Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

op haar eie skouers dra, en daardeur ’n toestand in haar en die res skep wat op sigself enige aanspraak betwis dat sy in staat is tot inisiatief, kreatiwiteit, individualiteit en entrepreneurskap. Dié gewig dikteer dat sy nooit haar rug sal kan reguit maak nie om daardeur te ontdek dat sy net so lank is soos die slawemeester wat die sweep dra. Nog minder sal sy die geleentheid kry om te bevraagteken waarom die meester die wettige reg besit tot sowel die kommoditeit wat sy op haar rug vervoer en die arbeid wat sy moet beskikbaar stel om te verseker die las op haar skouers word oorgesit in dollar en jen. ’n Noodsaaklike en vereiste element van die Afrika-Renaissance is dat ons almal dit as ons taak opneem om haar aan te moedig wat die loodgewig dra, om te rebelleer, om die belangrikheid van haar humaniteit op te dwing – die feit dat sy, in die eerste instansie, nie ’n pakdier is nie, maar ’n mens en Afrika-wese.

      THABO MBEKI,

      in ’n toespraak by die Verenigde Nasies-universiteit, 9 April 1998

      Ek is van Afrika, daarom Afrikaan, omdat ek in Suid-Afrika gebore is, grootgeword het en woon en ’n Suid-Afrikaanse

      identiteitsdokument het.

      FREDERIK VAN ZYL SLABBERT,

      akademikus en politikus, Duskant die geskiedenis, 2006

      In Afrika gebeur dinge soms agterstevoor. Soos dat die son

      eers moes ondergaan oor die vasteland voordat hy opgekom het,

      en nie andersom nie.

      MATHEWS PHOSA,

      digter en ANC-politikus, “Voorwoord”, Deur die oog van ’n naald, 1996

      Die swart samelewing was aan skerwe, die morele struktuur was vernietig. Ek het na ander Afrikalande gekyk, almal was in ’n gemors, mense was nie geskik om hierdie lande te bestuur nie.

      AGGREY KLAASTE,

      koerantredakteur, oor die redes vir sy idee van nasiebou, Sowetan, 28 April 1988

      Ek het my kultuur behou. Ek het die musiek van my wortels behou. Deur my musiek het ek hierdie stem en beeld van Afrika geword sonder om eers daarvan bewus te wees.

      MIRIAM MAKEBA,

      sanger en bekend as Mama Afrika, Makeba: My Story, 1987

      Om as ’n mens in die Afrika-kultuur geklassifiseer te word, was dit nie genoeg om op twee bene te loop nie. Jy is beskou as ’n mens op grond van wat jy gedoen het om jou medemens op te hef. Selfsugtigheid of individu­alisme het fronse ontlok . . . Wanneer ons wat hierdie erfenis waardeer, sien hoe sommige van ons met hul rykdom te koop loop te midde van ’n oseaan van armoede, besef ons iets is pynlik verkeerd in ons samelewing . . . Ons vrees dat die tempo waarteen die inhaliges ons hulpbronne verorber ons land droog gaan laat, en die siklus van armoede sal nie gestuit word nie.

      SIMPHIWE SESANTI,

      akademikus en joernalis, Cape Times, 28 September 2009

      Om oor Afrika te vlieg is ’n topografie

      van landmeterskap wat aan die mistieke grens –

      die oog kan nooit lank genoeg rek

      BREYTEN BREYTENBACH, digter en skilder,

      “die intensiteit van tekstuur inhibeer die strategie van struktuur”, Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde, 1993

      Die heropbou van Afrika vereis die sielkundige vasmeerplekke van ’n geskiedenis van hierdie kontinent wat ons jong mense leer oor die grootsheid wat Afrika was, en ’n grootsheid wat nog bereik kan word as hulle die knuppels optel en veg en dit bou.

      MATHATHA TSEDU, joernalis en koerantredakteur

      1 Lutuli word dikwels gespel as Luthuli, maar hy het die eerste vorm verkies.

      Afrikaans en die Afrikaner

      Dat de meergenoemde Inwoonders de Nederlantse spraecke wel sullen leer, is apparent.

      LEENDERT JANSZEN en MATTHIJS PROOT, VOC-amptenare,

       in die versoek om ’n verversingstasie aan die Kaap op te rig, 27 Junie 1649

      ’k ben een Afrikaander.

      HENDRIK BIBAULT,

      Kaapse inwoner, Stellenbosch, 1707

      . . . als Hij met zijn bescherming met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven, dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als een verjaardag en een dankdag, zoals een Sabbat in zijn eer zullen doorbrengen; en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen, dat zij met ons erin moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten.

      GELOFTE van die Voortrekkers by Bloedrivier, 15 Desember 1838

      Wij konden niet altoos lopen aan de leiband van Engeland.

      J.H. (ONZE JAN) HOFMEYR, redakteur van Het Zuid-Afrikaansch Tijdschrift, vaandeldraer van Nederlands, 20 Julie 1879

      . . . die meeste Afrikaanders is nes steeks perde, hulle wil mos nie glo dat ons een eie taal het nie.

      DIE AFRIKAANSE PATRIOT, eerste uitgawe, 15 Januarie 1876

      Is daar spotters? (Daar is seker baiang). Spot maar fluks op! Ons troos ons daarmé, julle spot uit domheid! Alle dinge word bespot. Stoom is mé gespot . . . En sou die Afrikaanse taal dan vryloop? Een Regte Afrikaander sal nie spot nie,

Скачать книгу