkerste of die slegste ding wat hierdie week met jou en/of jou klasmaats gebeur het?

      Skryf ’n verhalende paragraaf van 100-120 woorde waarin jy hierdie gebeure vertel. Maak gebruik van die paragraafkonvensies en die stappe van prosesskryf wat in Pitkos verduidelik word.

      Pitkos

      Wanneer jy ’n verhalende paragraaf skryf, moet jy op die volgende let:

       Die inleidende sin vorm die kernsin van jou paragraaf.

       Hierna volg die ondersteunende besonderhede.

       Maak gebruik van verbindingswoorde om samehang aan jou paragraaf te gee.

       Die slotsin moet jou inhoud gepas afsluit.

      Maak gebruik

Скачать книгу