In die blou kamp. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In die blou kamp - Dana Snyman страница 5

In die blou kamp - Dana Snyman

Скачать книгу

kry, en elke keer op pad badkamer toe, skuifel-skuifel verby die ou hoederak waaraan sy hoedjies en kepse hang, al sewentien daarvan.

      Hy is een van die land se bekendste musikante, ’n trekklavierspeler wat saam met Hugh Masekela by president Mandela se inhuldiging in 1994 by die Uniegebou opgetree het. Oom Ollie is ook die man wat die TV-program Spies & Plessis begin het en ’n storieverteller soos Tolla van der Merwe ontdek het.

      “’n Oom van Moorreesburg het my die storie vertel.” ’n Flou glimlaggie op oom Ollie se gesig. “Die oom sê daar by hulle was ’n ou wat so gedrink het. Die dominee het probeer om hom reg te kry, maar dit was ’n gesukkel.

      “Eendag bel iemand die dominee. Dominee moet kom help, die ou het uitgepaas. Hy’t gedrink tot hy getiep het. Die dominee gaan soontoe. ‘Vandag moet julle my help, manne,’ sê die dominee. ‘Ons moet hierdie man regkry.’

      “Die dominee bel ’n begrafnisondernemer op Piketberg en reël ’n doodskis. Toe ry hulle met die omgetiepte ou soontoe. Hulle sit hom in die kis en vat hom na ’n grot in die berg naby die dorp.

      “Hulle sit daar in die donkerte van die grot by die kis en wag. Later hoor hulle die ou in die kis begin beweeg. En later toe vra die ou uit die kis uit: ‘Wat gaan aan? Waar’s ek?’

      “Die dominee sit daar – en die grot het so ’n hol klank – en hy sê: ‘Jy’s dood, broer.’

      “Die ou raak weer stil in die kis, maar ná ’n rukkie vra hy weer: ‘Nee, man, sê my nou: Waar’s ek?’

      “‘Jy’s dood, broer,’ sê die dominee weer. ‘Jy’s in die doderyk.’

      “Die ou lê weer ’n rukkie, en toe sê hy weer uit die kis uit: ‘Nee, jene, dis onmoontlik, ’n ou wat so ’n groot pis het soos ek nou het, kan nie dood wees nie.’”

      Oom Ollie begin onder die komberse lag, geluidloos lag hy. Sy lyf skud en sy ogies trek klein.

      Hy sak weer terug teen die kussings, asof die storie hom uitgeput het. Hy trek die kombers op tot teen sy ken.

      “Ek’s moeg, man.” Sy stem is sag. “Die dokter sê my hart is gedaan.”

      Hy kyk stil na die plafon. Die gordyne is toegetrek. Op die bedkassie langs hom is ’n selfoon, ’n pen, ’n paar blokkies sjokolade en Ferdinand Deist se boek Tussen angs en sekerheid.

      In die hoek van die kamer staan sy drie trekklaviere waarop hy nooit weer sal speel nie.

10.jpg

      Ons gee nou geleentheid vir gebed

      Hy glo nie Tolla het ooit die storie van die oom wat so gebid het oor die TV vertel nie, sê oom Ollie. Tolla wou glo nog, maar toe is Tolla mos weg.

      Hierdie oom – ’n oom Kerneels van Clanwilliam – staan die Woensdagaand by ’n gemeentebiduur op en begin bid, vertel Tolla, sê oom Ollie. Dierbare Almagtige Hemelse Vader, ons staan vanaand hier voor U in dankbare aanbidding, bid hy. Dankie vir al die gawes en genade wat ons so onverdiend uit u hand ontvang. Ontferm U tog oor ons boere wat so moet ly onder die regering en die Landbank. Wees met hulle wat ons landsgrense moet verdedig teen ons vyande en Suid-Afrika se saak moet stel by die VVO daar ver oorkant die waters.

      Ons dra ons herderspaar aan U op, o Heer, gaan oom Kerneels voort. Neem hulle aan die hand en onderskraag hulle.

      Hy bid ook vir die manne en vroue in uniform op die dorp, vir die onderwysers en die onderwyseresse, vir die personeel by die OK Bazaar, en vir die oues van dae in die ouetehuis.

      Later is oom Kerneels deur die hele Clanwilliam, maar hy sê nie amen nie. Hy haal net ’n slag diep asem – en begin vir die buurdorp Citrusdal bid. Hy bid later selfs vir dié wat in Citrusdal se koöperasie werk, en toe hy met Citrusdal klaar is, begin hy bid vir die mense van Piketberg, die volgende dorp langs die N7. Die sieklikes en krankes. Die weduwees en die wese.

      En toe hy met Piketberg klaar is, sê hy steeds nie amen nie. Hy vat die N7 verder Kaap se kant toe en begin bid vir die mense van Moorreesburg, terwyl almal op hul horlosie begin kyk.

      U ken Moorreesburg se koringboere, o Heer, bid oom Kerneels. U weet hulle het nuwe bakkies gekoop, gee tog dat die koringprys vanjaar goed sal wees. En toe hy met Moorreesburg klaar is, toe vat hy vir Malmesbury, van die onderdorp tot die bo-dorp, asook hulle wat onverskillig staan teenoor U, o Heer. En toe hy met Malmesbury klaar is, toe bid hy die laaste tagtig kilometer tot in die Kaap.

      U was self al in die Kaap, o Heer, bid oom Kerneels, hou u hand van bewaring oor elkeen wat ’n mouterkar daar moet ry, en wees ook met hulle wat op die skepe en op die treine en in die kragsentrales werk. Beskerm en bewaar hulle, ook dié wat hard van hart is.

      Later is oom Kerneels op in Adderleystraat, verby die blommeverkopers en die Groote Kerk tot in die parlement met sy gebed. Wees met hulle wat in ons hoogste raadsale oor ons toekoms moet besin, o Vader. Gee dat elke besluit wat daar geneem word, tot eer en verheerliking van U sal wees.

      Toe, opeens, bly oom Kerneels stil. ’n Hele ruk bly hy net so stil staan, en toe sê hy: Goed, dan sê ek eers totsiens, Here.

      Toe gaan sit hy weer, vinnig.

      Ná die biduur, vertel Tolla, sê oom Ollie, toe kom die predikant glo by oom Kerneels en sê vir hom: Oom het darem vir ons gebid vanaand, hoor.

      Oom Kerneels glimlag toe glo so half verleë, en sê: Dit was vir jou ’n aardigheid, Dominee. Ek bid nog so en toe ek wil klaarmaak, toe vergeet ek vir amen.

      Daar kan ek toe glad nie vir amen onthou nie.

11.jpg

      Amulet

      Touwsrivier-stasie. Laatmiddag. Ons staan met ons gesigte na die weste gedraai, ek en Johnny April. Hy wag vir ’n trein.

      Ek is bang vir nog ’n aand in nog ’n vreemde kroeg.

      “Meneer rook seker nie,” sê hy en haal ’n pakkie BB-tabak en ’n opgevoude stuk koerantpapier uit sy broeksak. Hy sit die pakkie op die perron neer en vou die papier oop. Hy skeur ’n reep papier hier teen die kant af. Die res vou hy op en druk dit terug in sy broeksak. Nou begin hy werk aan sy zol. Eers lê hy die papier op die perron neer, dan lig hy die pakkie BB, maak dit oop en strooi ’n netjiese walletjie tabak op die papier.

      Tydsaam, afgemete, begin hy die papier toerol met sy benerige vingers. “Jou twak moenie te styf wees nie.” Dis asof hy dit meer vir homself as vir my sê. “Jou twak moet lekker los wees.”

      Hy laat gly die toegerolde buisie papier deur sy mond, laat sak dit weer, druk-druk weer aan die tabak daar binne. Hy doen dit saggies, amper liefderik. “Jou twakkies moet bymekaarkom daar binne. Kom jou twakkies nie bymekaar nie, suig jy lug.”

      Hy sit die zol op die perron neer, versigtig, amper asof hy bang is dit gaan breek. “Waar’s my metsjies?” Hy klap op sy sakke op soek na sy vuurhoutjies.

      Hy wikkel ’n vuurhoutjie uit die dosie, lig die zol weer, en stamp-stamp

Скачать книгу