Gebede vir elke vrou. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Gebede vir elke vrou - Nina Smit страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Gebede vir elke vrou - Nina Smit

Скачать книгу

my verhoudings met ander mense.

      Dankie dat ek weet dat die werk wat ek vir U doen in die kort tyd wat ek tot my beskikking het wel ewigheidswaarde het.

      Hemelse Vader, help my om só op te tree dat mense sal kan sien U is by my. Wys my hoe ek elke dag in u teenwoordigheid kan leef.

      Hemelse Vader, help my om soos ’n kind van U te leef, om ’n ligdraer te wees en u Woord uit te dra. Ek wil dit graag met eerbied en ontsag en sonder kla of teëpraat doen. Maak dit vir my moontlik, asseblief.

      Hemelse Vader,

      Daar is so baie dinge wat beslag lê op my tyd: huiswerk, kosmaak, kinders karwei, projekte by die werk.

      Die vier en twintig ure van die dag vlieg so vinnig verby dat dit soms vir my voel asof ek nooit meer tyd oor het nie – nie tyd vir myself, my gesin óf U nie.

      Leer my asseblief opnuut wat die heel belangrikste is.

      Gee dat ek sal besef dat ek nie reg op my tyd het nie, maar dat dit ’n genadegawe uit u hand is.

      Bewaar my daarvan dat ek so besig sal wees met my daaglikse pligte dat ek nie vir U tyd het nie.

      Help my om tyd te maak vir Bybelstudie, gebed en gemeenskap met U.

      Leer my om nee te sê vir onnodige verpligtings.

      Help my om heel eerste u koninkryk en u wil te soek.

      Dankie dat ek dan kan weet dat U vir my

      al die ander dinge daarby sal gee – ook genoeg tyd.

      Hemelse Vader,

      vergewe my asseblief dat my voorkeure baiekeer so verkeerd is,

      dat ek die kosbare ure van my dag deurgebring het

      met die lees van nuttelose boeke, die uitvoer van onnodige take,

      met gesprekke oor oppervlakkige onderwerpe –

      sodat ek aan die einde van die dag uitgevind het

      dat daar nie genoeg tyd oor is vir U nie.

      Help my om my ure reg te beplan sodat ek heel eerste vir U sal tyd inruim.

      Help my dat dit wat ek wel doen, ek sal doen asof dit vir U is.

      Dankie dat ek kan weet dat kwaliteittyd met U

      my met oorgenoeg tyd sal laat

      om my verpligtings met u hulp klaar te kry.

      Help my om elke dag vir U ruimte te maak in my program sodat my prioriteite én my hart op die regte plek sal wees.

      Hemelse Vader,

      vergewe my dat ek baiekeer so ’n lui Christen is; dat ek elke dag hard probeer om U te volg, om volgens die riglyne van u Woord te leef, maar die verstand wat U my gegee het so maklik verwaarloos.

      Help my om van nou af my verstand oefening te gee; om die waarhede in u Woord opnuut te ontdek met die leiding van u Heilige Gees,

      om die wonders van u skepping te ondersoek en te bestudeer. Gee vir my die wysheid en die insig om u Woord aan ander te kan verduidelik.

      Hemelse Vader, ek wil graag die tyd wat ek op aarde oor het sinvol gebruik: Ek wil die gawes wat ek van U gekry het, ontgin en leer hoe om U en ander nog liewer te hê. Van vandag af wil ek met passie leef, bereid wees om te leer, u krag in my lewe ontplooi, elke dag voluit leef en net op U vertrou.

      Ek wil nie langer tyd mors met onbenullighede nie, maar my liggaam beter oppas, my drome waar maak en absoluut afhanklik van U leef. Vergewe my dat ek U en my geliefdes so dikwels afskeep omdat my tyd te beperk is, en leer my om op die regte manier te kommunikeer.

      Maak my bereid om ander van harte te vergewe, minder selfsugtig en met groter integriteit te leef, konflik te leer hanteer en ’n dankbaarder mens te wees. Ek wil graag u koers vir my lewe volg en gereed wees wanneer U my kom haal om vir altyd by U te wees.

      Verander my en maak my nuut sodat ek nuut sal dink en leef. Dankie dat U steeds wonders doen, dat U dit vir my moontlik maak om ’n blywende erfenis vir my kinders en kleinkinders na te laat. Help my om elke dag saad te saai wat vrug sal dra vir u koninkryk, en om die regte boumateriaal vir my lewe te gebruik.

      Here, ek wil van nou af ten volle toegewy aan U leef sodat U ’n al groter werklikheid in my lewe sal wees.

      Ek wil nie langer my ouderdom voorhou waarom ek dit nie kan doen nie.

      Dankie vir u belofte dat U my positief in u koninkryk sal gebruik – en dat dié dinge wat ek vir U doen, my nou reeds sal voorberei vir die ewige lewe wat vir my voorlê.

      Here,

      dankie vir dié waarheid wat ek vandag kon leer: dat stadiger soms vinniger kan beteken.

      Dat ek my pas moet verslap

      om meer tyd saam met U deur te bring;

      dat ek alleen só my besige dag met vertroue kan tegemoetgaan.

      Dankie dat U my geestelik toerus

      wanneer ek stil word met u Woord;

      dat U my krag gee wanneer ek met U praat in gebed;

      dat U my lei en leer wanneer ek U vra om

      by my te wees – my hele oorvol dag lank.

      Maak my bereid om remme aan te slaan, om u koninkryk eerste te stel.

      Dankie vir u belofte dat U dan ook vir al die ander dinge sal sorg.

      Here,

      U wat my so goed ken, weet presies hoe besig ek is. U ken al die verpligtings wat ek elke dag moet nakom.

      U weet van die eise wat lewensmaat, kind, werk en huis aan ’n vrou stel.

      U weet dat alles soms vir my te veel word, dat ek voel asof ek net nie verder kan nie.

      Ek is so moeg, Here.

      Ek verlang na u

Скачать книгу