Witwatersrand. Wilbur Smith

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Witwatersrand - Wilbur Smith страница 5

Witwatersrand - Wilbur Smith

Скачать книгу

moet Sean terug skool toe. Op ’n Maandagoggend vroeg, terwyl dit nog donker is, lê Garrick en luister na die voorbereidings vir die vertrek: die sagte gerunnik van die perde op die werf en in die huis Ada se stem wat Sean sy laaste opdragte gee.

      “Ek het ’n bottel hoesstroop onder jou hemde ingepak. Gee dit vir Fraulein wanneer jy uitpak. Sy sal dit vir jou gee sodra daar tekens van ’n verkoue is.”

      “Ja, Ma.”

      “Daar is ses frokkies in die klein tassie, trek elke dag ’n skone aan, hoor!”

      “Net sissies dra frokkies.”

      “Jy doen soos Ma sê, kêreltjie!” Waite se stem. “Opskud nou met jou pap. Ons moet nou begin aanstaltes maak as ek jou om sewenuur in die dorp wil hê.”

      “Kan ek gou vir Garry gaan groet?”

      “Jy’t mos gisteraand al gegroet. Buitendien slaap hy nog.”

      Garrick maak sy mond oop om te roep, maar hy sluk sy stem weer terug, want hy weet dit sal nooit so ver trek nie. Hy lê stil en luister hoe die stoele oor die eetkamer se vloer skraap, die voetstappe in die gang af, en uit op die stoep, stemme wat totsiens sê en dan uiteindelik die wiele van die verewaentjie wat oor die gruis op die pad knars. Dis doodstil nadat Sean en sy pa weg is.

      Daarna is naweke die enigste ligpunte in Garrick se kleurlose bestaan. Hy hunker na hul koms, maar dit duur ’n ewigheid van die een na die ander.

      Ada en Waite besef hoe hy voel en hulle skuif die middelpunt van die huis na sy kamer toe. Hulle bring twee van die vet leerleunstoele uit die sitkamer en sit een aan elke kant van sy bed neer. Hier bring hulle hul aande deur. Waite sit met sy pyp in die mond en ’n glasie brandewyn langs hom en kerwe aan die houtbeen wat hy vir Garry maak en hy lag weer sy ou, diep lag. Ada sit aan die ander kant en brei. Hulle probeer albei om hom te bereik, maar moontlik omdat dit so ’n bewuste poging van hulle kant is, slaag hulle nie daarin nie. Miskien is dit ook nie moontlik om soveel jare terug te loop en jou in te dink in die wêreld van ’n jongman nie. Garrick lag en gesels met hulle, maar dit is nie dieselfde as wanneer Sean daar is nie. Bedags moet Ada na die groot huishouding omsien en moet Waite aandag gee aan sy sewe duisend vyf honderd morg grond en sy twee duisend beeste. Dit is die eensaamste tyd vir Garrick. As hy nie boeke gehad het nie, sou hy dit dalk nie uitgehou het nie. Hy lees alles wat Ada vir hom bring: Stevenson, Swift, Defoe, Dickens, en selfs Shakespeare. Baie verstaan hy nie, maar hy lees gulsig en die opium van die geskrewe woord help hom om deur die lang dae te kom totdat Sean elke Vrydag opdaag.

      Wanneer Sean by die huis is, is dit asof daar ’n sterk wind waai. Deure klap, honde blaf, bediendes skel en voetstappe klap op en af in die gange. Die meeste van die lawaai is Sean s’n, maar darem nie alles nie. Daar is ook Sean se aanhangers, kinders van die dorpskool wat Sean se gesag net so gewillig soos Garrick aanvaar het. Dit was nie net Sean se vuiste wat hierdie aanvaarding vir hom gewen het nie, maar ook die gelag, plesier en gevoel van opwinding wat hom vergesel het. Troppe van hulle kom daardie somer op Theuniskraal kuier, partykeer drie op ’n slag bloots op een ponie se rug, soos ’n ry spreeus op ’n heining. Hulle kom ook vir die ekstra aantrekkingskrag van Garry se stomp been. Sean is baie trots daarop.

      “Daar het die dokter dit toegewerk,” vertel hy en wys na die ry steekmerke in die pienk plooi van nuwe weefsel.

      “Kan ek daaraan vat?”

      “Nie te hard nie, anders bars dit dalk weer oop.” Garrick het nog nooit in sy lewe so baie aandag gekry nie. Hy straal terwyl hy na die kring van grootooggesigte om hom kyk.

      “Dit voel snaaks, so warmerig.”

      “Was dit seer?”

      “Hoe het hy die been afgekap – met ’n byl?”

      “Nee.” Sean is al een wat tegniese vrae in hierdie verband kan beantwoord. “Met ’n saag. Net soos ’n stuk hout.” Hy beduie met sy hand.

      Maar selfs hierdie boeiende onderwerp kan hulle nie lank besig hou nie. Gou raak hulle rusteloos.

      “Haai, Sean, ek en Karel weet waar daar ’n nes vol kuikens is, wil jy kom kyk?” Of: “Kom ons gaan vang paddas,” en Garrick moet wanhopig ingryp.

      “Julle kan na my seëls kyk as julle wil. Dis daar in die kas.”

      “Nee wat, ons het dit nou die dag gesien. Kom ons waai.”

      Dis dan wanneer Ada, wat deur die kombuisdeur na die gesels geluister het, met die eetgoed inkom. Koeksisters in heuning gebraai, sjokoladekoekies met pepermentversiersuiker, waatlemoenkonfyt en ’n hele klomp ander lekkernye. Sy weet dat hulle nie sal loop voor alles op is nie. Sy weet ook dat hul mae daarna onderstebo sal wees, maar liewer dit as dat Garrick alleen lê en luister hoe hulle wegry die heuwels in.

      Die naweke is kort en met een warreling is hulle weg. Nog ’n lang week begin vir Garrick. Daar is altesame agt van hulle, agt vervelige weke voor dokter Van Rooyen hom toelaat om bedags op die stoep te sit. Skielik word die vooruitsig om weer gesond te wees ’n werklikheid vir Garrick. Die been wat Waite besig is om te maak, is byna klaar. Hy moet nog net ’n kom van leer sny waarin die stompie van die been moet rus. Wanneer dit klaar is, hamer hy dit met platkop-koperspykers aan die hout vas. Hy werk versigtig, knie die leer om dit sag te maak en stel aan die gesperieme wat dit op sy plek moet hou. Intussen oefen Garrick op die stoep. Hy hou aan Ada se skouer vas en spring-spring met die een been terwyl hy van al die konsentreer op sy tande byt. Die sproete staan skerp uit op sy gesig wat so lank nie in die son was nie. Twee keer per dag gaan Ada op ’n kussing voor Garrick sit en masseer die stompie met spiritus om die vel hard te maak vir sy eerste kontak met die harde leerkom van die kunsbeen.

      “Ek wed ou Sean sal verras wees as hy my sien rondloop, nè?”

      “Almal sal,” stem Ada saam. Sy kyk op van sy been en glimlag.

      “Kan ek dit nie nou al aanpas nie? Dan kan ek mos saam gaan visvang wanneer hy Saterdag kom.”

      “Jy moenie te veel verwag nie, Garry. Dit sal eers nie baie maklik wees nie. Jy sal moet leer om dit te gebruik. Dis soos perdry, jy onthou mos hoe baie jy afgeval het voor jy leer ry het.”

      “Maar kan ek nou begin?”

      Ada vat die bottel spiritus, gooi ’n bietjie in haar hand en smeer dit oor die stompie. “Ons sal moet wag tot dokter Van Rooyen dink dat jy reg is. Dit sal seker nie meer lank wees nie.”

      Ná sy volgende besoek sê dokter Van Rooyen aan Waite terwyl hulle na sy trappie stap: “Jy kan hom nou maar ’n kans gee om die houtbeen te probeer. Dit sal hom iets gee om te bereik. Maar moenie dat hy homself uitput nie, en hou die stompie dop dat dit nie rou skaaf nie. Ons wil nie nog ’n ontsteking hê nie.”

      “Houtbeen.” Die lelike woord klink nog deur Waite se brein terwyl hy staan en kyk hoe die dokter wegry. “Houtbeen.” Hy bal sy vuiste langs sy sye, want hy wil nie omdraai om die hartroerende, gretige gesig agter hom op die stoep te sien nie.

      6

      “Is jy seker dis gemaklik?” Waite sit op sy hurke voor Garrick se stoel en verstel die been. Ada staan langs hulle.

      “Ja, ja, laat ek dit nou aanpas. Gits, ou Sean sal verras wees, nè? Ek sal Maandag al saam met hom kan teruggaan, nè?” Garrick bewe van gretigheid.

      “Ons

Скачать книгу