Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns

Скачать книгу

on>

      

      Die

      Daniël-vas

      vir geestelike oorwinning

      Elmer L Towns

      Lux Verbi

      Ter nagedagtenis aan Jerry Falwell, die leraar wat my uitgedaag het om te begin vas, en opgedra aan Bill Bright, wat my aangemoedig het om my eerste 40-dae-vas te onderneem. Ook opgedra aan David Jonggi Tsjo, die leraar van die wêreld se grootste kerk, wat my uitgedaag het om die teologiestudente by Liberty-universiteit te leer vas voordat hulle hul eerste leraarspos aanvaar.

      “Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ’n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom.”

      Jesaja 58:6–8

      Voorwoord

      Die impak van ’n Daniël-vas

      In die eerste drie weke van Januarie 1998 het ons as gemeente met ons Daniël-vas begin. Ons het ’n hele paar jaar vroeër reeds met hierdie dissipline begin en ’n kringloop van seën en vermenigvuldiging in ons kleingroepe beleef.

      Op die vyftiende dag van hierdie vas het ek en my vrou Baton Rouge verlaat en in die pad geval na San Antonio, waar ons mense sou bedien. Toe ons om die draai kom van waar die goewerneur se herehuis duidelik sigbaar was, het ek in my geestesoog gesien hoe ’n wind die deur oopwaai (’n beeld hiervan het vlugtig deur my gedagtes geflits terwyl ek na die herehuis gekyk het). Ek het vir Melanie, my vrou, gesê: “Ek glo God gaan ’n deur na die goewerneur se huis oopmaak sodat ons daar kan gaan Bybelstudie hou.”

      Op die een en twintigste dag van die vas het ons San Antonio verlaat en na Baton Rouge teruggekeer. Dáár, op my lessenaar, was ’n nota dat die goewerneur se sekretaresse my gebel het. Toe ek haar terugbel, sê sy die goewerneur het ’n week vroeër op sy trapmeul geoefen terwyl hy na een van my 90 sekondes lange programme gekyk het. Ek het daardie program jare lank vir ’n plaaslike stasie behartig. ’n Stem in die goewerneur het vir hom gesê: “Bel hierdie man en vra hom om jou die hele Bybel in vier sessies te kom leer.”

      Hierdie uitnodiging was besonder spesiaal omdat ek nog nooit die goewerneur ontmoet het nie. Op die vasgestelde dag het hy en 15 van sy toppersoneellede vir die geleent­heid bymekaargekom. Ek het hulle vier lesse uit die Bybel geleer: “die skepping”, “die uitverkore volk”, “Christus” en “die kerk”.

      Aan die einde van daardie maand het die goewerneur gevra ek moet asseblief met hierdie Bybelstudies voortgaan. Ons het vir die res van sy termyn bymekaargekom, en ook vir die vier jaar van sy tweede termyn. Ek kon dikwels saam met hierdie groep bid vir wonderwerke wat orkane weggekeer, droogte in die staat verbreek en die goewerneur groot guns laat wen het. Voor sy aftrede in 2004 was hy die gewildste goewerneur wat ons staat in jare gehad het.

      Ek is oortuig hierdie deur het danksy die magtige krag van gebed en vas vir ons oopgegaan. Terwyl Daniël gebid en gevas het, het God deure na die hoogste vlakke van die regering vir hom oopgemaak. Nadat Paulus in Antiogië gevas het (Hand 13), het God die deur na die hoogste amptenaar op Siprus, Sergius Paulus, vir hom oopgemaak. Net die krag van ’n Daniël-vas kan ’n deurbraak in ’n land en ’n regering bewerkstellig, en my ervaring met die goewerneur van Louisiana is ’n treffende bewys van hierdie waarheid.

      Larry Stockstill

      Senior leraar, Bethany World Prayer Center

      Baker, Louisiana

      Uitnodiging

      Welkom by Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Hierdie boek is geskryf as ’n gids vir wanneer jy wil vas. Jy sal ’n ver­duideliking vind van hoe die Daniël-vas sy naam ontvang het, hoekom dit óf 10 óf 21 dae lank duur, wat jy behoort te eet, en hoe jy jouself behoort te dissiplineer wanneer jy vas.

      Hierdie boek sal ook ’n paar van jou gebedservarings tydens ’n vas ondersoek. Dalk het jy jou daartoe verbind om tydens die 10 of 21 dae van jou vas doelgerig te bid en terselfdertyd met ’n gebedsdoelwit te vas. In hierdie boek sal jy baie praktiese gebedswenke vind. Jy sal leer hoe om God te ontmoet, hoe om Hom te aanbid en hoe om spesifiek vir antwoorde te bid. Jy sal kyk na die rol van trane en berou tydens gebed, en jy sal ontdek wat dit beteken om jouself te kruisig. Hiermee saam sal jy leer hoe om tydens geestelike oorlogvoering te bid en ontdek wat dit beteken om dringend en ernstig te bid.

      As dit die heel eerste keer is dat jy vas, sal hierdie boek jou vrese wegneem en ’n paar van die dinge verduidelik wat jy tydens jou vas ervaar. Om hierdie boek te lees sal jou dus help om met selfvertroue te bid en jou angstigheid te oorkom. Dit sal jou bowenal help om antwoorde op jou gebede te kry.

      Terwyl ek hierdie boek geskryf het, het ek verskeie kere en op verskillende maniere gevas. Ek het gevas en gebid sodat God my sou wys wat ek moet skryf, en sodat Hy my sou help om hierdie boek só te ontwerp dat jy Hom sou aanraak terwyl jy lees en vas. Belangriker nog, sodat God jou kon aanraak.

      Geskryf in my huis aan die voet van die Blue Ridge-berge.

      Elmer L Towns

      2009

      Deel 1

      Meer oor die Daniël-vas

      1

      Wat is vas?

      Hulle het vir my gesê niemand het die afgelope 100 jaar ’n topverkoper oor die dissipline van vas geskryf nie. Nadat ek in 1996 my boek Fasting for Spiritual Breakthrough geskryf het, wou ek dus terugvoering hê. Ek stuur toe ’n eksemplaar van die getikte manuskrip vir Ron Phillips, leraar van Abba’s House in Chattanooga in die deelstaat Tennes­see. ’n Paar dae later het ek ’n vreemde telefoonoproep ontvang.

      “Jy is so skelm,” het die stem aan die ander kant gesê.

      “Wie noem my skelm?” wou ek weet.

      “Dis Ron Phillips wat praat,” het die man laggend gesê. Ron is my vriend, en ek was al twee of drie keer by sy gemeente om Sondagskool-ontwikkelingskampe aan te bied. “Ek is by ’n konferensie van die Suidelike Baptiste-kerk,” het hy gesê en toe sy grappende opmerking verduidelik. “Ek is veronderstel om vergaderings by te woon, te stem en met my vriende in die gange te staan en gesels. Maar nou sit ek in hierdie hotelkamer vasgenael op my stoel en lees jou boeiende boek. Dit is so goed, dit sal my lewe verander.”

      Voordat ons die gesprek beëindig het, het Ron my oortuig om in sy gemeente ’n Saterdag-seminaar oor die beginsels van vas aan te bied. Ons het ’n datum gekies en hy het die uitnodigings uitgestuur. Hy het verwag 800 mense sou dit bywoon, maar net 157 het opgedaag. Die rede vir die swak bywoning was dat Ron hulle gevra het om daardie dag te kom vas. Baie mense was te bang om te kom omdat hulle nie geweet het hoe om te vas nie, of omdat hulle nie verstaan het wat God vir hulle kon doen as hulle vas nie. Dit het my oortuig dat daar meer oor die dissipline van vas geskryf behoort te word, of dit nou ’n topverkoper sou wees of nie.

      Nou kan jy wel vra: Wat beteken dit om te vas?

      Vas:

Скачать книгу