Wat sien ons in die spieël. Dirkie Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wat sien ons in die spieël - Dirkie Smit страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Wat sien ons in die spieël - Dirkie Smit

Скачать книгу

saggies aan, liefdevol. Telkens noem hy hulle “broers”. Hy erken hul Christenskap. Hy erken hul geloof. Hy weet hulle is belydende gelowiges wat dit goed bedoel. Hy weet hulle kry swaar onder stryd, meningsverskille, beproewings en versoekings. Hy weet dat hulle nie aldag mooi raad weet nie, dikwels onseker is oor wat om te doen, hoe om te reageer, hoe om die dinge wat gebeur en mekáár te hanteer. Hy weet hulle ervaar ernstige konflik wat dreig om hulle en die gemeente te verskeur. Daarom wil hy hulle help. Hy wil hulle die weg van die waarheid wys.

      Maar hy sien ook die eintlike rede vir dié konflikte is juis dat hulle nie uitleef wat hulle glo nie. Hulle doen nie wat hulle bely nie. En hulle weet dit nie eens nie.

      Gevolglik wil hy nie iets nuuts vir hulle sê nie. Soos ’n tipiese Joodse wysheidsleraar wil hy hulle bloot herinner aan iets wat hulle reeds weet, bely en glo, en trouens dink dat hulle dit doen. Hy wil hulle help om te sien dat hulle dit nié regtig doen nie … Hy wil hulle uithelp uit hul verblindheid.

      Dit is presies wat die Heilige Gees vir die kerk wil doen: Hy wil ons lei in die volle waarheid; ons oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel; ons verstand verlig. Hy wil ons al hoe meer verander na die beeld van Christus.

      5 Om sy hoorders van hierdie spanning bewus te maak, volg Jakobus ’n duidelike strategie. Reeds hier in die begin sê hy vir hulle wat hy gaan doen: Hy gaan hulle help om in ’n spieël te kyk … in die hoop dat hulle hulleself sal herken. Hy gaan telkens van dramatiese illustrasies gebruik maak, denkbeeldige voorbeelde skets, “sê nou maar net”-verhale vertel … in die hoop dat hulle hul lewe daarin weerspieël sal sien. Hy gaan meermale die spieël van die evangelie voor hulle ophang. En hy pleit by voorbaat dat hulle diep daarin sal kyk, sien en onthou (vgl. 1:23-25).

      En telkens gaan hy vrae vra – in die hoop dat dit hulle sal laat nadink en sien.

      Hy gaan ook onhoudbare teenstellings vir hulle voorhou, sodat hulle sal moet saamstem dat dinge tog onmoontlik só kan wees. Dít alles in die hoop dat dit hul oë sal oopmaak.

      In die oordenkings wat volg, sal ons saam met Jakobus se destydse lesers na ’n hele paar van hierdie spieëls kyk. Ons sal ’n hele paar van die vrae self oordink – in die hoop dat ook ons iets sal herken.

      6 Kierkegaard het eenkeer gehoor ene Nikolaj Frederik Severin sê in ’n preek die Woord van God het die kerk verlaat. Hierop reageer Kierkegaard in sy dagboek: “Ek sal nooit so iets kan sê nie. Ek sal eerder sê: Waarom is die krag weg uit die prediking van die Woord van God? Want na my mening is dit wel die Woord van God wat oor die hele land in kerke gehoor word – maar ongelukkig volg ons dit nie na nie. Ek is met baie min tevrede, net ’n paar woorde van die Bybel is vir my genoeg – ek vra myself bloot af: Het jy dit gedóén? Dit is waarom ek na enigeen kan luister, na enige prediker, Bybeluitlegger of getuie.”

      ’n Paar woorde uit die Bybel is vir my genoeg. Ek vra myself bloot af: Het jy dit gedoen?

      Het jý dit gedoen?

Vrae vir groepbespreking – of vir persoonlike oorpeinsing

      1.Bespreek Kierkegaard se stelling aan die einde van deel 1. Kan ’n mens dit enigsins toepas op die soort Christenwees wat julle ook ken, of sal dit te kras wees? Motiveer jul toepassing, as julle wil, en gee praktiese voorbeelde van dinge wat julle persoonlik ontstel.

      2.Bespreek Bonhoeffer se uitspraak in deel 3: “Wie glo, is gehoorsaam; en slegs wie gehoorsaam is, glo waarlik.” Stem julle daarmee saam? Gesels ook oor die praktiese implikasies van jul mening.

      3.In deel 3 word ’n onderskeid gemaak tussen bewonderaars, leerlinge en dissipels van Jesus. Dink aan die Christelike kerk soos julle dit ken. Is dit ’n sinvolle onderskeid, of nie? Probeer prakties daaroor gesels.

      4.In deel 4 en 5 word beweer een van ons grootste probleme is juis: Ons is onbewus daarvan dat ons nié doen wat ons bely nie. Daarom wil Jakobus ’n spieël voor ons ophou. Is daar groeplede wat kan (en wil) getuig dat hulle onbewus daarvan was en in ’n stadium besef het daar is wel ’n konflik tussen bely en doen in hul eie lewe? Het dié besef ’n verskil aan die persoon se lewe gemaak?

      5.Bespreek die moontlike implikasies van Kierkegaard se opmerking in deel 6 vir ons eie kerkgang.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RWrRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAfAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkYdpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIChNYWNpbnRvc2gpADIwMTQ6MDQ6MjMgMTE6 MDc6MzcAAAAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAUcQAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAA

Скачать книгу