Gebede vir elke vrou. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Gebede vir elke vrou - Nina Smit страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Gebede vir elke vrou - Nina Smit

Скачать книгу

dinge probeer doen. Dankie dat U magtig is om baie meer te doen as waarvoor ek kan vra.

      Here, dankie vir u oorvloedige seën wat ek elke dag in my lewe ervaar. Wys vir my hoe ek ander kan seën.

      Here, ek bely dat ek so dikwels stilbly wanneer ek oor U moet praat. Dankie vir die voorreg om u getuie tussen ander mense te wees, en vir die versekering dat U my vashou en beskerm.

      Vader, ek bely dat my entoesiasme vir U maklik verflou, dat my energie by die dag minder raak. Vergewe my hierdie traagheid en gee my weer ’n standhoudende ywer vir u koninkryk.

      Hemelse Vader, ek bid dat U my sal help om weg van myself te kyk, en my oë op U gerig te hou, om te onthou hoe U my in die verlede gehelp het, en om my hand na ander uit te steek om hulle te help.

      Hemelse Vader,

      soos so dikwels tevore staan ek skuldig voor U. Ek is so gou om na U te hardloop met al my probleme. Om oplossings by U te soek as sake vir my te warm begin word. Dankie dat U my vandag daarop wys dat daar ook vir gebed voorbereiding nodig is.

      Wys asseblief my sonde aan my uit. Maak my sensitief vir alles wat ek verkeerd doen – en help my om die sonde te laat staan wat skeiding tussen U en my bring.

      Dankie dat U in u Woord belowe om my sonde te vergewe as ek dit bely. Dankie dat ek vry is om na u genadetroon te kom met die seker wete dat U my liefhet, dat U sal luister en antwoord.

      Hemelse Vader, baie dankie vir elke belofte wat in u Woord opgeteken is: dat U my sal help en bewaar, dat U my liefhet en in elkeen van my behoeftes sal voorsien; dat U my sal dra in swaarkrytye en vir my sal sorg.

      Help my om die beloftes in my Bybel te memoriseer, aan te teken en my eie te maak.

      Dankie dat ek seker mag weet dat U getrou bly aan u beloftes, dat U uiteindelik elkeen van hulle waar sal maak, mits ek bereid is om te wag vir u tyd en tevrede sal wees met die manier waarop U die beloftes vervul.

      Dankie dat ek U ook aan u beloftes mag herinner op dié tye wanneer ek moedeloos word omdat dit vir my voel dat U talm om te antwoord.

      Ek weet, Here, dat elkeen van hierdie beloftes absoluut betroubaar is.

      Ek bid vir dié mense wat ek ken en liefhet, vir my kinders en kleinkinders, my familie en vriende – dat U elke dag vir hulle sal onderneem en in al hul behoeftes sal voorsien.

      Ek bring ook my gemeente, die dorp waar ek woon en my land na U toe, en ek dra almal wat besig is om vir U te werk aan U op.

      Ek bid vir die leiers in ons land en die regering, gee hulle die nodige wysheid om reg te regeer.

      Ek wil ook vir dié mense bid van wie ek nie hou nie; leer my om hulle lief te kry.

      En vir hulle van wie ek in die koerante lees en oor die televisienuus hoor – mense wat rampe en trauma beleef en mense wat dierbares verloor het.

      Wees U tog by elkeen van hulle, Here, en omvou hulle met u liefde.

      Dankie vir die ontdekking dat wanneer ek vir ander bid, ek ook vir hulle lief raak en hulle al hoe beter verstaan.

      Ek loof U dat U my voorgaan in hierdie voorbidding omdat U reeds vir my by God intree.

      Hemelse Vader, dis nie so maklik om in U te bly glo wanneer my geloof om elke hoek en draai getoets word nie, wanneer my gebede onbeantwoord bly en ek in die diepte van depressie verval nie. Dit is nog moeiliker om te glo wanneer ek keer op keer teleurgestel word wanneer ek vas glo, wanneer die beloftes waaraan ek vashou nie vir my persoonlik waar word nie.

      Here, help my dat ek nie in U sal begin twyfel nie. Gee dat ek sal vashou aan u beloftes en sal wéét: Vir U is niks onmoontlik nie. Dankie vir die één ding wat die vreugde weer in my laat roer: die feit dat U eendag weer sál kom om vir altyd ’n einde te maak aan alle ellende.

      Leer my weer dat álles moontlik is vir dié een wat glo. U weet tog dat ek U liefhet en in U glo. Help my waar ek nog ongelowig is. Ek wil nou volledig terugstaan en U toelaat om vir my in te staan.

      Hemelse Vader, in die tyd wat verby is, kon ek antwoorde op sommige van my waarom-vrae kry. Ek weet nou dat ek U volkome kan vertrou, dat U my sal help om soos U te vergewe, dat ek nie met my belasting mag kul of my bydraes mag afskeep nie.

      Dankie vir my Bybel wat my wys hoe om te leef. Alhoewel die lewe nie altyd regverdig is nie, weet ek dat Ú is, dat U my liefhet en my lank tevore gekies het om u kind te wees.

      Dankie dat U daar is wanneer ek swaarkry; help my om aardse swaarkry te verdra en wys my wat u wil vir my lewe is. Ek loof U dat ek goed genoeg vir U is, dat U my na u beeld geskep het en dat U in beheer is, ongeag die toestand van die wêreld om my.

      Maak dit vir my moontlik om u getuie te wees wanneer ek siek is, help my om my Sondae vir U opsy te sit en vrede met my verlede te maak. Ek loof U dat U weer sal kom en dat ek nou al seker mag wees dat my plek in die hemel reeds vir my wag.

      Hemelse Vader, vergewe my dat ek U so bly peper met my baie waarom-vrae, dat ek, soos Job en Dawid, kitsantwoorde van U wil hê.

      Leer my opnuut dat U almagtig is, dat U my nie ’n antwoord skuld nie,

      dat ek juis met hierdie vrae u liefde blokkeer sodat dit nie by my kan uitkom nie.

      Dankie vir die versekering dat dié dinge waaroor ek so baie vrae het onlosmaaklik deel van u plan vir my lewe is en dat dit my uiteindelik wil lei tot ’n vars, nuwe ontdekking van u mag en majesteit.

      Vader, ek wil nou al hierdie vrae los en net op U bly fokus – U wat volmaakte liefde is.

      Laat my elke môre opnuut bewus word van u liefde.

      Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.

      Dankie dat ek nie meer vrae het wanneer ek op U konsentreer nie omdat ek weet dat Uself die antwoord is.

      Here Jesus,

      daar is so baie dinge in die lewe wat vir my belangrik is: sekuriteit, ’n mooi huis, modieuse klere, geleerdheid, geluk, gesondheid en nog baie ander. Vergewe my dat ek my so moeg maak om daardie dinge my eie te kan noem.

      Dankie dat U my weer vandag kom wys op die heel belangrikste: om U te mag ken.

      Leer my van nuuts af dat niks

Скачать книгу