In die blou kamp. Dana Snyman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу In die blou kamp - Dana Snyman страница 6

In die blou kamp - Dana Snyman

Скачать книгу

tussen sy vingers. Ek gee ’n tree of twee na links om die koel luggie wat van die dorp se kant af stoot te help afskerm.

      Johnny April se lyf buig vooroor, na die vlammetjie toe. Toe raak sy wange hol, en daar is die wilde reuk van zol in die lug terwyl die rook in slierte rondom ons hang, talmend, voor die donker kom.

12.jpg

      Happy hour

      Maandagaand. Nog ’n vreemde dorp. Nog ’n vreemde kroeg. Ek sit op die stoeltjie in die hoek. Soms, ná ’n lang dag alleen op die pad, wil ’n mens stemme rondom jou hoor.

      Die vrou agter die toonbank is so vyftig jaar oud, dalk veertig. Haar naels is kortgekou.

      Bokant die bottels wat kop onderstebo teen die rak hang, is ’n handgeskrewe kennisgewing geplak: “Tussen 6 en 7 dertig persent afslag op alle drankies.”

      Skuins onder die pyltjiebord sit ’n oom agter ’n rooi neus vol gebarste aartjies. Dit lyk of hy al sedert 1976 daar sit in sy geruite hemp met ’n Parker-pen in die bosak.

      ’n Man kom by die swaaideure in. “Yes, yes, yes.” Dit lyk of hy op sy dag haker vir sy skool se eerste span kon gespeel het. Dik nek. Harige arms. Snorrerige snor.

      “Yes, Sarge,” groet die oom met die neus hom.

      Die man gaan staan by die stoeltjie langs die oom s’n en sit sy selfoon en sy kar se sleutels op die toonbank neer. “Maak dit maar ’n Castletjie, Truia,” sê hy in die kroegvrou se rigting en hys hom tot op die stoeltjie. “Sjoe.” Hy vee met sy hand oor sy voorkop. “Wat ’n kak dag.”

      “Besig?” vra die oom met die neus.

      “Besig, my oom. Besig. Hier was vyf inbrake die naweek op die dorp, én ’n selfmoord. Kom nou net daarvandaan.”

      “Nee, wat sê jy my nou?” Die oom se stem is vol skok. “Wie?”

      “’n Swarte, Oom. In die township.”

      “O, amper laat jy my skrik.”

      Die barlady sit die botteltjie Castle voor die Sarge-ou neer. Hy tel dit op en neem ’n diep sluk.

      “Ek’t nie geweet hulle pleeg ook selfmoord nie,” sê die oom. “Hoe’t hy dit gedoen?”

      “Homself gehang, Oom. Aan ’n boom.” Die Sarge-ou voel deur sy sakke en haal ’n opgevoude vel papier te voorskyn. Hy vou dit oop. “Ken Oom ’n swart taal? Hier’s die briefie wat hy agtergelos het.”

      Die oom vat die brief by hom, kyk ’n hele ruk daarna, en gee dit terug. “Nee, fok, ek verstaan nie ’n woord nie.” Hy beduie na die deur agter die toonbank. “Hoekom vra jy nie vir Alpheus nie? Truiatjie, roep ’n bietjie daar vir Alpheus.”

      Die kroegvrou stap by die deur uit en kom ’n paar oomblikke later terug met ’n ouerige swart man in ’n wit koksbaadjie by haar.

      “Is jy ’n Sotho, Alpheus?” vra die Sarge-ou vir hom.

      “Ja, Ntate. Ek’s Sotho.”

      “Kan jy lees?”

      “Ja, Ntate. Ekke kan lees.”

      “Nou wat staan hier?” Hy gee die brief vir die ouer man aan.

      Die man hou die brief naby sy oë. “Hierdie is Zoeloe, Ntate,” sê hy en laat sak die brief weer.

      “Kan jy Zoeloe lees?”

      “Ekke kan Zoeloe lees, Ntate.”

      “Nou lees vir ons wat daar staan.”

      Die ou man lig weer die brief. ’n Hele ruk staan hy met die brief naby sy gesig, toe laat sak hy dit weer. “Hier staan …” Hy sit die brief voor die Sarge-ou en die oom op die toonbank neer. “Hier staan: ‘Aan almal wat ek ken.’” Die ou man druk met sy vinger op elke woord terwyl hy vertaal. ‘Ek. Groet. Julle. Ekke. Is. Nou. Klaar. Julle. Kan. Nou. Lag. Ekke. Is. Weg. Totsiens.’”

      Die ou man raak stil en tree weg van die toonbank af.

      “Is dit al?” vra die Sarge-ou.

      “Dis al, Ntate.”

      Die ou man gaan weer by die deur uit. Buite in die straat ry ’n motor verby, al agter sy ligte aan. Die Sarge-ou vou die briefie op, druk dit terug in sy sak, en vat weer na sy bier.

      “Hoekom is dit so stil?” vra die oom met die neus. “Sit ’n bietjie daar vir ons musiek op, Truiatjie.”

      Die kroegvrou druk die CD-speler op die rak se knoppies. “Oom-hulle moet net onthou,” sê sy voor Kurt Darren begin sing. “Nog net vyf minute, dan’s happy hour verby.”

13.jpg

      Die kind is nie dood nie

      Simone laat sak haar kop en staar na haar hande. “Ek wou ook al my eie lewe neem,” sê sy, “maar ek wou nie soos my ma die see in stap nie.”

      Sy glimlag wrangerig. “Ek wou van ’n hoë gebou af spring. Dis wat ek wou doen.”

      Ons sit in die sitkamer van haar huis in Houtbaai, en ek voel soos die indringer wat ek is.

      Simone is die dogter – en enigste kind – van Ingrid Jonker, die digter wat oor die jare heen ’n kultusfiguur geword het. ’n Fliek is al oor haar lewe gemaak, ’n drama geskryf, en vele van haar getoonsette gedigte word deur bekende sangers gesing.

      In 1994, toe president Mandela ons land se eerste demokraties verkose parlement geopen het, het hy Ingrid se gedig “Die kind” voor die hele wye wêreld voorgelees. In Afrikaans.

      Gaan praat met Simone, het die nuusredakteur gesê. Die meeste mense weet nie eens sy bestaan nie.

      Langs haar op die bank sit haar man, Ernie García Márques, ’n sakeman met wie sy drie jaar gelede getroud is. Albei is sewe en vyftig jaar oud. Simone was sewe toe haar ma dood is.

      Daardie nag. In Drieankerbaai.

      19 Julie 1965.

      “Ek onthou my ma het my altyd beach toe in Seepunt gevat, dan speel ons in die sand.” Simone se stem is sag, met ’n effense Engelse aksent. “Sy’t ook altyd haar gedigte vir my gelees, maar ek het geweet sy’s unhappy en depressed. Sy’t verhoudings met mans gehad, maar dit het nooit uitgewerk nie.

      “Dalk was André Brink the love of her life. Ek weet nie. Ek dink nie dit was altyd maklik om met haar in love te wees nie.

      “’n Kind is mos bewus van dinge. A child feels things.”

      Sy kom van die bank af orent en gaan skakel die ketel aan. Teen die muur hang ’n portret van Ingrid. Op die tafel is ’n vaas

Скачать книгу