Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal. Riens Vosloo

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal - Riens Vosloo страница 5

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal - Riens Vosloo Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

lyk al klaar beter. Leeu kyk hom op en af. “En ek sal jou ’n lang nek gee om jou vyande van ver af te sien aankom,” sê hy, want hy weet Kameelperd se horings beteken nie veel nie. “En lang bene om vinnig te kan weghardloop.” Nou is Kameelperd in sy skik, en hy draf tevrede weg.

      Net toe Leeu wil omdraai, roer iets tussen sy voete. “Hiert!” roep hy en wip in die lug, en voor die skrikmaker nog kan padgee, het Leeu hom platgetrap. Dis Koggelmander. Met ’n potblou kop kruip hy tussen Leeu se toonnaels uit. “Dis jou verdiende loon,” sê die koning. “Nou sal jy ’n blou kop hê.”

      Leeu raak haastig, want die son drink water en sy maag begin skree. Melk en heuning is darem nie ’n dierkoning se kos nie.

      Nou moet die diere net aanvat. Bobbejaan kry ’n sekelstert. Dassie en Mol kry elk ’n lang dunne, maar hulle wil dit nie hê nie en gaan begrawe dit skelmpies. Toe het hulle niks. Mol kry so skaam, hy vroetel hom onder die grond in.

      Boerbok kry ’n baard, en voor sy vrou haar oë kan uitvee, het sy ook een. Die diere lag stilletjies, maar koning Leeu druk deur. “Volgende! Volgende!” sê hy.

      Seekoei sit glad met vier slagtande opgeskeep, en Slang kry per ongeluk Leeu se kalbas veldmedisyne wat hy by ’n jagter gesteel het. Slang slaan sommer alles met een sluk weg. Die goed begin gis, en hy wil net spoeg; die goed trek gif, en hy wil net byt.

      “Kap sy bene af!” skree koning Leeu, maar dit help ook nie. Slang is nou so malkop, hy gooi kronkels en draaie en seil glibberig weg op sy maag. Vandag nog byt hy wat voorkom, en sy gif is nou éérs gevaarlik.

      Muishond kry weer vrou Leeu se laventelpotjie in die hande, en hy smyt die hele spul op hom uit. Sie, toe ruik dit darem aardig. Die diere druk neus toe en gryp in die bondel: horing en hoef en waaierstert. Toe maak hulle dat hulle wegkom.

      “Wat van ons?” skree Wolf en Jakkals, wat nog niks het nie omdat hulle te uitsoekerig was.

      Moeg vir die gesukkel kyk Leeu om, maar daar het net ’n tjank en ’n lag oorgebly. “Vat wat julle wil,” sê hy. “En oppas as julle iets laat staan.”

      Die twee moet net gryp wat voorkom. Dis dié dat Wolf vandag nog die groot lagger van die veld is, en daar is geen dier wat saam met Jakkals kan tjank as die volmaan oor die veld hang nie.

      Toe ou Skilpad eindelik by die uitdeelplek kom, is daar geen dier of geskenk meer oor nie. Dis waarom hy vandag nog met die horingdop rondloop wat Krokodil vir hom gemaak het. En Padda woon glad poedelkaal in die water. Met die lang wagtery in die bloedige son het hy later so warm gekry dat hy stilletjies in ’n poel geglip het, maar iemand het sy klere gesteel. Nou is hy te skaam om tussen die ander diere te kom. As hy ’n bietjie in die sonnetjie sit en hy hoor iets roer, duik hy dadelik in die water weg.

      Maar saans in die donker kom hy en sy broers uit, en dan kan jy hulle hoor kerm.

      “Waar? Waar? Waar?” kla die ene.

      “Klere? Klere? Klere?” kla die ander.

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Noem twee ander kenmerke van volksverhale in hierdie verhaal.
2.Waarom word “Leeu”, en “Boerbok” met hoofletters gespel? Skryf net die regte antwoord neer: Hulle is die belangrikste karakters in hierdie verhaal. / Dit word hulle name, want daar staan nie “die” vooraan nie.
3.Skryf vyf humoristiese sinne in die verhaal neer en sê hoekom dit 'n mens laat lag.
4.“O toggie,” begin Olifant kla. “Nou is my neus glad te kort. Ek kan nie … Ek kan nie … Ek kan nie … asem kry nie!” Wat wil die ellips […] vir ons sê? (Skryf net die regte antwoord neer.) Hy weet nie wat om te sê nie. / Hy kan nie deur sy neus praat nie. / Hy sukkel om asem te haal.
5.Wat is Renoster se “ete en sy drinke”?
6.Verduidelik in een sin wat beteken: “Ai, maar mooi is nie die woord nie!”
7.Grobbelaar gebruik in sy oorvertelling drie woorde wat jy nie in ’n woordeboek sal kry nie. Skryf hierdie drie nuutskeppings neer.
8.Wat beteken “glad” in die volgende sin: “Padda woon glad poedelkaal in die water.” Skryf net die regte antwoord neer: heeltemal / glibberig.
9.Hierdie verhaal wil vir ons verklaar hoekom iets is soos dit is, dit wil dus die ontstaan daarvan verklaar. Skryf vyf daarvan neer in volledige sinne.
10.Hierdie verhaal leer vir ons ’n lewensles / leer nie vir ons ’n lewensles nie. Skryf in twee sinne hoekom jy so sê.
11.As jy nee antwoord op vraag 10, beteken dit dan dit is nie ’n volksverhaal nie? Hoekom sê jy so?
12.Watter persoon het hierdie verhaal vertel? Hoekom sê jy so?

      Postaktiwiteit (verryking)

      Sê nou maar die volgende diere was nie by Leeu se party nie. Probeer in vyf sinne soos Grobbelaar vertel wat Leeu vir een van hulle sou gegee het: kat, muskiet, vlieg.

      Die koning se ring

      Jay Heale

koning-se-ring.jpg

      Prelees – groepbespreking

      Daar word baie ou verhale vertel oor ’n dinastie (’n reeks konings uit dieselfde familiegroep) wat vanaf die veertiende tot die sewentiende eeu iewers in die huidige Zimbabwe en Mosambiek regeer het. Hulle was baie ryker as ander konings van hulle tyd en hulle grootste skat was goud. Dié koninkryk het bekend gestaan as Monomotapa. Toe vroeë reisigers op die Zimbabwe-ruïnes afgekom het, het hulle gemeen dit is Monomotapa. Niemand kon egter ooit met sekerheid vasstel waar Monomotapa was en of dit werklik bestaan het nie.

       Wie van julle het al die Zimbabwe-ruïnes gesien? Vertel die klas daarvan.

       Probeer ’n klompie foto’s van die ruïnes klas toe bring. Plak dit in jou werkboek wanneer jy die vrae oor die verhaal beantwoord.

      Die verhaal

      Daar was eenmaal ’n koning wat ’n wonderlike ring gehad het. In hierdie towerring het die geheim van al sy mag gelê. Hy het die ring soos ’n skat bewaar, want dit het hom die magtigste koning in Afrika gemaak.

      Die goud waarvan die ring gemaak was, het met die Nylrivier langs gekom, en die goud was ingelê met silwer wat met die Kongorivier langs gekom het, en die diamante daarin het met die Zambezirivier langs gekom – so word daar vertel. Maar waar die ring in hierdie vorm vandaan gekom het, het niemand geweet nie.

      So groot was die ring se mag dat dit die een wat dit gedra het teen alle gevaar beskerm het. Maak nie saak hoeveel mense om hoeveel hoeke sou storm met hoeveel spiese en byle en pyle nie, die koning kon niks oorkom nie. Dis nou te sê, solank hy die ring gedra het.

      Dit is hoekom die koning nooit ooit sy ring afgehaal het nie. Of hy nou hofsittings moes hou, en of hy by ’n reusefeesmaal aangesit het wat ’n dag lank sou duur, en of hy deur die stad gedra is op sy spesiale drabed met volstruisvere versier – hy het altyd sy ring gedra. Selfs snags wanneer hy slaap, was die ring aan sy vinger.

      Maar die koning moet ook bad, en dan moet hy sy ring afhaal. Dan dra sy bediendes hom na die kristalpoel by die waterval en sit hom neer, en dan buig hulle en sy baie vroue en sy baie, baie kinders laag voor hom, en dan loop hulle agteruit tot hulle hom nie meer kan sien nie, want niemand mag ooit sy rug op die koning draai nie.

      Eers wanneer almal weg is, trek die koning uit. Hy haal sy kroon van ivoor en goud en pouvere

Скачать книгу