Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

. . die mense van Afrika is keer op keer vertel dat hulle babas is, dat hulle ’n minderwaardige ras is, dat hulle nie enigiets waardevols op hul eie kan bereik of sonder ’n wit man as hul ‘trustee’ of ‘leier’ nie. Dié verraderlike voorstelling het hul verstand vergiftig en gelei tot ’n patologiese ingesteldheid. Daarom het die Afrikaan sy verdienstelike kwaliteite van selfrespek, selfvertroue en selfstandigheid verloor of is besig om dit te verloor. Selfs in die politieke wêreld is beweer dat Afrikane nie hulself kan organiseer of enige vordering kan maak sonder wit ‘leiers’ nie. Nou staan ek vir die opstand teen hierdie sielkundige verslawing van my mense. Ek streef na die uitwissing van hierdie ‘Ja-Baas’-mentaliteit, wat vir eeue sistematies en subtiel in die koppe van Afrikane ingeplant is.

      ANTON LEMBEDE,

      regsgeleerde en ANC JEUGLIGA-stigterslid en -president, 1941

      Die leier van die Afrikane sal uit hul eie lendene kom.

      ANTON LEMBEDE, 1943

      Die wortels van beskawing lê diep in die grond van Afrika. Egipte is die wieg van die beskawing, nie net in die wetenskappe nie, maar ook in die be­ginsel van mededeelsaamheid. Hannibal, oorwinnaar en poligamis, het drie swart vroue gehad; Moses het met ’n Afrikaan getrou; nóg Europa nóg Asië het ’n gebrek aan Afrikabloed. Christus self het op jong ouderdom besker­ming in Afrika gevind. Op pad na Golgota het sy ondersteuning van Afrika gekom.

      ANTON LEMBEDE, 1940’s

      Ons beskou dit as ons historiese rol om tot ’n Verenigde State van Afrika van die Kaap tot Kaïro, Marokko tot Madagaskar by te dra.

      ROBERT SOBUKWE,

      leier van die Pan Africanist Congress, Mei 1960

      Ons staan vir ’n regering van die Afrikaan, deur die Afrikaan en vir die Afrikaan, met elkeen wat sy trou aan Afrika toesê en ook bereid sal wees om deur die meerderheid van Afrika regeer te word.

      ROBERT SOBUKWE, Mei 1960

      Ek weet ek is beskuldig dat ek anti-wit is, nie net deur die regering nie, maar ook deur andere. Maar daar is nie een mens wat ’n stelling van my kan aanhaal wat dit bewys nie. Wanneer ek sê ‘Afrika vir die Afrikaan’, het ek dit altyd duidelik gemaak dat ek met Afrikaan daardie mense, van enige kleur, bedoel wat Afrika as hul tuiste aanvaar. Kleur beteken vir my niks nie.

      ROBERT SOBUKWE, in gesprek met die

       joernalis en redakteur BENJAMIN POGRUND op Robbeneiland,

       waar Sobukwe van 1963 tot 1969 aangehou is

      Afrika, meer as enige ander kontinent, moes rekening hou met die gevolge van onderwerping in ’n ontkenning van sy eie rol in die geskiedenis, insluitende die ontkenning dat sy mense die vermoë het om verandering en vooruitgang te bewerkstellig.

      NELSON MANDELA,

      eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner

      Dit sou ’n wrede ironie van die geskiedenis wees as Afrika se dade om die kontinent te laat herleef ’n nuwe wedloop om Afrika ontketen wat, soos in die negentiende eeu, die kontinent se rykdom plunder en dit weer eens armer laat.

      NELSON MANDELA

      In die privaatheid van sy toilet, wroeg die swart man in stille veroorde­ling van die wit samelewing, maar vertoon vriendelikheid in beteuterde onder­danigheid as hy uitkom en hom haas in antwoord op sy baas se ongedul­dige geroep. In die bus of trein op pad huis toe sluit hy hom aan by die koor wat die wit man reguit veroordeel, maar is eerste om die regering te prys in die teenwoordigheid van die polisie of sy werkgewer . . . Alles in ag ge­nome, het die swart man ’n dop geword, ’n skaduwee van ’n man . . . ’n slaaf.

      STEVE BIKO,

      Swart Bewussynsleier en anti-apartheidsaktivis, I Write What I Like, 1978

      Ek is ’n Afrikaan. Ek is my bestaan verskuldig aan die heuwels en die valleie, die berge en die oop ruimtes, die riviere, die woestyne, die bome, die blomme, die oseane en die altyd veranderende seisoene wat die gesig van ons moederland definieer . . . Ek is my bestaan verskuldig aan die Khoi en die San wie se verlate siele in die groot ruimtes van die pragtige Kaap heers – hulle wat die slagoffers was van die mees meedoënlose volksmoord wat ons geboorteland ooit gesien het, hulle wat die eerste was om hul lewe te verloor in die stryd om ons vryheid en onafhanklikheid en hulle, wat as gevolg daarvan, gesterf het . . . Ek is gevorm deur die migrante wat Europa verlaat het om ’n nuwe huis in ons geboorteland te vind. Wat ook al hul dade, is hulle steeds deel van my. In my are vloei die bloed van die Maleise slawe wat van die Ooste gekom het . . . Ek is die kleinkind van die krygsmanne en -vroue wat Hintsa en Sekhukhune gelei het, die patriotte wat Cetshwayo en Mphephu na die slagveld geneem het, die soldate wat deur Moshoeshoe en Ngungunyane geleer is om nooit die stryd om vryheid te versaak nie. My verstand en my kennis is gevorm deur die oorwinnings wat die juwele is in ons Afrika-kroon, die oorwinnings wat ons behaal het van Isandlwana tot Kartoem, as Ethiopiërs en as die Asjanti van Ghana, as die Berbers van die woestyn. Ek is die kleinseun wat vars blomme lê op die Boeregrafte by St. Helena en die Bahamas, wat in sy verbeelding die lyding kan sien en beleef van die eenvoudige, landelike mense, die dood, konsentrasiekampe, vernietigde huise, ’n droom in ruïnes. Ek is die kind van Nongqawuse. Ek is hy wat dit moontlik gemaak het om op wêreldmarkte in diamante, in goud, in dieselfde voedsel waarna my maag verlang, handel te dryf. Ek kom van hulle wat van Indië en China vervoer is, wie se bestaan alleenlik afkomstig was van die feit dat hulle fisieke arbeid kon voorsien, wat my geleer het dat jy beide tuis kan wees en van die buite­land, wat my geleer het dat die menslike bestaan self vereis het dat vryheid ’n noodsaaklike toestand vir die menslike bestaan is. As deel van al hierdie mense, en in die kennis dat niemand daardie bewering kan betwis nie, sal ek aanspraak maak – ek is ’n Afrikaan.

      THABO MBEKI, Suid-Afrikaanse president,

      in ’n toespraak tydens die aanvaarding van Suid-Afrika se eerste demokratiese grondwet in die parlement, 1996

      Ek vind niks om die lank gekoesterde dogma van Afrika-buitengewoonheid, waarvolgens die kleur swart ’n simbool van vrees, boosheid en die dood is, te behou nie. Ek praat van hierdie lank gekoesterde dogma omdat dit steeds die verstand en gees van die Afrikaan

Скачать книгу