Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 25

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

       Die koek is lekker. Dit is gebrand.

       Die koek is lekker, maar dit is gebrand.

      Groep 2: Die eerste werkwoord uit sin 2 of hulpwerkwoord kom direk na die voegwoord (dus; daarom; derhalwe; anders; dan; daarna; intussen; nietemin; gevolglik; al; nogtans; tog).

      Byvoorbeeld:

       Hy eet te veel. Hy word vet.

       Hy eet te veel, daarom word hy vet.

      Groep 3: Die werkwoord(e) skuif na die einde van die sin wanneer dié voegwoorde gebruik word: waarom; hoekom; omdat; indien; terwyl; hoewel; alhoewel; asof; sodra; sedert; daar.

      Byvoorbeeld:

       Hy moet baie oefen. Hy moet gewigte optel.

       Hy moet baie oefen omdat hy gewigte moet optel.

      Deelwoorde

      Deelwoorde word afgelei van werkwoorde, maar kan as verskillende woordsoorte in sinne gebruik word. Byvoorbeeld:

       Die kraan drup aanhoudend. Die druppende kraan moet herstel word (b.nw.).

       Die kinders sing in die saal. Die singende kinders klink mooi (b.nw.).

      Hierdie deelwoorde met ’n -ende as agtervoegsel word teenwoordige deelwoorde genoem. Die handeling is nog nie afgehandel nie. (Die kraan is besig om te drup en die kinders is besig om te sing.)

      Wanneer die handeling voltooi is, word ’n verlede deelwoord soos volg gevorm:

       Ek kerf die biltong. Nou het ek gekerfde biltong.

       Ek kook die rys. Ons eet gekookte rys.

      Let op: ’n Agtervoegsel -te of -de is agteraan die werkwoorde gevoeg.

      Wanneer die woord nie ’n letterlike betekenis het nie, word die klinker in die werkwoord verander. Byvoorbeeld:

       Wanneer dit voel asof my hart gebreek is, het ek ’n gebroke hart. (My hart is nie regtig gebreek nie; ek is net baie hartseer.)

      Beantwoord die taalvrae wat op die leesteks gebaseer is:

      1. Skryf die volgende sinne wat in die teks “Fiksheid” voorkom oor in die verlede tyd:

      a. Dit help jou om goed oor jouself te voel.

      b. Dit verg inspanning om gesond te bly.

      c. Hoe bly ’n mens fiks?

      d. Oefening versterk ook jou spiere.

      e. Jou longe kan ook ’n groter volume suurstof inneem.

      2. Stel die vyf sinne by vraag 1 in die toekomende tyd.

      3. In sin 1 van paragraaf 1 is ’n hulpwerkwoord gebruik wat die hoofwerkwoord help. Skryf die hulpwerkwoord en die hoofwerkwoord neer.

      4. “ ’n Mens moet een ding besef.” Skryf die hoofwerkwoord neer wat saam met die medewerkwoord “moet” gebruik word.

      5. Gebruik die volgende sin: “Jou bloedsomloop verbeter.”

      a. Voeg ’n hulpwerkwoord in sodat die sin in die verlede tyd is.

      b. Voeg ’n hulpwerkwoord in sodat die sin in die toekomende tyd is.

      c. Voeg ’n medewerkwoord in sodat die sin ’n opdrag is.

      d. Verander die sin sodat dit ’n versoek is.

      e. Verander die sin nou na ’n bevelsin.

      6. Gebruik die voegwoord tussen hakies om die volgende sinne te verbind.

      a. Jy moet gereeld oefen. Jy kan gesond voel. (sodat)

      b. Jou hart en longe kan meer suurstof inneem. Jou bloedsomloop verbeter. (omdat)

      c. Jy moet gesond eet. Jy moet ook gereeld eet. (maar)

      d. Moenie rook en drink nie. Hou so jou liggaam van binne skoon. (en)

      e. Oefening is noodsaaklik. Dit dra by tot vermindering van stres en depressie. (want)

      7. In paragraaf 2 en 4 is voegwoorde onderstreep. Skryf in albei gevalle die sinne sonder die voegwoorde in twee losstaande sinne neer. Let op na jou woordorde.

      8. Voltooi die volgende sinne deur jou eie sin ná die voegwoord te skryf.

      a. Ek sal gebalanseerd eet, omdat . . .

      b. Jan oefen gereeld, sodat . . .

      c. Gert sê dat . . .

      d. Petro eet genoeg vrugte, maar . . .

      e. Jou spiere word versterk, want . . .

      9. Voltooi die volgende sinne waarin die koppelwerkwoord gebruik word.

      a. Hy lyk

      b. Sy word . . .

      c. Ons is . . .

      d. Die atlete lyk . . .

      e. Hulle word . . .

19508.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       partydigheid en stereotipering in ’n spotprent ondersoek

       samehangende paragrawe skryf

       aandag gee aan paragraafskakeling.

      Bestudeer die spotprent noukeurig. Werk dan saam met jou maat en beantwoord die vrae.

16948.jpg

      In ’n neutedop en die Taalgids gee riglyne oor kritiese taalbewustheid.

15519.png

      Partydigheid

      Partydigheid is wanneer jy een party of persoon bo ’n ander verkies. ’n Mens kan dus nie regverdig oordeel nie.

      Stereotipe/stereotipering

      Dit is wanneer jy ’n vooropgestelde siening oor iets of persone

Скачать книгу