Lobola vir die lewe. André P. Brink

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Lobola vir die lewe - André P. Brink страница 2

Lobola vir die lewe - André P. Brink

Скачать книгу

die begin was die skuld en die skuld was by my en die skuld was ek—maar dis ’n leuen, want voordat hy gekom het (of ek) of sy (of ek) kon daar geen skuld gewees het nie, tensy die hoender voor die eier voor die hoender was. Maar nou sluip dit van alle kante op my toe, verderf wat in die duisternis wandel en pyle wat bedags verwoes: waar sal ek skuil, en waar sal ek in hierdie duister deure vind of vensters vind; dit keer my vas en laat my tastend terugkruip na die hoek—

      En dan die nugter telefoon op sy tafeltjie. Bont kleedjie met koffiekol. In die hoek, aljimmers in die hoek, ewigdurend in Die Hoek, alomteenwoordig en tog so nodig. Vir alle noodoproepe skakel 999: polisie. ambulans. brandweer.

      Ek het ’n noodoproep vannag te maak, maar ’n ander een as een van dié: net om ’n stem te hoor, ’n mens, ’n wese, iets. Ek verwag nie dat ek hom sal verstaan of hy vir my nie, omdat ons net woorde sal hê om mee te praat: die groot swye, die groot leuen, die groot hardlywigheid van die gees.

      Dwarsoor die skakelring staan die nommer potsierlik belangrik: onfeilbare genadegawe van ons drukke eeu, die groot antwoord op die tallose klein vrae, die iets in die niet rondom: 12-3456. Dít is reël, konkreet, dáár. Dit ís.

      Dis lekker om ’n nommer te is, te is,

      Dis lekker om ’n nommer te is

      Dit is oorstelpend, onontkenbaar, onontkombaar dáár. 12-3456.

      en om my kamer teen die donker vensters oor die dakke om die gebou die stad die sonnestelsel slinger die duisternis amorf verwilderend vereensamend

      My vinger skakel panies-meganies swart syfer na syfer, in volmaakte wit sirkeltjies, omringende nulletjies, met die gons van die wieletjie, die nommer wat daar streng op aandag staan: 12-3456.

      Beset.

      verlatenheid teen die nag teen die verlede die tydelose skuldelas van alles wat gebeur het of nog mag gebeur

      Probeer die sentrale; want ek moet deur.

      Sentrale—nommer nul.

      (Die gaatjie in die nul.)

      Ek skakel nul.

      Nul antwoord.

      “Nul?”

      “Nul.”

      “Ek moet deurkom na 12-3456. Dis dringend. Die lyn is stukkend.”

      “Wat is u nommer?”

      “12-3456.”

      “En u wil deurkom na—?”

      “12-3456.”

      “Maar—”

      “Dis dringend, dringend, dringend!” (Skreeu.)

      Sugtende antwoord: “Nou goed. U’s deur. Praat maar.” Sy stem verloor, word niet.

      Ek vra: “12-3456?”

      Ek antwoord: “Ja.”

      “Is ek deur na jou?”

      “Ja.”

      “Ek wil met jou praat.”

      “Ja.”

      “Ek moet.”

      “Waarom moet?”

      “Glo my.”

      “Daar word soveel van die geloof gevra.”

      “Dit is miskien die laaste keer wat ek met jou sal praat.”

      “Of die eerste.”

      “Dis in elk geval alles verby.”

      “Watter sekerheid het jy dat dit ooit wás?”

      “Niks niks niks. Ek soek dit ook nie.”

      “Soek jy iets?”

      “Ja ja!”

      “Wat?”

      “Hoe moet ek weet voordat ek dit gevind het?”

      “Waarom het jy my dan gebel?”

      “Ek het gedink jy sou my kon sê.”

      “Wat?”

      “Wat ek kan doen.”

      “Wat gaan jy doen?”

      “Ek weet nie.”

      “Wat hét jy gedoen?”

      “Ingepak.”

      “Hoe ver is jy daarmee?”

      “Halfpad.”

      “Presies halfpad?”

      “Dit kan tweederdes wees.” (Sug; kyk om; bereken; sug.) “Of eenderde.”

      “Wanneer gaan jy klaarmaak?”

      “Vannag. Eendag. Een eeu na alle tyd.”

      “En wanneer gaan jy vort?”

      “Môre.”

      “Oggend—middag—aand?”

      “Oggend.”

      “Waarom?”

      “Die volgende huurder kom.”

      “Wie is hy?”

      “Ek weet nie.”

      “Het jy probeer uitvind?”

      “Nee.”

      “Waarom nie?”

      “Ek was—besig.”

      “Waarmee?”

      “Met niks.” (Kort ewigheid.) “En alles.”

      “Alles?”

      “Jy weet—wat gebeur het.”

      “Ek weet nie.”

      “Jy moes ten minste die koerant gesien het.”

      “Wanneer?”

      “Vanmiddag.”

      “Waaroor?”

      “Jy ken die name.”

      “Wie was hulle?”

      “Marie was een.” (Fluister.)

      “En

Скачать книгу