Gebede vir elke vrou. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Gebede vir elke vrou - Nina Smit страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Gebede vir elke vrou - Nina Smit

Скачать книгу

vir die voorreg om u kind te kan wees, om te deel in u liefde en u genade.

      Help my om altyd te onthou dat niks in my lewe belangriker mag wees as U nie.

      Gee dat U vir my altyd eerste sal kom sodat ek soos Paulus kan sê – en dit werklik bedoel – dat om te leef vir my Christus is, en om te sterf vir my ’n wins.

      Here Jesus,

      dankie dat U na die aarde gekom het sodat ons kan weet hoe groot God se liefde vir sondaars is.

      Dankie dat Uself Liefde is – dat U ons eerste liefgehad het sodat ons in u liefde kan bly. Leer ons asseblief om mekaar – en vir U – lief te hê met die volmaakte liefde wat van U af kom.

      Vergewe ons dat ons in ons strewe na materiële welvaart en sosiale aansien tevrede is om met die minimum liefde klaar te kom.

      Vergewe ons dat ons mekaar nie kan verdra nie; dat ons jaloers en perfeksionisties is; mekaar wantrou en weier om mekaar te vergewe.

      Leer ons dat die liefde die héél belangrikste is omdat dit vir altyd bly.

      Here Jesus, ek wil graag met my hele lewe bewys dat ek ’n Christen is. Maak dit vir my moontlik om U bo alles lief te hê, ander mense bo myself te stel, heilig in die wêreld te leef en absoluut gehoorsaam aan die riglyne in u Woord te wees. U maak dit vir my moontlik om God se kind en erfgenaam te mag wees, om nuut te leer dink, en om my gawes tot u eer te gebruik. Help my om al hoe nader aan U te leef sodat my geloof al hoe sterker sal word en my verhouding met U elke dag sal verinnig. Ek wil my aan U toewy deur al hoe meer soos U te word, u wil te doen en met die sonde te breek.

      Dankie vir die geskenk van die Heilige Gees wat in my woon en my daagliks leer en lei. Maak my ’n helder spieël wat u heerlikheid sal weerkaats, en gee vir my ’n sendingvisie sodat ek ander mense van U sal vertel. Van nou af wil ek U eerste stel en alle ander dinge ter wille van U prysgee; ek wil leef met die innerlike blydskap wat van U kom; in u Naam met God praat en in U bly.

      Dankie dat ek dit met u hulp sal kan regkry om my seerkry en swaarkry positief te verwerk, om in alle omstandighede meer as ’n oorwinnaar te wees en steeds moed te kan hou omdat U my spesiaal uitverkies het om U s’n te wees. Maak my gewillig om te vergewe, met wysheid te leef en my lewe toe te wy aan die goeie dade waarvoor U my gemaak het. Baie dankie dat ek reeds die ewige lewe hét en dat ek mag uitsien na ’n ewigheid saam met U.

      Here Jesus, ek besef opnuut dat U my wil nuut maak, dat my geloof die ewige lewe vir my waarborg en my van ontsteltenis vrywaar. Maak my gewillig om sout en lig vir die wêreld te wees en my vyande lief te hê. Dankie vir die versekering dat ek nooit weer bang of bekommerd hoef te wees nie omdat U my altyd sal help.

      Ek wil graag diensbaar vir U wees, ’n geloof hê wat berge sal versit en aan U gee wat U toekom. Help my om ontslae te raak van die balk in my eie oog, om weer soos ’n kind te word wat heeltemal afhanklik van U is.

      Dankie dat U vir my lewende water en brood wat lewe gee is, dat U my vir altyd van geestelike dors en honger sal vrywaar. Ek bely dat U die Christus, die Seun van God is. Maak dit vir my moontlik om onvoorwaardelik te vergewe, en om U en ander mense met ’n allesinsluitende liefde lief te hê omdat u Gees reeds hierdie liefde in my hart uitgestort het.

      Here Jesus, U is vir my die opstanding en die lewe; maak my bereid om myself te verloën, om die minste te wees en ander te dien. Ek aanbid U as die weg, die waarheid en die lewe – gee vir my u vrede en help my om blywende vrugte vir U te dra. Ek wil graag u boodskap uitdra sodat ander mense sal kan sien hoe lief ek U het.

      Here Jesus, vergewe my asseblief dat ek baiekeer nog so ontevrede en onvergenoegd is; dat ek geneig is om oor alles te kla en só die lewe vir myself en vir ander ongelukkig maak.

      Ek is jammer Here, en ek kom bid nou dat U asseblief self u vrede in my lewe sal gee.

      Gee dat ek daardie vrede in elke situasie sal ervaar: vrede in probleemtye, vrede wanneer daar krisisse in my lewe opduik, vrede ook wanneer alles vir my verkeerd loop.

      Dankie dat U na die wêreld gekom het sodat daar vrede tussen my en God kan wees.

      Maar, Here, help my ook om vrede te maak met dié mense met wie ek op die oomblik in onvrede leef.

      Help my om van nou af so te leef dat u vrede ’n onlosmaaklike deel van my lewe sal vorm; dat ek, oral waar ek gaan, ’n instrument van u vrede sal wees.

      Here,

      ek is so in die skuld by U. U weet hoe hard ek probeer om heilig te leef, maar as ek weer sien, het ek al weer gesondig. Vergewe my, asseblief.

      Wys my sonde uit. Iedere een: sonde van gedagtes, dade en versuim.

      Here, U ken elkeen van hulle. Maak my so sensitief vir die verkeerde dinge dat ek onmiddellik sal weet wanneer ek sondig. Help my dan om die verkeerde reg te stel. Dankie dat ek weet U is elke keer bereid om my te vergewe. Meer nog: U het reeds die prys vir daardie sonde volkome vereffen. Maak my heilig, Here, soos U heilig is.

      Here, gee dat ek U sal liefhê, dat ek nooit sal verleer om te lag nie, dat ek die mooie in die lewe sal raaksien, ander se belange sal vooropstel

      en my sal beywer om van die wêreld ’n beter plek te maak. Help my om ook in tye van swaarkry u liefde uit te leef. Maak my gewillig om U te gehoorsaam en te dien.

      Here, dankie

      dat u kinders elkeen ’n spesifieke gawe het waarmee hulle U kan dien en verheerlik binne die ruimte van hul gemeente en gemeenskap. Dankie dat ook ek so ’n unieke geskenk van U gekry het.

      Maak my asseblief bewus van dié gawes wat U aan my toevertrou het.

      Vergewe my dat ek al só dikwels jaloers was op die gawes van ander dat ek van my eie gawes vergeet het of dit as onbelangrik afgemaak het.

      Rus my toe en motiveer my om daardie gawes wat U aan my gegee het ten beste in u diens aan te wend. Sodat u koninkryk sal kom en u Naam verheerlik sal word in my lewe en in my gemeente en gemeenskap.

      Tydsbesteding

      Hier is ek, Here. Gebruik my: in my gemeente, in my gemeenskap, in my vriendekring, in my huis.

      Maak my diensbaar vir

Скачать книгу