Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 19

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

Wie sal die “raadsmanne” wees wat Uilspieël in die laaste paragraaf byeenroep?

      c. Die woord laks kan ook ’n ander betekenis hê. Gebruik die woordeboek om die ander betekenis na te slaan. Wat beteken ’n laks man?

Luiaard.psd

      4. Gee nou een woord vir die volgende omskrywings:

      a. Die persoon in ’n hof wat uitspraak lewer of jy skuldig is of nie.

      b. Die persoon wat jou in die hof verdedig.

      c. Die persoon wat die gevangenes in die tronk oppas.

      d. ’n Persoon wat altyd grappe maak.

      e. ’n Persoon wat verspotte dinge doen.

      f. ’n Dom, onnosel vent.

      g. ’n Persoon wat allerhande ongewone dinge doen.

      5. Hierdie volksverhaal wemel van idiomatiese en figuurlike taalgebruik. Kies die betekenis in kolom B wat by die idioom in kolom A pas.

Kolom AIdiomatiese (figuurlike) taal Kolom BBetekenis
a) “swaai jy ook soos ’n biltong in die wind” (par. 10) Sy tyd van afrekening het aangebreek.Hy is teleurgestel.Hy raak meer opgewonde.Hy word aan die galg gehang.Hy word nie maklik mislei nie.Gooi sy gedagtes so rond en bont.Hy kry sy gedagtes mooi reg.Hy luister na die slaan van die horlosie.Hy raak meer bekommerd.Hy gaan soos ’n stuk dooie vleis in die wind hang, ’n geraamte.
b) “so maklik te laat koudsit” (par. 13)
c) “skommel sy gedagtes so ’n bietjie hot en haar” (par. 13)
d) “span sy gedagtes mooi agtermekaar” (par. 16)
e) “blink sy oë ’n bietjie helderder, en Uilspieël se lip trek al langer” (par. 26)
f) “weet Uilspieël dat sy uur geslaan het” (par. 27)
g) “uit die veld geslaan” (par. 32)

      6. Skryf die korrekte vorm van die woorde tussen hakies neer.

      a. Die Keiser het maar ’n klein (beloning) gegee.

      b. Al die aansoekers kan hulle (lewe) verloor as hulle die drie (vraag) verkeerd beantwoord.

      c. Uilspieël was nie so (baie bang) soos die aansoekers nie, hy was (baie koel).

      d. Uilspieël se lip was (lang) nadat hy die moeilike vraag gevra het.

      e. Net ’n klein (geluk) sal hom red.

      7. In die volgende sinne kom heelwat spel- en taalfoute voor. Redigeer die sinne deur die foute reg te stel. Onderstreep die woorde wat reggemaak is.

      1. Uilspieël is ’n grap jas wat die lewe nie ernstig opneem nie.

      2. Hy probeer egter hard om meer ernstiger te word.

      3. Hy sê dat hy wil met die Keiser se dogter trou.

      4. Die grappies het al drooër geword, maar die mees netjieste man sal beslis suksesvol wees.

      5. Ek wonder of ’n mens klein herinneringkies van hierdie gebeure sal hê.

      6. Dit sal seker so wees want hy probeer begreip dat dit die dinge is waarna ’n mens moet oplet.

      a. Daar is ’n spelfout in sin 1 gemaak. Stel die fout reg.

      b. In sin 2 is die vergrotende trap foutief gebruik. Gee die regte vorm van die woord.

      c. In sin 3 is ’n woordordefout begaan. Skryf die sin oor en verbeter die woordorde.

      d. Daar is nog twee foute met die trappe van vergelyking in sin 4 gemaak. Skryf die woorde korrek neer.

      e. Die verkleiningsvorm in sin 5 is verkeerd. Stel dit reg.

      f. In sin 6 is nog ’n spelfout. Verbeter die fout.

      g. Daar ontbreek ’n komma in sin 6. Skryf die woord voor die komma en die woord na die komma neer.

      Kies die regte antwoord in die volgende reeks vrae.

      8. Watter woord se verkleining is verkeerd gespel? Skryf dit reg neer.

      a. boodskapper – boodskapperkie

      b. koning – koninkie

      c. toring – torinkie

      d. paleisdak – paleisdakkie

      9. Watter een van die volgende woorde is die korrekte verkleiningsvorm van “beloning”?

      a. beloningkie

      b. beloninkie

      c. beloningtjie

      d. belonetjie

      10. Gee die korrekte klankgreepverdeling vir “verrinneweer”.

      a. ver/rin/ne/weer

      b. ver/in/ne/weer

      c. ve/ri/ne/weer

      d. ve/rin/e/weer

      11. Drie van die volgende woorde is verkeerd in lettergrepe verdeel. Watter woord is korrek verdeel?

      a. Uil/spi/eel

      b. Uil/spi/e/ël

      c. Uil/spie/ël

      d. Uils/pie/el

26874.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       meer van volksverhale leer

       die doel, teikengroep en trant van ’n teks ondersoek

       die hoofgedagte en ondersteunende besonderhede identifiseer

       ’n dialoog skryf en rolspeel.

      Die verhaal “Die uil in die toring” in die vorige aktiwiteit is ’n voorbeeld van ’n volksverhaal. Kom ons ondersoek die kenmerke van so ’n volksverhaal en vind ’n bietjie meer uit oor waar Uilspieël vandaan kom.

      Pieter W. Grobbelaar, ’n groot kenner van volksverhale, is in Januarie 2013 oorlede. Lees ’n onderhoud wat voor sy dood met hom gevoer is.

      Ons gesels met Pieter W. Grobbelaar

Скачать книгу