.

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу - страница 4

Автор:
Жанр:
Серия:
Издательство:
 -

Скачать книгу

skuldig voor haar uit. Dit vat ’n paar oomblikke voordat sy die volle implikasie van Susannatjie se openbaring begryp. “Mildred kon vandag ’n hartaanval gekry het,” prewel sy ná ’n rukkie.

      “En daar’s nog iets, Ouma. Rosie sê vir my dat …”

      “Wat sê sy?”

      Susannatjie slaan haar oë hemelwaarts en skuif haar wit kopdoek reg. “Sy sê dat die einste miss Petronella van Niekerk baie aande hier in die gang afdwaal.”

      Ant Liefie vererg haar. “Dis sommer bog! Sê vir Rosie ons spook was nie ’n regte spook nie.”

      Susannatjie kyk haar onseker aan. “Ja, Ouma. Sy was nie ’n regte spook nie.”

      Susannatjie gaan uit. Ant Liefie kyk haar ontnugter agterna. Om te dink dat die arme Mildred en ou Dolores … Sy’t nou ’n sterk koppie tee nodig.

      Sy skakel die ketel aan en begin die leë teekoppies bymekaarsit in die wasbakkie. Sy staar na die blou teekoppie. Dis leeg. Sy kan nie onthou dat sy Petronella se vol koppie tee uitgegooi het nie. Sy het tog nie? Of miskien het sy?

      Sy gooi melk by haar koppie tee en gaan sit voor die werkstafel. Iets pla haar. Waar is die Petronella-pop? Dit moet tog net hier wees. Hier waar sy dit nog vir Mildred en Dolores gewys het. Net hier. Maar sy sien dit nie.

      Sy draai om op haar stoel. Dit voel asof iemand vir haar kyk. Haar oë dwaal deur die kamer en raak vasgenael op die flikkerende bedlampie. Dit voel vir haar asof ’n koel luggie deur die kamer trek. Bo-op die lampie, met sagte beentjies wat afhang, sit die Petronella-pop vir haar en loer met glasogies.

      Biegbrief

      Annalise sit lank en staar na die blou skryfblok. Sy het die brief haarfyn in haar kop beplan, maar nou weet sy nie waar om te begin nie. Sy staan op en kyk rond in die vertrek. Ná vyf maande in die klein woonstelletjie voel sy nog steeds vreemd. Dis nie haar plek nie. Dis nie haar goed nie. En selfs al het Gloria gesê sy kan bly so lank as wat sy wil, voel sy tog skuldig om verniet te bly. Skuldig, skuldig. Dis haar eie skuld dat sy hier beland het. Sy wil huis toe gaan. Sy wil weer op die ou uitgeholde bank met die blou kussings sit. Sy wil daar wees by haar eie goed, by die bont gordyne met die voerings wat plek-plek geskeur het. By Petrus. Maar om daar uit te kom, moet sy eers die berg van die brief opklim. Dis ’n verskriklike berg. Sy weet nie waar om te begin nie.

      Liefste Petrus …

      Nee, dink sy, dit klink nie reg nie.

      Liewe Petrus …

      Nee, ook nie reg nie.

      Beste Petrus,

      Daar is ’n paar dinge wat ek in my hart voel wat ek vir jou moet sê. Dis nie maklik nie, maar ek besef al hoe meer dat dit dinge is wat my van binne af opvreet en daarom wil ek dit uit my gestel kry. In die afgelope maande het ek al hoe meer besef dat baie dinge my skuld was. Die hele ding oor Josephine pla my al hoe meer.

      Daar is sekere dinge wat soos bakens op mens se pad uitstaan. Om een of ander rede onthou jy die detail asof met die voorwete dat dit ’n lewensbepalende moment sou word. So was dit toe sy Josephine vir die eerste maal ontmoet het. Mens kon die vrou wat op spykerhakke by die biblioteek ingestap het, glad nie miskyk nie. Sy was besig om nuwe boeke te bêre en het na die vreemde vrou gestaar. Daar was ’n oordadigheid aan haar: te veel maskara, te veel lyf, te veel juwele, te veel van alles. Die blonde hare was ’n asemrowende gepluisde pluim van krulle wat tot op die skouers hang. Die goed bedeelde lyf was in ’n kort rokkie gegiet.

      “Wie’s dit, ant Millie?” het sy gevra toe die vrou uit is. Millie Basson sou weet. Ná soveel jare by die biblioteek het sy al die dorp se stories geken en ook geweet wat almal lees.

      “Ek dog jy weet.” Ant Millie het haar stip aangekyk en haar beplooide wange ingesuig, soos wat haar gewoonte was voordat ’n groot storie uitbreek, en toe agter haar hand gefluister: “Van Kuilsrivier af, weduwee met twee opgeskote seuntjies. Josephine Tredoux. Sy’s familie van Dirk Mouton en hy’t haar aangestel vir die boeke by die garage. Katie van die Hardware Store sê sy’t ingetrek by daai woonstel bo-op die bank se gebou. En Katie sê die een kind is by juffrou Mynie in die klas en die ander een by Smittie, glo vreeslik stil en op hulle plek.”

      “Die boeke by die garage?” was al wat Annalise kon uitkry.

      Ant Millie sê onheilspellend: “Dis wat ek nie kan verstaan dat Petrus jou nie gesê het nie.”

      Petrus is werktuigkundige by die garage. Hy moet tog van die nuwe vrou geweet het. Almal wat haar gesien het, sou geweet het van haar. Hoekom het Petrus haar niks gesê nie?

      Ant Millie het al harder agter haar hand gepraat. “Doep van Vuuren by die bank sê sy lyk vir hom op ’n druppel na Dolly Parton. Hy sê daar’s elke keer ’n beroering onder die manne wanneer sy daar instap.”

      “Wat het sy toe uitgeneem? Het sy iets gekry?”

      “Ja, nogal die Complete Illustrated Encyclopedia of Classic Cars.”

      “O?”

      Sy kon amper nie wag tot Petrus die aand by die huis kom nie. “Ek hoor Dirk het toe iemand vir die boeke gekry?”

      “O … ja, Josey. Ja, sy’t laas week daar begin.”

      So, Josephine was sommer nou Josey.

      “En hoe is sy? Is Dirk tevrede?”

      “Ja, hene, Josey run die hele show daar. Die girl ken haar spare parts. Dirk is maar te bly om haar te hê.”

      “Is sy jonk? Hoe oud is sy?”

      “Nee, ek weet nie. Sy’t nie eintlik ’n ouderdom nie. Sy’s net all over the show. Sy check wragtag self die karre se enjins voor hulle uitgaan. Soos in alles. En sy check die pompe ook self. Dirk dink hy’t ’n goudmyn gestrike.”

      Annalise het haar dom gehou: “Is sy getroud?”

      “Haar man is laas jaar dood. Philip Tredoux, die renjaer. Dit was daai storie in die koerant van die wedrenne in die Baai toe die ou in ’n fratsongeluk op die baan doodgery is. Kan jy onthou? Hy was nogal baie bekend. Het sy eie karre opgebou en Josey het hom gehelp. Shame, ek is so jammer vir die twee laaities. Josey sê hulle was mal oor hulle pa.”

      Annalise het hom aangestaar. Hoekom weet Petrus so baie en hoekom het hy niks gesê nie? “Hoe oud is hulle?”

      “Klein Flip is in standerd vyf en Barnie standerd drie. Albei sulke blondekoppies.”

      Dan het hy die kinders ook al ontmoet. Daar was ’n beklemming in haar keel.

      “Waar bly hulle?”

      “Dirk het vir haar daai woonstel bo-op die bank gekry. Dis nogal groot, baie netjies.”

      “Was jy daar?”

      Hy het net té onskuldig geklink, net té heftig gereageer: “Nee, nee. Ek en Pietie het net gaan help toe die yskas afgelaai is.”

      Annalise se onsekerheid het minuut vir minuut groter geword. Hoekom het Petrus alles vir haar weggesteek? Sou hy ooit iets gesê het as sy nie gevra het nie? En nou dat hy wel aan

Скачать книгу